Pensioenarisse eis verhogings

Argieffoto

ʼn Groep van ongeveer 100 pensioenarisse van Dobsonville in Soweto het Donderdag na die ANC se Luthuli House opgeruk om ʼn verhoging in hul maandelikse betalings te eis.

Die groep het ʼn memorandum oorhandig en versoek dat bejaardepensioen-betalings van R1 500 tot R2 000 per maand verhoog moet word.

Mirriam Zwane, een van die pensioenarisse, het gesê hulle eis ʼn verhoging in hul staatsgesubsidieerde pensioen, gratis elektrisiteit, water en huise. “Ons kinders werk nie. Ons is veronderstel om R700 te betaal vir elektrisiteit en R400 vir huur. Wat gaan ons eet met die R1 500 wat ons kry?” wou sy weet.

Natso Khumalo, algemene sekretaris van die ANC se veterane liga (ANCVL), het gesê sy sal probeer bepaal waarom die saak van die pensioenarisse nog nie ondersoek is nadat die party hul memorandum drie maande gelede ontvang het nie. “Ek het die memorandum wat in April ingedien is en deur een van ons comrades, Krish Naidoo, in ontvangs geneem is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Plan ·

O jinne, hierdie gaan snaaks raak… Wat doen pensionarisse as daar nie gehoor gegee word aan hulle eise nie?. Gaan hulle staak???

Eben ·

Die peseonarisse sal terug werk toe gaan as hulle nie verhoging kry nie.

Attie ·

Plan, hulle kan net so effektief as enige iemand anders staak solank hulle paaie beset met petrol en vuurhoutjies

Msp ·

Gaan nie snaaks raak nie. Hoe huur jy n huis, koop kos en en enet R1600.00?

Msp ii ·

Kinders gaan hul eie weg, vergeet van hul ouers. Hoe oorleef ou mende mense met R1600.00

Bosveld ·

Wat het die groep van 100 bygedra tot die staatskas is my vraag.

Pensionaris ·

Dan moet jy nog die kinders en kleinkinders ook kos gee met die min

LB S ·

In alle eerlikheid Panto, almal is of was nie in staat om voorsiening vir hul oudag te maak nie. Sovele mense het hul lewe lank van die hand na die mond geleef.

Han ·

SA is mos ‘n welsynstaat, te oordeel na al die “grants” wat so vryelik uitgedeel word. Hier word net eise gestel – sommer vir huise ook – en as daar nie opgedok word nie, werk die vuurhoutjies oortyd. Ek moes WERK vir my huis, het niks op ‘n skinkbord gekry nie EN moes boonop belasting betaal! Afrika eis net, geen teenprestasie is nodig nie. Geen wonder dat hier nie vooruitgang is nie.

Alida 2 ·

Daar is baie mense wat finansieël noustrop trek.
Ongelukkig is dit so dat sommiges hulle hele lewe elke sent uitgee en nooit beplan vir die ou dag nie. Ook nie moontlik om dit te doen as jou hele bestaan net van die hand na die mond is nie.
Ongelukkig is daar baie van die bevolking wat glo jy moet baie kinders hê sodat hulle eendag vir jou kan sorg. Hulle het altyd so geglo en dink nog steeds so.
Ongelukkig werk dit nie so nie en moet jy dan oudag vir ‘n klomp werklose kinders sorg.
Van die werklose kinders verwek dan kinders om kindertoelaag te kry. Hoe meer kinders hoe meer toelaag. Wat hulle nie besef nie is dat jy nie behoorlik vir ‘n kind kan sorg met die toelaag nie, en as jy nie kan uitkom nie kry jy nog ‘n kind vir nog toelaag.
Baie van die kinders beland in ouma se sorg en ma en pa vat die pad.
Die oumense moet dan uit hulle pensioen nog ekstra monde voed.
Hierdie is ‘n situasie wat net erger raak.
Vir die probleme wat net eskaleer het ek nie antwoorde nie.
Daar is geen manier wat dit opgelos gaan word nie.
Geen ouderdomspensioen gaan genoeg wees om jouself en ‘n uitgebreide gesin te onderhou nie.

