Pensioenaris te arm om by die hof uit te kom

Argieffoto Foto: Vivian Maier: Ongetiteld (ca. 1960's)

Argieffoto Foto: Vivian Maier: Ongetiteld (ca. 1960’s)

ʼn Pensioenaris van Mpumalanga wat daarvan beskuldig word dat hy sy vriend met ʼn slagtersmes vermoor het, is byna in hegtenis geneem omdat hy versuim het om in die hof te verskyn. Hy het egter nie vervoer gehad nie.

Mackson Elias Sibiya (72) van Dludluma naby die Mosambiekse grens het Donderdag in die Tonga-streekshof verskyn, het ʼn Sapa-korrespondent berig. Hy het onskuldig gepleit op sy vriend, Armando Manyonola Chauke (50) se moord. Chauke is in Oktober 2013 in ʼn kroegbakleiery oorlede.

Landdros Edgar Moletsane wou by Sibiya weet waarom hy nie Dinsdag of Woensdag in die hof verskyn het nie. Sibiya het verduidelik hy het nie enige geld vir vervoer gehad nie. “U edelagbare, ek het nie vervoergeld gehad nie, want ek kon nie in Nelspruit uitkom om my pensioengeld te kry nie,” het hy gesê. “Selfs die geld wat ek vandag gebruik het is ʼn lening van ʼn vriend wat gister betaling ontvang het.”

Moletsane het gesê dit sal beter wees om hom aan te hou om verdere vervoerprobleme te voorkom. Hy het gesê daar is gratis verblyf en vervoer beskikbaar.

Sibiya het om verskoning gevra.

Die saak is tot 21 Oktober uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.