Penny Sparrow se lidmaatskap opgeskort

Penny Sparrow se Facebook-inskrywing is wyd op sosiale media gedeel. Foto: Twitter

Penny Sparrow se Facebook-inskrywing is wyd op sosiale media gedeel. Foto: Twitter

Die DA in KwaZulu-Natal het Vrydag aangekondig Penny Sparrow se lidmaatskap van die party is opgeskort na aanleiding van haar uitlatings op sosiale media.

“Daar is geen plek vir rassiste in die DA nie en as gevolg hiervan kan Penny Sparrow nie langer op enige manier met die DA verbind word nie,” het Zwakele Mncwango, die DA se leier in KwaZulu-Natal, gesê.

Sparrow het ʼn herrie op sosiale media ontketen nadat sy glo op Facebook swart mense met ape vergelyk en gesê het sy sal alle swart mense in Suid-Afrika voortaan as “ape” aanspreek. Sparrow het hierna om verskoning gevra.

Mncwango het gesê die DA sal “altyd beslissend teenoor rassiste optree”. Die ANC het die DA egter daarvan beskuldig dat hy selektief is in die dissiplinering van sy lede, nadat Dianne Kohler-Barnard, DA-LP, haar pos kon hou nadat sy ʼn Facebook-inskrywing oor die PW Botha gedeel het en aanvanklik geskors is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Acca ·

Kom DA. Ek daag julle uit om ‘n hengse bohaai te maak in die koerante soos julle en die ANC maak oor die rassistiese uitlatings teenoor ander kleurige mense deur witmense. Julle se niks oor rassistiese aanmerkings teenoor blankes of is die blankes nie vir julle belangrik nie. Of is julle skynheilig.

TM ·

O nee, net nie haar DA lidmaatskap nie! Regtig ouens is daar nie iets wat werklik nuus is nie. Hou ons eerder op hoogte van die droogte. Ek is meer bekommerd oor die boere.

DPJ ·

DA is maar baie selektief in hul veroordeling van rasisme. Net soos die ANC. Verskeie rassisiese opmerkings is gemaak maar daaroor word geswyg. Hoekom?

jakes ·

Jenny, go girl! Call a spade a showel or what ever? ALL and everyone so so so holy and politic “correct” ? We will stand with you!

Berhalet Beukes ·

Ja DA… So onderskryf julle nou julle eie lot! Waar is julle ruggraat? Mmm? Ek stem eerder vir Mangosuto Buthelezi wat ten minste konsekwent met sy opinies deur die jare was! Staan op en begin ‘n slag iets van waarde doen!

Hennie ·

Die DA doen nou alles in hulle vermoë om swart stemme te werf. Hou maar so aan! Julle sal beslis nie weer my stem kry nie. Die stelling van ‘n rassis dat witmense uitgeroei en opgekap moet word, is vir julle van minder belang!

TvA ·

Ek twyfel of Sparrow veel slapelose nagte hieroor sal ondervind. Pleks die DA meer konsentreer op veel erger rassistiese uitsprake vanuit ANC-geledere.

Rynhardt ·

Penny Sparrow wees bly jy is nie meer lid van DA nie! Vier lekker fees! In 2014 het die DA my geskakel,voordat die afgrwaterde 2014 verkiesing plaasgeviind het.Hul wou by my weet of hul op my kan reken vir n stem.My antwoord aan hul was:”Julle doen absoluut niks vir ons afrikanets nie.Jul sal nooit n stem by my kry nie”.Afrikaners gee jou stem vir die Here.Hy maak die ontmoontlike, moontlik vir julle!

Jakoba ·

Die Here is nie n politieke party nie, hou Hom hieruit. Suid Afrika is n siek land. Se eerder mense moet bid tot Hom vir sy genade.

Manda ·

Elke dag word dit erger. Ek dink die hele gevoeter het meer met kultuur as met rassisme te doen. As ek my kinders vertel hul gaan aan soos ‘n trop mak bobbejane is ek nie rassisties nie – ek het met die sê-goed groot geword. Ons moet ons hele menswees verander om in hierdie nuwe Suid Afrika te woon. My hart gaan uit na my mense. Daar is baie ordentlike swart mense en baie van hulle voel net so ontuis soos ons in hul eie land. Vir die DA stem ek ook nie weer nie.