LB S ·

Baie goed gestel, Alida. As daar net gesinsbeplanning kon wees, verpligte gesinsbeperking, sou daar dalk nog hoop kon wees. Maar dit is ook juis hierdie mense wie die Regering aan bewind hou!

Sarah ·

Ek het vir 44 jaar by bydrae tot die staatskoffers gemaak en my werk het my retrench vir BEE…nou kry ek agv ouderdom nie werk nie en is afhanklik van die R1600.00 per maand…dit is glad nie voldoende om van te leef…so ek stem vir die staking

Jeanetta Taljaard ·

Stem saam met jou. Het my bas af gewerk vir 38 jaar en a.g.v. lewenskostes wat net al hoêr word, kon jy geen sent spaar. Het baie keer nie geweet wat jy die volgende dag gaan eet nie. Maatskappye ook nie almal meer pensioen fondse gehad nie en werkers uitgebuit vir wins. Het my eie blyplek, maar dis ook al wat ons nog kan wys van al die jare se werk.

Michelle ·

En so begin die oorbevolking sy tol eis, stuk vir stuk. Te veel kinders, te min werk. En iemand anders moet die verantwoordelikheid dra. En ongelukkig sal die wat dit veroorsaak dit nooit verstaan.

snoefie ·

dink hoe gaan dit oor n dekade of twee wees! die regering beloon mou hebsug met die kindertoelaag. plaas van gee die hele toelaag (390?) vir eerste kind en die helfte vir tweede kind en nie n sent vir eniges daarna nie, gee hulle volle toelaag vir elke kind of daar nou 1 of 12 is. so hou die aanwas aan. ontmoedig dit. waar gaan almal werk?

Cobus ·

Hierdie is ‘n baie ernstige probleem. Poging om die probleem op te los gaan nie maklik wees nie. Mense moet verminder. Waar begin kan word is om minder kinders te hê, imigrante terug te stuur na hul heenkome en kos te vrywaar belastings vir ou mense. Geen belasting betaalbaar vir PS

Anoniem ·

Ek stem saam met hulle. Hulle betalings moet verhoog word na R3000 gratis behuising ,krag en water. Hulle het vir jare bygedra tot die land en nou dat hul oud is word hul eenkant gegooi. Hoeveel rykmense is daar vandag wat gebruik gemaak het van die persoon se dienste wat vandag sit met n pensioen betaling van R1600.00 maar hulle sit in weelde. Skenk geld vir politieke partye wat net meer afbreek as opbou. Julle is skandelik man. Daai ou het in jou onderneming gewerk. jou tuin gewerk jou die vrou het jou kinders opgepas terwyl jy rond gele het by die een glans geleentheid na die ander een. Sy het jou huis skoongemaak jou vuil stukkende onderklere gewas en gestryk en vandag sit jy in jou mansion en kyk neer op hulle. Wat se mens is jy walglik man.

Marietjie ·

Hier is nou 1 saak waaraan ek my volwaardige steun gaan gee. R 1600, as mens net alleenlik daarvan afhanklik is, ongeag die rede daarvoor, is dit nie genoeg vir enige mens om te oorleef nie. Kom ons help die pensionarisse van SA en steun die gebaar.

Alet ·

My moeder is n staats pensioenaris wat haar lewe lank gewerk het maar weens die feit dat ons baie arm groot geword het en pensioen nie daai jare verpligtend was nie, is daar nie geld weggesit nie. Nou moet sy oorleef op R1600 per maand….niemand wil n 70 jarige in diens neem nie. Gelukkig kon ek n klein woonstel koop vir haar maar die elektrisiteit en dienste is amper R1000pm plus n levy van R500pm. Dit los R100 oor om kos mee te koop – vertel my WIE kan kan daarop oorleef??? Om n staats pasient te wees is om te sê jy kan maar doodgaan, so ek betaal haar medies, elektrisiteit en levy en help met vleis ens. Dit vat n hap van so R3500 uit my sak uit, wat ek kon wegsit vir MY oudag, maar wie kan net hul ouers weggooi na hulle jou groot gemaak het? Vertel my wie kan dan steeds oorleef op R1600 n maand vir kruideniers, klere en bybetaling op medikasie wat die medies nie dek nie(ongeveer R700pm) ????

