Penny Sparrow sterf

Penny Sparrow. (Foto: Facebook)

Penny Sparrow, die vrou wat aan naamskending skuldig bevind is nadat sy op Facebook na swart strandgangers as ape verwys het, is vanoggend omstreeks 05:00 in Scottburgh in haar lewensmaat se arms dood.

Sparrow, ʼn voormalige KwaZulu-Natalse eiendomsagent, het in Januarie 2016 die inskrywing op Facebook gemaak, waarna die ANC haar daarvoor hof toe gesleep het. Sparrow het eers voor die gelykheidshof verskyn en is daarna skuldig bevind aan crimen injuria. Sy is beboet nadat sy ʼn pleitooreenkoms met die staat aangegaan het.

Sy moes R150 000 aan die Oliver en Adelaide Tambo-stigting vir haar rassistiese uitlatings betaal, maar die stigting het geweier om die geld te aanvaar en destyds daarna as “rassistiese geld” verwys.

Sy het destyds in die hof emosioneel geraak toe sy ʼn brief waarin sy verskoning vir haar gedrag vra, voorgelees het. Sy het gesê sy het besef wat sy gedoen het, was verkeerd en het om vergifnis gevra.

Maroela Media verneem Sparrow het die afgelope ruk kwaai gesukkel met haar gesondheid. Sy het longkanker gehad wat glo na die res van haar liggaam versprei het. Haar diabetes het haar behandeling glo verder bemoeilik.

Sparrow het sedert Desember by haar dogter op Scottburgh in ʼn woonstel gebly nadat sy vroeër in Boksburg gewoon het. Sy het ná die voorval na bewering heelwat rondgetrek om verdere openbare aandag te probeer vermy.

Sy het nog ʼn seun wat in Brittanje woon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

DeVill ·

Rus in vrede tannie Penny. Jy was nie ‘n rassis soos die media jou noem nie!

Sterkte en vrede aan die Sparrow Familie!

Gerhard ·

Uiterste spanning is soos ons almal weet ‘n bydraende faktor om ‘n mens se gesondheid af te takel. ‘n Mens kan maar net wonder met hoeveel hierdie wrede, tierende, wraaksugtige aanslag op haar haar lewe verkort het. Baie simpatie aan haar geliefdes.

Kare ·

@Gerhard, of die uiterse gevorderde kanker, kolon, long kanker.

JK ·

Wonder of die ANC die lot wat haar dood vier, en rasistiese goed kwyt raak of FB??

JohanL ·

Rus in vrede Penny Sparrow.

Jy het ten minste om verskoning gevra in die hof vir jou uitlatings. Die weiering van die tambo stigting om sg “rassistiese geld” te aanvaar, is ‘n refleksie van die stigting se absolute kleinlikheid en ‘n onvermoe om ‘n verskoning te aanvaar.

Rus in vrede Penny Sparrow en simpatie aan haar familie.

Andre Stander ·

Rus in Vrede Penny, die verkeerde wrang teen jou op aarde is nou verby.

Ons weet die stres van hierdie kabaal het bygedra tot jou gesondheidsbreuk, tragies…

charmaine ·

En so bereik ons niks op die einde van die dag nie. Ons baklei, ons haat, ons is hartseer, ons vloek en skel, jaag van punt A na punt B. Lewe is kort!

Magaretha van heerden ·

Die wereld het mal geraak. Mag die HereJesus tog gou kom en al Sy kinders kom haal ! Wie wil in so n wereld vol haat leef. Al wat oorbly is om op ons kniee te gaan en om hulp te roep. Kom ons kyk maar elkeen na onsself en begin doen wat ons as Christene moet doen.

Susan vl ·

Sy was nie rassisties nie. Punt.
Syt n vergelyking gegee net soos almal dit vandag nog steeds doen.
Jammer dat dit uit verband geruk was. So jammer. R.I.V PENNY.

GM ·

Kan ons swaarverdiende belastinggeld nie tog ook maar as rassistiese geld gesien word en die regering weier om dit te verhaal van die sogenaamde ‘grondstelers’ nie?