Rynhardt ·

JACOBA, ons Afrikaner het die Here meer as ooit vantevore nodig in SA, so ook gelowige nasies wat wereldwyd in nood verkeer! Hy is die oplossing vir die mensdim se probleme en nie die arrogante politici nie.Ek is trots om sy naam te noem, want jou wereld gaan in n oogwink vernder en jy gaan hom meer as ooit nodig he.Vir 22jaar kyk politici ander pad.Kry n lewe en hou op om in ontkenning tr leef!

Ryan ·

Oooo net nie dit nie! Hoe vrees ons nou. Hier somme op rekord, hier is my lidmaatskap vat dit en steek dit diep.. Hulle sal nooit opstaan vir almal se regte nie. Waar is julle storie oor die ou wat wit mense wil opkap, DA? Julle voel seker goed dat julle nou ‘n voorbeeld gemaak het van Sparrow. Wel gedaan! Ons almal het sommer nou white guilt gekry!

Johan ·

Bye-bye DA ‘n DUISENS EN TIEN maal, en ek glo ek is een van nog ‘n DUISEND EN TIEN, indien nie miljoene wat sê CHEERS ruggraatlose DA, weet nie hoekom ek vir julle ooit gestem het nie…

Johan ·

Bye-bye DA ‘n DUISEND EN TIEN maal, en ek glo ek is een van nog ‘n DUISEND EN TIEN, indien nie miljoene wat sê CHEERS ruggraatlose DA, weet nie hoekom ek vir julle ooit gestem het nie…

arie plaasboer ·

Ai die kort termyn stiksienigheid van die komentators is oorweldigend.

Wil voorkom asof my stuin op `n party gebasseer word op iets soos “soos die wind waai, so waai my rokkie”.

Nou oor `n insident wil julle julle steun vir die DA onttrek om op daardie manier dan te sorg dat die ANC nog langer aan bewind bly en die land se ekonomie nog verder kan verwoes. Voorlopig is die DA ook MET al sy tekortkominge die ENIGSTE party wat die ANC uit die kussing kan lig

Piet Snot ·

Arie, as die DA die dag die ANC wen koop ek jou ‘n boks tjoklits.
Indien jou stelling maar was, het ek die DA ook ondersteun.
Maar ek’s bevrees albei van ons het ‘n beter kans om swanger te raak deur windbestuiwing.

jacques ·

Arie plaasboer, ek stem volkome saam met jou. Ongelukkig weet ons mos nou al vir donkie jare die blankes in die land kan nie saamstaan nie. Dit kom al van die voortrekkers, dwarstrekkers se tyd aan. As ons as blanke bevolking kan saamstaan sal die ANC maar swaartrek. So vir die wat se hulle is klaar met die DA, dink weer.

Johannes Meintjes ·

Nou wat het geword van “mense se privaat of persoonlike menings het niks met die werkplek/ instansie te doen” of “ons vereenselwig ons nie met mense/bydraers/ deelnemers se privaat menings nie”? Nou wil almal die reg neem om ander voor te skryf of brutaal te manipuleer in nuwe orde denkwyses-in? Is instansies nie besig om hulle regsgeldige perke by verre te oorskry nie? Die burgery, – soos gewoonlik, – kreun maar net: “amen”.

Ansie Harms ·

Hierdie political partye irreteer die blou waks uit my uit. Dit is soos finkel en koljander die een is net so sleg soos die ander. Almal lieg ewe veel so waar staan ons. Ek gee maandeliks n donasie aan die DA, dit is Gekanselleer!

Carol ·

D A het hulle ware kleure gewys!! Sal enige iets doen vir ‘n paar swart stemme!! Klaar met julle!

