Pensioenaris in huis vermoor

Paramedici Dinsdagoggend op die toneel. (Foto; Rescue Care)

’n Bejaarde vrou is Dinsdagoggend in haar huis in Chatsworth in KwaZulu-Natal vermoor.

Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê ’n 72-jarige vrou was omstreeks 07:15 in haar huis in Robinstraat doenig, toe vier onbekende mans haar oorval en verwurg het. Die verdagtes het kort ná die aanval met kontant op die vlug geslaan.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, sê paramedici is vanoggend na die toneel ontbied waar die bejaarde se liggaam in die huis aangetref is.

Volgens Jamieson het nog ’n vrou ernstige beserings in die voorval opgedoen. Die vrou, in haar 40’s, is op die toneel behandel en na ’n hospitaal geneem.

Die polisie ondersoek ’n saak van moord en huisbraak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Miskruier

Wanneer gaan mense besef, ons leef in n oorlog.

JM

Al die moorde wat in ons land plaasvind: is dít nie ook ‘n misdaad teenoor die mensdom nie? Vra maar net …

Porseleintjie

72jaar oud en n bedreiging. Liewe ouers. Hoe pateties.

Toy

Kwazulu Natal is ‘n plek waar ek my voete nie gou sal sit nie, dit is verskriklik hoe dit daar gaan ek weet ander plekke is ook nie so veilig nie, my gewese skoonouers is daar ook net so wreed aangeval.