Pensioenaris in dam gegooi ná verkragting

Argieffoto

ʼn 27-jarige man is in Delmas, Mpumalanga in hegtenis geneem op aanklag dat hy ʼn 68-jarige vrou verkrag en haar toe in ʼn dam gegooi het.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê die vrou het op 7 Maart in haar huis in die Waaikraal- informele nedersetting lê en slaap toe iemand haar deur oopgebreek het. “Sy het opgestaan om ondersoek in te stel en die man in die deur gesien. Die man is bekend aan haar. Hy het haar glo aangerand en haar na ʼn nabygeleë bos gesleep waar hy haar klere glo afgeskeur en haar verkrag het.”

Die man het haar gewurg tot sy haar bewussyn verloor het. “Hy het haar toe in ʼn dam gegooi, onder die indruk dat sy dood is. Die vrou het egter haar bewussyn herwin en kon na veiligheid swem.”

Die vrou kon nie regop loop nie en het in die donkerte na ʼn huis gekruip waar sy die bure in kennis kon stel. “Die bure het toe, in samewerking met ander lede van die gemeenskap, na die man begin soek. Die polisie is terselfdertyd ontbied.”

ʼn Saak van verkragting en ontvoering is aanhangig gemaak. Die vrou het die nodige mediese behandeling ontvang.

“Tydens die polisie se ondersoek het hulle ʼn boodskap ontvang dat lede van die gemeenskap die man aangekeer het en besig is om hom aan te rand. Die polisie het na die toneel gehaas en die man in hegtenis geneem. Hy is na ʼn hospitaal geneem vir mediese behandeling onder polisiebewaking.”

Die man het Donderdag in die Delmas-landdroshof verskyn. Hy moet op 17 Maart weer in die hof verskyn. Hy bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Judge ·

Dis hoe ons weet hy is skuldig, want kriminele kan hulle vinnig beskerm.
Onskuldiges moet 3 uur wag want voertuig is soek en dan moet petrol nog eers ingegooi word.

Michael ·

Dit gaan nooit verander nie die opvoeding en disipline is net nie aanwesig nie.

daniel ·

Daar is deesdae te veel gevalle van wandade wat deur hierdie misdadige varke gepleeg word. Daar moet ernstig oorwegimg geskenk word aan die doodstraf.

marius ·

Verkragting en ontvoering. Poging tot moord kan seker nie gespel word nie.

Dr Pieter ·

Wonder maar net, hoe is dit dat die “gemeenskap” die verkragter opspoor voor die polisie, en dan moet die polisie na die toneel “haas” om die verkragter te red?

katerinadiekat ·

Nie nodig om te wonder nie. Suid Afrika. Ons leef in n diaboliese Monty Python episode hier.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.