Anny Penny ·

Dankie tog vir lg kommentare wat meer deurdink is. Al stem ek ook ni met Sparrow se kommentaar saam nie. Maar om te loop oor 1 of 2 dinge…. nee wat daar is meer goeie dinge as slegte dinge. Hennie jy moet ook altyd net bietjie wag voor jy “skreeu” waar is jou kommentaar. Dit vat soms n paar minute voor dit verskyn. Ook die ander ouens wie s’n 2x verskyn want hulle is te haastig en stuur dit dan weer en dan wys dit 2x

jakes ·

Die DA verskil niks van die ANC nie . Dit kon jy al in Zille se tyd sien toe sy soos ‘n kader probeer toi toi het, ek wonder of sy weet hoe stupid sy gelyk toe sy dit probeer het , dis nie in jou gene nie girl net so terloops. Nou kom die DA leiers en verag die wit mense, wat verskil hulle van die ANC , ek het klaar my lidmaatskap gekanselleer , shame nou kan julle my nie skors nie . Die DA is gestig om verdeeldheid onder wit mense te bewerkstellig . Hulle probeer dit so haastig en so lastig om die boere te vererg . Ons wag vir julle op die berg en vir julle maaitjie.

chrisp ·

Arrie en jacques.

Julle is groot DA ondersteuners neem ek aan.Waarom?Gee ons asb die redes.
Wat is die verskil in beleide tussen ANC en Da?
Hoekom val DA net die blankes aan?
Wat is die redes om vir die DA te stem?
Hoekom stem julle nie vir die ANC nie?
Julle beleide is dieselfde hoekom rysmier julle dan nie die ANC nie? Dit is mos baie makliker aangesien julle die beleid (ANC) steun.

Ariie die storie van die mantel draai is regtig baie swak aangesien dit presies is wat die DA doen(skree rassisme van een kant ).
Ook jou kortermyn en stiksienigheid dink ek jy ly daaraan.Die DA se rassistiese beleid en uitsprake kom al ‘n baie lang pad en jou gehue laat jou in die steek,nie ons sin nie. Ons onthou baie langer terug as die geval.

Andre van den Berg ·

Die DA is niks anderste as n tipe van uitgebykte ANC nie. Al verskil tussen die DA en die ANC is die spelling. Wat goed is vir enigeen van hierdie patye is sleg vir Suid-Afrika.

Realis ·

Wys my ‘n politikus met integriteit en ek wys jou ‘n eerlike dief.

Otter ·

Ai, die spraak-Nazis is hard aan die vee met hul besempie, maar net nie voor eie deur nie.

Henk ·

Marlene, het jy al van ‘n ” Red Herring ” gehoor ? Wonder maar net hoekom en waarvan word die aandag weer afgelei.

JPS ·

Swart en wit…. petrol en vuur…. dis hoe dit tans in ons land is….
….versoen sal jy hulle nooit kry sonder die deurlopende dreigende gevaar van ‘n ontploffing as jy nie oormatig versigtig is nie en nie gedurig kunsmatige politieke korrektheid handhaaf nie….
Geen party wat die ANC wil aanvat kan die blanke simpatiek wees nie…. en as so ‘n party nie grootliks steun op swart stemme nie is hy in elk geval net ‘n non kom poep party….
Ek het nog nooit vir die DA gestem nie maar lyk my ek sal nou moet anders sal die onbekende satan in die opposisie banke gaan stelling inneem…. die EFF…. Dan maar liewer sit met die bekende duiwel…. ja of dalk nog beter join die ANC….
…..hoekom sal jy vra …. hoekom so sinies….. duidelik…. ‘n groot gros van die swart bevolking haat die feit dat hulle nog nie self en sonder ondersteuning van blankes in die grootste gros van die gevalle die mas kan opkom nie…. hulle voel steeds minderwaardig na 21 jaar wat hulle die tamboer in die land slaan en bly steeds super sensitief teenoor als wat uit ‘n wit mond kom en deur ‘n wit hand gedoen word…. hulle luister nie na WAT daar gesê word nie maar konsentreer net op die onbewaakte oomblik dat iemand uit lyn raak want so kan hulle hulle agtergeblewe denke en houding streel
…. en al die mislukkings op politiese en regeringsvlakke tesame met die onbeheerde korrupsie laat hulle nog meer minderwaardig voel…. Daarom dat hulle steeds weier om blankes te werf om hulle by te staan met die bestuur en regeringsprosesse in die land….
Ja, dis seker nie lekker om as ‘n aap afgemaak te word nie…. Ek is ook al ‘n aap genoem en ek het dit op daardie stadium verdien…. ek het soos een opgetree….
Maar ongelukkig werk dit skynbaar nie so in vandag se sameleweing nie….
Dit bring my terug by politieke partye…. om enigsins polities ter sake te kan wees sal ‘n party grotendeels uit swart ondersteuners MOET bestaan en dis waar die probleem lê…. staan jy as witman maar terug en hou jou bek wanneer dit kom by verwysings na onbevoegdhede, onverantwoordelikhede, korrupsie en onbeheersde en barbaarse optredes en gedrag deur anderskleuriges of verwoord jy jou frustasies in onaanvaarbare uitlatings wat die anderkant van die spektrum kan kwets…. ?
Of ” join ” jy maar die “club” en praat saam…. praat al die dinge wat ek hierbo genoem het goed net terwille van vrede….

