Pensioenfondse dalk weer gedwing om in staatsmaatskappye te belê

Argieffoto (Foto: stevepb, Pixabay)

Die spook dat Suid-Afrikaners se persoonlike pensioengeld gebruik gaan word om mislukkende staatsbeheerde maatskappye soos Eskom, die SAL en andere van beleggingskontant te voorsien, loop weer sterk nadat ‘n nuwe ANC-besprekingsdokument dit as beleidsopsie voorstel.

Die jongste poging om dit as ANC-beleid aanvaar te kry, is Maandag deur die DA-LP Geordin Hill-Lewis geopenbaar toe hy die ANC-besprekingsdokument bekom en gepubliseer het. Dit is ‘n baie omvattende dokument waarvan die voorstel oor pensioenfondse ‘n baie klein maar uiters belangwekkende deel vorm.

Die beleidsopsie oor pensioenfondse, wat deur kritici bestempel word as niks anders nie as diefstal van hardwerkende gewone mense se spaargeldjies vir hul oudag sodat korrupte en wanbestuurde staatsinstellings dit kan opslurp, is al ‘n paar keer die afgelope paar jaar geopper, maar nog elke keer suksesvol afgeslaan.

Ondersteuners van so ‘n plan, wat pensioenfondse sal verplig om ‘n tans nog onbekende persentasie van hul geld te belê in staatsbeheerde ondernemings eerder as in ander beleggings wat winsgewende opbrengste kan verseker vir diegene wie se aftreegeld dit is, meen dit bied ‘n gulde geleentheid aan pensioenfondslede om patrioties op te tree en staatsbeheerde maatskappye deur die drif te help.

Wat baie kritici van die konsep diep bekommerd het, is dat sodanige verpligte bydraes/beleggings van pensioenfondse in mislukkende staatsondernemings hierdie keer geopper en gedryf word deur die ANC se hoof van ekonomiese transformasie, Enoch Godongwana.

Godongwana is allerweë bekend as een van die gematigste ekonomiese hoofdenkers in die ANC. Hy is byvoorbeeld ‘n uitgesproke teenstander van onteiening sonder vergoeding. As iemand van Godongwana se persoonlike aansien, politieke gewildheid en gematigde geskiedenis nou hierdie plan met pensioenfondse ywerig sou dryf, kan dit in die praktyk dalk net ikabod wees vir die teenstand daarteen, word in politieke kringe uitgewys.

Senior ANC-bronne het egter aan Maroela Media aangevoer dat die DA se interpretasie van die voorstel nie die enigste interpretasie is nie en dat daar baie teenstand teen die plan is, ook in die ANC. Voorts is uitgewys dat dit ‘n voorstel in ‘n besprekingsdokument is, nie partybeleid of selfs ‘n beleidsdokument nie.

Terwyl Godongwana tans nog in die openbaar swyg oor wat sy interpretasie van sy eie woorde is, het Hill-Lewis gesê die DA sal so ‘n voorstel met al sy kragte bestry en op elke manier beveg, want dit is die laagste vlak van laag om kwesbare bejaardes wat hul lewens lank daarvoor gewerk het, se geld te steel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

daniel ·

Ek is van mening, en die ANC se optredes sedert 1994 het bewys dat hulle nie bevoeg is om die land se geldsake te bestuur nie.

Willem ·

Seker nie wit pensieone nie hulle is dan gekant teen apartheid geld

Pieter ·

Gebruik julle staats amptenare se pensioen geld los ons sin uit. Ons was nie goed genoeg vir die covid fondse nie hoekom is ons pension geld genoeg. As julle klomp komuniste julle hande op ons geld kry is dit weg ons almal weet dit

Co ·

Wat ek as pensioenaris aan almal voorstel is die volgende:
1) Die dag wanneer jy aftree is jy geregtig om 1/3 van jou pensioen uit jou pensioen fonds te neem
2) Jy is jaarliks geregtig om tussen 2.5 en 17.5% van jou pensioen te onttrek, dring aan op 17.5%,
3) Doen ‘n sorgvuldige konserwatiewe beplanning van jou inkomste, (pensioen) uitgawes en onkostes en bele elke sent wat jy maandeliks kan spaar in die buiteland,
4) Wees versigtig met jou pensioen geld, dit word slegs meer as jy slim te werk gaan, nie as jy bo jou finansielle vermoeens lewe nie!

Deur die eerste 2 stappe te doen ontneem jy die anc regime om hulle hande op jou pensioen geld te le! Daar is verseker risiko aan verbonde, maar wees kalm, deur wys te bele gaan jy verseker jou geld laat groei.

Ek is nie ‘n finansielle raadgewer nie, inteendeel ek was al die jare ‘n tegniese persoon wat myself in 2004/2005 geleer het hoe om in die aandele mark te bele en dit het my finansieel instaat gestel om baie gemaklik te kon aftree.

Scalla ·

Stem saam CO, noem dit n lewende anniueteit waar jy keuse van inkomste jaarliks kies, passop vir te hoog dan verloor jy kapitaal. Sommige departemente verloor jy jou mediese subsidie as jy dit wegvat by staat.

Elsa ·

Die pensioenarisse moet eers vir n slag in hierdie “beleggings” geken word.

Fedup ·

gondola should be very careful.
Taking people’s pension money for your own gain is extremely dangerous.
I would advice everyone who have a state pension to move it to private companies as soon as possible.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.