Penny Sparrow weer in die hof

Penny Sparrow. Foto: Facebook

Penny Sparrow. Foto: Facebook

Die voormalige KwaZulu-Natalse eiendomsagent Penny Sparrow het Maandag weer in die Scottburgh-landdroshof verskyn.

Sparrow, wat tereg staan op ʼn aanklag van crimen injuria in verband met rassistiese kommentaar wat sy op Facebook geplaas het, het haar nuwe regsverteenwoordiger aan haar sy gehad.

Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê die saak is tot 12 September uitgestel om Sparrow geleentheid te gee om met haar prokureur te konsulteer. Die saak is voorheen ook uitgestel om Sparrow geleentheid te gee om regshulp te kry.

Sparrow, ʼn voormalige lid van die Demokratiese Alliansie, het aan die begin van die jaar onder skoot gekom toe sy op Facebook swart mense met ape vergelyk het. Die klag teen Sparrow is deur ʼn DA-lid en stigter van Black Like Me, Herman Mashaba, aanhangig gemaak.

Irfaan Khalil, gelykheidshoflanddros, het in Junie vanjaar beslis dat Sparrow R150 000 aan die Oliver and Adelaide Tambo Trust moet betaal as boete vir haar plasing. Sparrow moes ook die regsonkoste van die ANC betaal wat die saak voor die gelykheidshof gebring het. Sparrow het nie in die hof verskyn in hierdie gevalle nie, maar het wel verskyn op die aanklag van crimen injuria.

Lees alle vorige berigte oor Penny Sparrow op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Lance ·

Ag kry nou ent ..soek julle aandag ..rasisme gaan altyd daar wees aan beide kante van die spektrum. Gaan soek asb elsers aandag …raak nou afgesaag !

Christo ·

Twee keer vervolg vir dieselfde misdaad…Is dit nie ‘n geval van “double jeopardy” nie?

humor ·

Ag man nou wat as iemand nou vir my se ek is n aap. Di t sou my nie die minste gepla het nie. Mens is tog bo sulke opmerkings verhewe. Dink nie eens eenmaal daaroor nie.

Ongebalanseerd ·

Die saak is irrasioneel want dit is duidelik hoe onregverdig sy behandel word teenoor ander wat soortgelyke of baie erger aanmerkings al gemaak het, wit en swart. Laat die saak uitgegooi word of begin konsekwent wees soos n beskaafde regstelsel!

plaasjapie ·

Ja nee die arme vrou word erg vervolg oor so uitlating….as hulle malempie ooreenkomstig vervolg het sou hy lankal bankrot gewees het aan boetes betaal. Moeg vir die klomp !

Cherokee ·

Die DA wat hul eie (gewese natuurlik) lede vervolg met absoluut geen verdediging vir haar vanaf Zille en die DA gaan voluit vir haar. Ek sien op ander webwerwe en forums dat die DA waarskynlik (in koalisie) een gaan word met die EFF. Cherokee het dit voorspel en nou realiseer dit.

Cherokee ·

Volg die verloop van hierdie saak asseblief en hou ons op datum met wat gebeur.

Wat-ek-lees ·

Is die prys/boete wat jy moet betaal omdat jy wit is nie ook rassisties?

Bruno Stef ·

As n mens n hond wil slaan is dit vinnig om n stok in die hande te kry wat het geword van die swart persone wat aangekla was by die menseregte kommissie.Dit is dubbele standaarde wat nou toegepas word op witmense is nie eens soos die geval van die swarte wat wit mense met die dood gedreig het nie.

Janelle du Toit ·

Daar word baie erger dinge op sosiale media gesê as wat Sparrow kwytgeraak het. Sit sleutelwoorde soos “dubula ibhunu”, “kill da boer”, “afrikaner”, “white devils”, ens. in enige sosiale media soos Twitter se soekenjin. Hierdie is ‘n eensydige heksejag.

Johanna Botha ·

Anc los nou maar die rasse ding het nie vir julle verkiesing gewerk nie en die.uitslae het mos nou duidelik gewys julle gaan af tsv die ras ding wat julle so probeer aanhits ….al so moeg vir dit en vir julle.

Cherokee ·

Ek hoop jy weet dat hierdie rasse ding oorspronklk aangevuur is deur die DA en dìt selfs terwyl Penny Sparrow lid was daarvan. Ek wonder waste politiek huldig sy (en ek lag vir die DA-stemmers wat nou politieke-familie word van die EFF).

Anti DA ·

Daar is nou al soveel gevalle,Zuma,Malema die polisieman van Pretoria en die een van Witbank die vrou wat gesê het alle wit mense moet dood gemaak word Penny Sparrow moet net al hierdie feite voorlê en vra hoekom sy uitgesonder word en nie gelyke en regverdige behandeling ontvang nie.DA lid van die Black like me wonder wat sal met DA stemmers gebeur as hulle ‘n organisasie begin white like me???

Julius ·

Stem saam met jou. Met haar nuwe regsverteenwoordiger behoort hulle alle soortgelyke sake op te vat om haar punt te bewys. Dit was vryheid van spraak soos ons dit baie in afrikaans gebryk. Die storie is nie afgesaag nie. Ek sal bedaar as sy haar saak wen uit beginsel. Rasisme is asgevolg van rasverskille en sal nooit weggaan nie, nie eers met steng wette nie. Almal het ‘n vorm van rasisme in hulle al ontken ons dit. Dit is natuurlik van aard.

Joann ·

Iemand is broke en soek weer geld. Ek nou al G..vol vir die storie. Doen asb.iets aan die wat so teen die wittes is.

M ·

Hierdie hele storie is so flippen belaglik en lagwekkend. Het die howe regtig tyd om sulke strooi aan te hoor, ek dink daar is baie ernstiger sake wat aandag moet geniet. Daar word ma netso rassistiese opmerkings teenoor wittes gemaak maar niks word daaraan gedoen nie.

hans ·

Dit is absoluut onverstaanbaar hoe iemand 2 maal op dieselfde klag verhoor kan word-dit is onbillk.

Ekhetgaangoogle ·

Siviele aangeleenthede vs kriminele aangeleenthede.
Kan 2 keer aanspreeklik gehou word vir dieselfde oortreding op siviele en kriminele gronde. Soos OK wat onskuldig bevind is aan moord maar aanspreeklik gevind is in siviele geding.

Columbiana ·

Wat sy gese het het iemand upset. Hulle het iets daaraan gedoen en soos jy weet wat aan ‘n wolkombers geklou om die saak deur te sien. Is die verskil nie miskien dat ons onsteld raak en kla op forums soos die en ‘n groot palawa maak maar ons druk niks deur nie.
Dis juis hoekom so baie mense hier moet vra wat het geword van daai en daai saak. Ons raak onsteld maar dis waar dit stop.

Johann ·

Ek wil ‘n eier lê (ooooops…dis dieristies) so dan eerder n klag lê: namens al.die dier soorte wat so mildelik sonder hulle toegif misbruik word om iets of iemand anders se gedrag te beklemtoon…berispe(NIE beRUSpe nie) aan te spreek of te bedinges. Rerig? Gaan dit oor die verwysing na dierlike gedrag in die algemeen…of Spesispesifiek?

Cherokee ·

Om ‘n eier te lê is nie dieristies nie maar eerder voëlisties.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.