GP ·

RIV Penny. Die saak was heeltemal uit verband geruk. Sterkte aan familie en vriende.
Jammer dat jou laaste tyd so vol spanning moes wees.

Heidi ·

Die arme vrou is deur hel en terug. Nie eers met kriminele halsmisdadigers was daar so n reaksie deur lede van die publiek nie. RIP Penny.

Jerry ·

RIP Penny. As die tambo-stigting jou nie wil vergewe nie, sal ek jou vergewe, want jy het omverskoning gevra. Almal wag nou in spanning om te sien of Steve ook omverskoning gaan vra, dan kan hy ook vergewe word!

Donderstorm ·

Mens kan maar net indink watse aanmerkings gemaak gan word nou op sosiale media maar ja sal hul gestraf raak?

Obserweer ·

N rassis bly n rassis ongeag vel kleur. Die Bybel sê ook jy moet n wag voor jou mond hou. As jy aan iets in die publiek skuldig maak moet jy die gevolge daarvoor dra.

Biebie ·

As die res van die volk net onder dieselfde kam geskeer was… Hierdie saak was on regverdig, en heeltemal uit proporsie geblaas. En sy het om verskoning gevra vir haar woorde, meer as wat ander kan sê…

Elvira ·

Rus in vrede. Jys ontslae van alles en almal wat ALTYD rassisme in alles wil raaksien.

Uilspieel ·

Obserweer, die Bybel leer ons ook: Jy wat sonder sonde is, tel die eerste klip op en gooi…… Laat die dooies met rus. Sy het net ń vergelyking getref. Glo my, dit lyk NIE asof kabouterland ń feetjie partytjie gehou het op die strand die dag na Kersfees nie!

Maggies ·

Penny het gesterf, haar siel rus. Haar naasbestaandes treur.
Kom ons laat al die dinge van die verlede daar waar dit hoort… in die verlede. Gun haar familie hierdie bietjie respek. My innige meegevoel aan julle. Rus in vrede, Penny

CARIEN ·

Rus in vrede Penny Sparrow, wat aan jou en ander gedoen is was rasistiese optredes en vervolging.
Daar word vele opmerkings gemaak wat geen aandag kry of strafregtelik vervolg word nie.
Ons innige meegevoel aan die familie.

Sê maar net ·

Rus in vrede Penny! Jou stryd hier op aarde is verby en jy het die wenpaal bereik! Sterkte aan die familie.

Johan ·

God se genade, seën en ondersteuning aan die Sparrow familie. Vandag glo ek loop sy in die Hemel.

Colin ·

As ek reg onthou het sy gese ” behaving LIKE monkey’s” en nie dat hulle ape was nie. Sy was die slagoffer en moet as sulks erken word.

Rus in Vrede ·

Rus in Vrede Mevrou Sparrow. Jy het genoeg deurgegaan.

Of ek of wieookal saamstem of nie saamstem nie oor wat sy gesê het is nie meer tersake nie. Los dit nou. Sy het gesterf en haar naasbestaandes verdien dit soos ons almal om in vrede gelaat te word terwyl ons rou en hartseer is. Dit is ‘n basiese mensereg.

Die media kan somtyds baie wreed en koelbloedig wees. Mev Sparrow is nie meer deel van hierdie aarde nie, los haar nou in vrede asseblief. Dit is amper asof ‘n heksejagtog teen haar karakter van vooraf begin is in die media met haar afsterwe .

Naskrif: Bly asseblief weg van enige sosiale media behalwe as jy wil skryf dat jy elke aand ‘n groot pak roast beef Simba’s voor die tv eet met jou hondjie wat oulike strikkies in sy haartjies het op jou skoot. Anders bly weg en nog beter moet niks sê of skrywe nie asseblief. Sê ook te alle tye jy weet van absoluut niks nie en jy ken ook niemand nie. Kyk nou net weer daai vrou van die die Kaap wat sy gesê het. Heigent Hert nee!, nogmaals nee! AI tog en sy lyk so grênd.

Julie Jansen van Rensburg ·

Die mensdom het Penny veroordeel, maar ek glo ons ALMAGTIGE GOD het haar onder SY beskerming geneem en ek glo sy het nou rus by HOM gevind. RIV, Penny!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.