Pensioenaris skiet man wat vrou se beursie steel

SAPS+police+crime+tape+xgold+2012ʼn Pensioenaris van Standerton het Woensdag ʼn vermeende grypdief in die dorp doodgeskiet nadat hy en medepligtiges sy vrou se beursie met R1 000 kontant en haar trouring gesteel het.

Lt.kol. Johannes Nhlabathi, woordvoerder van die Standerton-polisie, het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 11:15 buite ʼn werkswinkel by ʼn skrootwerf in die dorp plaasgevind. “Die man het buite die skrootwerf stilgehou en uit die voertuig geklim,” het Nhlabathi gesê. “Drie mans het op die voertuig afgestorm en die vrou se handsak uit die motor gegryp, haar beursie uitgehaal en weggehardloop.”

Die pensioenaris het aan die polisie gesê hy en sy vrou was op pad na ʼn begrafnis in Heidelberg van ʼn familielid wat onlangs vermoor is. Hulle het voor die voorval R1 000 by ʼn kitsbank onttrek wat hulle in sy vrou se beursie gebêre het. Hy het die diewe glo gewaarsku om die beursie te los, maar hulle het nie geluister nie en het weggehardloop. Die man het op hulle geskiet en een noodlottig gewond.

Na wat verneem word, is een van die diewe weg met die beursie. Die vrou se trouring was ook daarin.

Nhlabathi het gesê die man wat geskiet is, kan moontlik met ander sake van diefstal uit voertuie verbind word.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Kosie ·

Baie goeie werk deur u, meneer. U dòèn, en sê nie net wat en hoe om te doen. U is ‘n voorbeeld vir die rusbankbevelvoerders.

Jan de Kock ·

Dit was reg die polisie doen tog niks aan die wetters

Andries ·

Dis ons toekoms in die land bewapen jou self en verdedig jouself. Wat voel hulle vir n Pensionaris.

susan kruger ·

Jammer hulle het weggekom met die geld en trouring, en dat hy nie nog een kon omklits nie. Dit blikskottels!

Donovan Botha ·

my hart blooi vir die oom …die wet moet verander ek dink die oom gaan aangekla word ek bid dat dit nie gebeur nie.as ek reg gelees het het hulle klaar gevlug toe hy skiet dit is teen die heidige wet.jammer my oom bitter jammer.maar dit wys hoe moeg ons as n nasie is vir die klop skelems is.

BoelieBrand ·

Ek is bevrees jy is reg, Donovan. My verstaan van die wet is dat jy slegs iemand mag skiet indien hulle ‘n onmiddelike bedreiging vir jou of iemand anders se lewe inhou.

Ek is met jou dit eens dat ons wette moet verander – kriminele moet weet dat hulle lewens op die spel is wanneer hulle probeer roof.

Jaco van den Berg ·

O my genade! En nou is die oom seker die moordenaar en gaan seker nou aangekla word? Ek se welgedaag, moenie jou vingers in plekke insteek waar dit nie hoort nie! Ek moet sê die oom is nogals ‘n yster met die rewolwer, as jy ‘n man wat weghardloop kan rol dan is jy beslis nie ‘n groentjie agter die biskruit nie!

SNEL ·

Dis n dapper oom, dis wonderlik om in so situasie kop te hou en nog raak te skiet. Ek sal so bewe, daai skoot sal windskeef wees. Ja, ek hoop nou nie die oom word aangekla nie. Mens se goed is mos jou goed, watse reg het enige een om dit net te vat. Die hele spul moes sommer dood gewees het, darem is een vuilgoed van die strate af. Dis hartseer en jammer wat in ons pragtige land gebeur. Vrede en vryheid glo ek nie sal daar ooit weer wees nie. Na die polisie vir hulp kan jy ook nie, verkragters en skelms is in hulle midde, ja, ons moet maar veg vir ons eie oorlewing en hoop dit laat ons nie in die tronk beland nie.

Leeutjie ·

Snel, jy en Zahn het my nou laat lekker lag! Julle humorsin doen dit vir my.

boer ·

Ongelukkig is dit teen die simpel wapen wet om te skiet as jou lewe nie in gevaar is nie,maar
hoe dan anders as jou besittings gesteel word.

Die ANC wil mos die wapen wet verander, so sit maar ietsie daar tussen in,dat jy iemand mag skiet as hy jou besittings steel. O ekt vergeet, die idee is om dit net moeilikker vir ons wetgehoorsame
mense te maak om n vuurwapen te bekom.

My oom, ek is net so g@tvol soos jy vir hierdie wetlose land van ons,waar die krimeneel meer regte as ons het.

zahn ·

Ai my oom! Dis nou knap gedaan! Mens wil sê Give that man a Bell’s! Hoe het oom nou weer gesê, oom het gemik vir die knie, maar toe die skoot afgaan, toe koes die wetter, reg voor die rondte in?!

Babs ·

Dapper man! Elke skelm wat afgemaai word help om dit ‘n beter land te maak. As hy gevang was sou hy nog voor die naweek vry wees en weer toesak op onskuldige bejaardes.

boervrou ·

Mooi so oom,oom moes hom vrek geskiet het nou leef die EVIL kritiek in die hsptl

trevin ·

Soos ek die berig lees is die rower dood geskiet Boervrou..

GooiHomPappie ·

Mooi man!!! Wel gedaan Oom!!!! Ons kort meer sulke mense. Die wetters moet agterkom dat die gemeenskap nou maar self die tiepe ding gaan begin uitsort!! Gee daai oom sommer `n kas Bells@

Trevin ·

Boervrou, wees gerus en lees die beriggie weer. Die EVIL is murtoe…dood…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.