Pensioenaris se agt uur lange kapingsnagmerrie

Argieffoto

Argieffoto

‘n 64-jarige pensioenaris van Amanzimtoti in KwaZulu-Natal is vir nagenoeg agt ure deur kapers rondgery en het ernstige beserings tydens die voorval opgedoen.

Die South Coast Sun berig dat Phillip Roworth die aand van die kaping wegneemkos gaan koop het toe twee jong mans hom genader en vir ‘n saamrygeleentheid gevra het. Die twee mans het Roworth later erg aangerand. Hy het onder meer gebreekte ribbes en ‘n gebreekte arm opgedoen en gedeeltelik die sig in sy een oog verloor.

Volgens die berig het die kapers vir ure met Roworth rondgery en later by ‘n winkelsentrum gestop en sy bankkaart en geheime kode geëis. Die kapers het R2 000 onttrek. Roworth se motor het later onklaar geraak vermoedelik weens die kapers wat dit roekeloos bestuur het. Die kapers het te voet gevlug.

Rowan is langs die pad deur polisiebeamptes gevind en na die Kingsway-hospitaal geneem waar hy vir drie dae in die hoësorgeenheid behandel is, volgens die berig. Die kapers het glo later nog geld uit Rowan se bankrekening onttrek sowel as ander aankope met die kaart gemaak.

Lees meer hier.

BRON: Daily Coast Sun

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.