Pensioenfondse: ‘Moenie oorhaastig optree ’

Solidariteit waarsku dat hy nie gaan toelaat dat sogenaamde pensioenkaping plaasvind nie. (Argieffoto: pixabay)

Die vakbond Solidariteit het werkers aangemoedig om nie nou oorhaastig op te tree en te bedank om toegang tot hul pensioenfonds te kry voordat die staat sy hande daarop kan lê nie.

“Ons moet eerder saam staan en druk op die staat plaas om te verhoed dat wetgewing verander word om die staat toe te laat om jou pensioengeld te gebruik,” sê dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van die vakbond. Solidariteit het Dinsdag ʼn paneelbespreking gevoer om lede van die publiek in te lig oor die regering se planne met pensioenfondse en ook wat lede van pensioenfondse te doen staan om te verhoed dat hul hardverdiende geld verlore gaan.

Tito Mboweni, minister van finansies, het verlede week tydens sy begrotingsrede gesê hy steun die voorstel dat nie net staatspensioene nie, maar private pensioenfondse ook gebruik word om Eskom se massiewe skuldrekening te delg.

Dawie Roodt, hoofekonoom van Efficient Group, sê dit is ʼn desperate poging deur die regering om aandag te gee aan die fiskale tekort in die begroting, aangesien daar geen ander manier meer is om die staat se inkomste aan te vul nie. “Die ander opsie is om uitgawes te verminder deur salarisse te sny, maar die vakbonde gaan dit nie toelaat nie. Nou wend die regering hom tot die laaste goud pot wat nog beskikbaar is.”

flip-buys-tweede-groot-trek-02

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging. (Foto: Reint Dykema)

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, sê die pensioenfondsbedryf in Suid-Afrika is baie sterkter as in baie Westerse lande. Hier maak dit ongeveer 73% van die ekonomie uit, terwyl dit in byvoorbeeld Duitsland net 11% van die ekonomie uitmaak,” sê Buys.

“Dit is verreweg Suid-Afrika se grootste bate en verteenwoordig die pensioen van 17 miljoen mense ter waarde van R4 triljoen. Noudat die staat belastinggeld opgebruik het, wil hulle pensioengeld gebruik om staatsondernemings te subsidieer, sonder enige aanduiding dat hulle beleid gaan verander om die entiteite reg te ruk.”

Roodt meen die gemeenskap moet nou saamstaan en druk op die regering plaas om die staatspensioenfonds van ʼn gewaarborgde inkomstefonds na ʼn bydraende fonds om te skakel. “Mense moet dan toegelaat word om groot gedeeltes van hul geld belastingvry uit die fonds te onttrek en beheer te neem oor hul eie spaargeld.”

Hermann sê ook omdat pensioenfondse steeds ʼn statutêre plig het om sy mandaat uit te voer, naamlik om in belang van die lede van die fonds op te tree, glo Solidariteit hy het baie sterk gronde om regsaksie te neem, sou die fonds hierin versuim.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

18 Kommentare

jongste oudste gewildste
Wilhelm

Nee, bedank, vat jou geld, en neem jou toekoms in jou eie hande. Probeer so ver as moontlik om al jou bates bestand te maak teen die staat, aanvaar dat hulle al jou bates gaan probeer vat, neem jou besluite daarvolgens.

Jan

Die grootste denkbare druk moet ingespan word om hierdie stroping van pensioenfondse te stuit. Hierdie is nou die tyd vir almal in die land om saam te staan.
GEPF lede moet nou organisasies soos Solidariteit en AMAGP ondersteun om totale bankrotskap te vermy.

Phillip

Ek kan nie bedank nie het n hius en n seun om teversorg en is nog jonk ook het nog 22 jaar oor voor ek kan aftree moet maar toe kyk hoe my geld verby my vlieg goud pot toe (:-((

Tino

Gelukkig reeds my pensioen onttrek. Goodluck!

Louis

Klink vir my na ‘n catch 22 – senario. Ek weet “as” is verbrande hout, maar veronderstel dit is die laaste uitweg om Suid-Afrika se kantelpunt te vermy en almal in die land in armoede te dompel, wat dan? Gelukkig weet ons ook wat ‘n drenkeling maak as jy hom probeer red. So die reddingsboei moet groot genoeg wees om ALMAL te red anders sink ons saam. Hofsake gaan nie die kantelpunt keer nie. Dawie se voorstel klink goed op papier, maar gaan dit die realiteit van Suid-Afrika aanspreek?. 50% Mense in Suid-Afrika leef reeds in armoede ook die wat… Lees meer »