Pensioenarisse in Pretoria aangeval

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Egpaar is Saterdagoggend by hul kleinhoewe in Kameeldrift-Wes, Pretoria, aangeval.

Peet Deysel, voorsitter van Hercules se gemeenskapspolisiëringsforum, het aan Maroela Media gesê twee onbekende persone het omstreeks 05:00 toegeslaan. “Hulle het slotte van die hek met ʼn boutsnyer afgesny en toegeslaan. Hulle het vermoedelik net selfone gebuit.”

Die egpaar het ernstige beserings opgedoen en is na ʼn hospitaal geneem.

Deysel het bygevoeg daar is ʼn tendens in die gebied dat honde vergiftig word. “In die verlede het persone die honde vergiftig en dan kom hulle twee of drie dae later terug om motorfietse te steel. Daar is tans nie baie huise waar daar motorfietse is nie, so ons weet nie in hierdie stadium wat die doel is waarom die honde vergiftig word nie.

Die GPF het in ʼn skrywe inwoners gemaan om hulself en hul honde te beskerm. “Maak hulle in ʼn motorhuis toe of staan gereeld op om seker te maak die honde is veilig.” Hy het troeteldiereienaars ook versoek om verskillende middels teen gif te bekom en seker te maak dat hulle bekend is met enige simptome van vergiftiging.

Hekmotors is ook in die afgelope tyd gesteel en daar was verskeie inbrake by huise in die landelike gebied van die omgewing. “Daar is byna daagliks ʼn huisinbraak, maar talle van die inbrake word nie by die polisie aangemeld nie en dit reflekteer dan nie op die misdaadsyfer nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

hercu ·

ons bly deesdae in die wilde weste sonder perde – sommige mense mag doen net wat hulle wil, want die MRK is in die bol gepik!!

hoop die twee oumense is nie te ernstig beseer nie!

willem Botha ·

Soos die gpf dit beskryf klink dit of die gebied hoë misdaadsyfers het ,nou as die gpf dit weet neem ek aan die polisie weet ook daarvan nou vra ek wat doen die polisie om die misdaad te bekamp en die area te beveilig en te stabiliseer .Ek wed my huis hulle ondersoek net verder doen die klomp soos gewoonlik niks.

Andrea van Vuren ·

Goeie vraag. Waar is ons gebied se metroraadslid Frik van Wyk. Kom agter hy skram van misdaad af weg? Vir wie moet ons in Mei stem? Beslis nie vir Frik nie!

Elsa ·

Polisie weet van baie wat hul net ignoreer. So weet hul by voorbeeld van al die dwelmsmouse in parked in Pretoria Noord, maar niks word gedoen. Vir wie stem ons? Beslis nie weer DA nie

willem Botha ·

Die DA raadslede in die moot en die polisie is presies dieselfde goed vir niks behalwe om ons belasting geld te mors,die gpf neem nou die plek van dir polisie in maar weet hulle sou hulle op n gpf patrollie gedood word sal hulle polisse nie uitbetaal as dit nie gespesifiseer was dat hulle polisie werk doen nie.

Tessa van Heerden ·

Ons bly daar. Die serene het afgegaan vanoggend dis nie ‘n lekker gevoel nie jy weet om jou is nou net ‘n plaas aanval, glo my ons almal werk saam, maar te min mense om te help area te groot, ons is in groepe ingedeel en ons help waar ons kan met die groen lig projek. Sterkte aan die oom en tannie en familie.

TLC ·

Aiai ons sektore is dag en nag besig
Maar o wee ons sapd is van die swakste in die land
Ons is omring met gamora en zamazama plakkerskampe en met die winter om die draai gaan dit heelwat erger ?
Want hul weet ons warm onder komberse en in diep slaap
Maar ja ons sapd is uiters swak

Priscilla ·

Kan die honde nie binne slaap nie? Dit sal die inbrekers verras……

Jan Nel ·

Ons eerste ernstige voorval in 22 maande wat ons Groenlig Projek al bestaan. Dit is nogsteeds n bitter pil om te sluk.Dis die Polisie se plig om ons te beskerm en dit is ons reg om te kla. Maar Intussen moet ons self ook kyk na ons eie veiligheid. Want vir nou gaan niemand anders dit doen nie. Raak betrokke by welke manier ookal. “Eenheid verhoed misdaad”.

Schalk Herbst ·

Ek bly ook in die area en daar is baie twis onder die sektor 4 lede en net n handjie vol mense wat beried is om iets te doen. en die bestuur van sektor 4 is nie regtig daar vir die gemeenskap nie maar meer om na hulle eie sakke te kyk en maak misbruik van die situasie wat in ons omgewing gebeur. Ek persoonlik dink die hele sektor 4 bestuur moet vervang word met mense wat omgee vir die gemeenskap. Dan sal daar meer samewerking en ondersteuning vir mekaar en onder mekaar wees.

sweis ·

Staan saam en beveilig jouself en jou bure die polisie en DA stel nie belang in jou veiligheid nie net jou belasting en stem maar wees gerus hulle dag sal kom.

Antionette ·

Hul doen niks dit is hoekom meeste mense nie eers hul tyd mors om n saak aan te meld nie. Hul slaap eerder in die aanklag kantoor as om patrollies te ry deur die aand want as ek dit nie mis het nie is daai patrollies ry juis misdaad voorkoming. Hier en daar is daar nog een wat werk maar duidelik is hul maar yl gesaai.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.