Karin ·

Miskien moet nie so vinnig klippe gegooi word na alle mense wat ‘n staatstoelaag ontvang nie. Ek het ‘n bejaarde ma en gestremde dogter en self kry ek geen werk nie, nie eens tydelike werk nie. Op hierdie stadium is ons taamlik afhanklik van ander mense en die toelaes vir huur, krag en lewe.
Ek sal aanbeveel dat jy, wie so graag almal oordeel, jou hand uitsteek en eerder iemand help. Jy sal baie beter oor jouself voel.

GM ·

Dis ‘n moeilike een. Die oumensies van vandag, het hard gewerk, hul verdien uit en uit meer pensioengeld en SASSA-toelae. Die kinders behoort ook te help. Ongelukkig dra die meeste kinders nie by tot die staatskas nie, hulle kry self toelae. Party al op so jonk soos 19. Oor ‘n paar jaar maak díe kinders deel uit van die ouergarde. Gaan daar dan nog gesê kan word hul verdien ‘n hoër SASSA-toelaag weens hul ouderdom, al het hul nie gewerk nie? Meeste dra by tot die probleem. Daar word kind op kind gekry, en die belastingbetaler moet net sorg. En om huise te ‘demand’? Almal wil huise hê.Mens moet ongelukkig kan betaal daarvoor.

Ella ·

Dit is waarom ek my ma ingeneem het toe my pa oorlede is. Sy het vir 35 jaar GRATIS by my gebly en ek het ook kos en klere voorsien in die tydperk. Sy kon haar klein spoorweg pensioen van R2500 op haarself uitgee soos sy wou. Sy is 4 jaar gelede op 92 oorlede en ek mis haar nog elke dag. Ek sou nooit kon sien dat sy alleen of in een of ander tehuis woon nie. Ja dit was soms ontwrigtend veral vir my twee kinders maar ek sal die 100 maal oor doen as ek die kans sou kry.

Tobie Vermaak ·

Nou moet ons saam staan.
Die land is nou behoorlik deurmekaar.
Die pensionaresse begin staak.
Hulle eis R2000 per maand of hulle gaan terug werk toe.

Deon ·

Die voorgestelde minimumloon is R3500 per maand hoekom is die ouderdomspensioen nie ook soveel nie?

GM ·

Haha, skerp. Maar ek sou dit nogal verwelkom het as die pensionarisse sou dreig om terug te keer werk toe. Nie oor ek voel hul moet werk nie, maar oor al daardie kennis wat elkeen sou kon deel. Meeste werksplekke sou kon baat vind daarby! Oud-verpleegsters, byvoorbeeld, sou almal ‘n ding of twee kon wys oor hoe ‘n hospitaalsaal moet lyk. Baie van die ouermense moes plek maak vir jongeres, sonder dat behoorlike opleiding noodwendig aan die jongetjies gegee iss. Sodoende het baie kennis verlore gegaan.

Kobie ·

Ek kry ook ‘SASSA pensioen’. (Nie die volle een nie ). Ek het 6 jaar terug my werk verloor agv mediese ongeskiktheid. Ek het nie meer my eie huis of kar nie. Ek bly in iemand anders se karavaan en het die gebruik van ‘n bakkie wat hy my gee. Ek is ‘n 64 jaar oue witman. Ek het nie kinders wat dalk finansiëel sou kon bydra nie. Soms was die stryd om te oorleef amper te veel en het ek gevoel om tou op te gooi, maar die liefdevolle Hemelse Vader het my gehelp en gedra tot hier. Met Sy hulp en saam met Hom sal ek my wedloop voltooi tot Sy eer. Ek dink nie die idee van die SASSA -toelaag is om in al ‘n pensioenaris se behoeftes te voorsien nie, dis tog nie regtig moontlik nie. Waar sal al die geld vandaan kom om al die miljoene behoeftiges so te help? Die toelaag is op sy beste net ‘n hulp, wat ek met dankbaarheid ontvang en wat (vir my) help om, saam met die hulp van mense wat soms help, te oorleef.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.