Pensioenarisse waarskynlik Steinhoff-geld kwyt

Ben la Grange, voormalige hoof finansiële beampte (Foto: Chantall Presence/ANA)

Miljarde rand se verliese wat deur Afrika se grootste batebestuurder, die Openbare Beleggingskorporasie (PIC) gely is ná die ineenstorting van Steinhoff se aandeleprys, is waarskynlik permanent, het LP’s Woensdag gehoor.

Ben la Grange, voormalige hoof finansiële beampte, het voor vier parlementêre komitees gesê die PIC, wat pensioenfondse namens Suid-Afrika se staatsamptenare bestuur, was Steinhoff se tweede grootste aandeelhouer.

“Die verliese uit die pensioenfondse tot dusver sal waarskynlik permanente verliese wees,” het La Grange gesê.

Heather Sonn, raadsvoorsitter, het tydens dieselfde vergadering gesê sy kan nie ʼn waarborg aan LP’s gee dat die pensioenfondse veilig is nie, omdat daar “so baie omstandighede buite die raad se beheer” is.

Die PIC het in Januarie aan LP’s gesê hy sou waarskynlik waarde kon onttrek uit Steinhoff ondanks ʼn beduidende afname in die aandeleprys ná “rekenkundige onreëlmatighede” in Desember verlede jaar aan die lig gekom het.

Die PIC en die GEPF (staatspensioenfonds) het in daardie stadium probeer verduidelik dat die verliese slegs 1% van die bates beloop, maar die randwaarde beloop ongeveer R20 miljard.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Ellisras ·

My pensioen is by Sanlam. Ek het R100 duisend in ‘n maand verloor agv Steinhoff. Maak nie saak waar jou geld belê is nie, dit byt jou. Steinhoff. Basil Read. En die lys word langer en langer.

IK ·

En diegene wat skuldig is aan hierdie geldbeleggings gaan . . . ???
Goddank my pensioenfonds doen jaarliks verslag deur saamtrekke te hou en verslag te doen. Dankie Sentinel.

Ellisras ·

IK. Ek sal my hele pensioen fonds wed dat jy indirek Steinhoff aandele besit. Gaan vra gerus op jou volgende terugvoer sessie. Niemand maar Niemand word gespaar nie.

IK ·

Jy is reg, as ek reg onthou is dit 0,8% wat nie die einde vd wêreld is.

Danie ·

Ja en die ou en sy girl lewe nog steets in weelde en hoe lyk dit by sy huis hoe lewe vroulief en die kids seker ook nog in weelde ai so lekker skelm en lewe so lekker maak pla dat hul ook sukkel om ń brood te kan koop help hul soos die bank daie ander gaan help. Op hul voet want hulle gaan hul motor vat hoe veel gaan daai mense nog verloor

Joshua ·

Die PIC en hul beleggings moet krimineel ondersoek word, hulle het sekerlik miljoene uit hul korrupte en swak deals in hul sakke gesteek.

Celtis Africana ·

Ek begin al hoe meer tot die besef kom dat besigheid niks anders as gewettigde diefstal is nie. Dit is gekamoefleer in n Italiaanse snyerspak en staan gemaak op n paar krokodilvelskoene met baie byt. Nie alleen is die verdienste en bonusse van topbestuur n ongeregverdigbare banaliteit nie, maar ook die boekgeknoei om maatskappye te “spit en polish” tot oëverblindende glorie ten einde die deponerende vlieë te lok.
Die sogenaamde “onafhanklike direksie” waarvan die lede se titels klink na n militêre medaljeparade, is ongelukkig n “Gentleman’s ” klub waar eeu oue Johnie Walkers en Kubaanse sigare genugtig word na afloop van die strelende verslagdoening van die operasionele bestuur. Tandlose byters!
Daar is nie n manier op die ondermaanse dat jy n skepsel kan vertrou met n kosbare entiteit soos integriteit nie. Dit is alles n risiko.
Dus, as jy ander met jou spaargeld vertrou, dit is n risiko, altoos!

quo vadis ·

Celtis Africana: jou skryfstyl en taalgebruik is van hoogstaande gehalte. Dankie vir jou insette.

Hans ·

Het baie jare tot die pensioenfonds bygedra en dit is ek en 1000 de ander wat nadelig getref kan word. Om te sê dit is maar n breukdeel van die fondse hou nie water nie-ons pensioenarisse en eggenotes maak staat of die pensioen om te oorleef. Kriminele klagtes ens moet teen die bestuur en trustees gelê word en beslag gelê word op hul bates.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.