chrisp ·

JPS.
Party politiek is nie ons oplossing nie daarvoor het die ou NP gesorg.Jy is reg ons stemme tel eintlik nie. Al hoekom ek stem is om mense wat na my gaan kyk te ondersteun maak nie saak hoe klein hulle is nie.Hoekom mense wat teen jou is nog sterker maak?Dit maak geen sin nie.Dan gebruik hulle nog jou stem(met reg)om te se hulle groei omdat jy hulle steun in die diskriminasie teen jou. Dit is eintlik siek verby as iemand ‘n party/e ondersteun wat openlik verantwoordelik is vir sy agteruitgang.

As jy ‘stem vir opposissie wat wil jy opponeer as hulle dieselfde is?
Pasop dat hulle die ANC beleid nie beter toepas as die ANC self nie.Hulle kan dalk net meer bekwaam wees.

JPS ·

Chrisp jy sê party politiek is nie ‘n oplossing nie…. oplossing vir wat en dan ook wat sou jy dan sien as ‘n oplossing?
Dan verder praat jy van diegene sterker maak wie teen jou is…. daar stem ek nou nie heeltemal saam nie…. ja, dis waar maar ons moet begin om buite die kas te dink…. dit gaan nie daaroor om hulle sterker te maak per se nie maar om hulle te behou as amptelike opposisie omdat die EFF baie meer hase uit die hoed kan ruk as hulle amptelike opposisie word… dan sal die ANC nog meer oorbuig na die massas om te keer dat die EFF nie die mag in totaal uit hulle hand kan ruk nie….
…..ek sê weer…. ek ondersteun nie die DA nie…. vir my is hulle net ‘n middel tot ‘n doel en geensins die doel op sigself nie…..
Op hierdie stadium is hulle ‘n sterk mondstuk vir die anti- ANC denkrigtings …. nou nie dat ek dink dat hulle werklik oortuig is van alles wat hulle sê en doen nie…. dis vir hulle duidelik op hierdie stadium net politiekery…. dieselfde wat die ander kleiner partytjies doen…. hulle moet dramaties raak en soos klein brakkies die groot hond verpes en gedurig probeer om sy kos af te vat…. want dan is hulle “cool” en glo hulle dat hulle daarmee stemme kan werf….
Nou jou ander stelling nl dat dit siek is om te stem vir ‘n party wat jou “agteruitgang” tot gevolg het…. noem vir my een party wat doen presies dit wat hy beloof het en wat steeds ‘n faktor in die politiek is…. een wat in ‘n posisie is om ‘n verandering ten goede te kan maak….
Ek is jammer maar ek ken nie so ‘n party nie…. politiek is deesdae totaal en al strategie…. nie sentiment en kinder slapenstyd stories nie….

GES ·

Mooi so DA!!! Julle skop witlede uit voordat hulle nog behoorlike verhore gehad het. Was dit iemand anders dan word daar ge-uhm en ge-aah. Ek hoop die mense se oë gaan oop. Doen so voort anc-lite.

Anna ·

Penny, dis ok, moenie sad wees nie. Ek dink nie jy gaan veel mis nie. Ek vermoed do volgende verkiesing gaan n Groot verrassing inhou vir die Da

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.