Pensioenfondse: ‘Regering wil private spaargeld plunder’

ebrahim-patel

Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en ekonomiese ontwikkeling, het Maandag gesê pensioenfondse het ʼn rol in die ontwikkeling van Suid-Afrika te speel deur hulle beleggings in vaste bates. Foto: South African Government News/Facebook.com

Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIVR) het opnuut ten sterkste kapsie gemaak teen die regering se planne om voorgeskrewe bates vir pensioenfondse in te stel.

Dit volg nadat Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en ekonomiese ontwikkeling, Maandag gesê het pensioenfondse het ʼn rol in die ontwikkeling van Suid-Afrika te speel deur hulle beleggings in vaste bates.

Patel was die hoofspreker by die Suid-Afrikaanse bedryfsliggaam vir aftreefondse, Batseta, se konferensie in Johannesburg. Dié konferensie het  Dinsdag ten einde geloop.

Batseta verteenwoordig die 100 top-uittreefondse in Suid-Afrika.

“Die regering se beleggingsveldtog kyk nie net na direkte investering van die buiteland nie, maar soek ook dringend na plaaslike beleggings om ekonomiese groei te stimuleer,” het Patel gesê.

Hy het opgemerk dat die totale bates van pensioenfondse in Suid-Afrika tans sowat R4,2 biljoen (“trillion”) beloop. Dit was volgens die 2017-jaarverslag van die registrateur van pensioenfondse wat ook aangedui het dat die staatsamptenare se pensioenfonds (GEPF) 40% van die totale bedrag uitmaak.

“Die grootte van die uittreefondse beteken dit kan ʼn reuse-impak op die nasionale ekonomie maak,” het Patel gesê.

Hy het voorts ʼn beroep op die trustees gedoen om die private sektor se belegging in die ekonomie te verhoog. Hy het fondsbestuurders gevra om ʼn “langertermyn-perspektief op opbrengste te neem”.

“ʼn Vennootskap met aftreefondse kan help om BBP-groei en die opbrengs van pensioenarisse ʼn hupstoot te gee.”

frans-cronje-irr

Dr. Frans Cronje van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge. Foto: Instituut van Rasseverhoudinge/Youtube.com

Dr. Frans Cronje, uitvoerende hoof van SAIVR, het gewaarsku dat Patel se kommentaar spruit uit die ANC se verbintenis vroeër vanjaar om voorgeskrewe bates vir pensioenfondse in te stel.

“Dit is deel van ʼn program wat pensioenfondse sal dwing om in staatsgoedgekeurde projekte te belê. SAIVR waarsku al lank dat die regering van voorneme is om private pensioenfondse te gebruik om die gate in die staat se uitgawes te stop,” het Cronje gesê.

Patel se opmerking volg kort op die uitsprake van die ANC en Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party verlede week dat die Suid-Afrikaanse Reserwebank genasionaliseer moet word. Dit moet gedoen word sodat die regering “kwantitatiewe verruiming kan uitvoer” wat in wese net beteken die regering wil meer geld druk om staatsbesteding te finansier.

“Die gevolg hiervan sal massiewe inflasie wees wat die waarde van Suid-Afrikaners se spaargeld in randwaarde sal erodeer.”

Cronje meen verder die ANC en die departement van handel en nywerheid is belyn met die regering se verbintenis om grond en ander bates te onteien sonder vergoeding.

“Dit is duidelik dat die regering sonder geld sit en desperaat is. Die staat kan nie verdere belastings hef nie en terselfdertyd weier die regering om enige vryemarkhervormings in te stel wat nodig is om die ekonomie te laat groei. Dit is ook huiwerig om ʼn reddingsboei van buitelandse instellings te vra want daar sal streng voorwaardes daaraan geheg word.

“Ek glo daarom is die regering besig om ons voor te berei dat hulle op Suid-Afrikaners se bates beslag wil lê om staatsprogramme en beleid te finansier terwyl dit ook nog reddingsboeie aan sukkelende staatsinstellings soos Eskom verskaf, staatsalarisse betaal en tenders, asook verder SEB-transaksies finansier.”

Cronje meen die paneel wat pres. Cyril Ramaphosa oor grondhervorming adviseer het in hul aanbeveling aan die presidensie ʼn aggressiewe onteieningsbeleid sonder enige vergoeding aanbeveel. Die verslag is Dinsdag aan die president oorhandig.

Hy meen dit sal die regering op ʼn koers plaas om voort te gaan met die wysiging van die Grondwet en private eiendomsbesitreg te verdun wat dit sal toelaat om feitlik enige bates sonder vergoeding te gryp.

“Wat hier besig is om te gebeur is ʼn plundering van private spaargeld, rykdom, beleggings en eiendom waarvan die gevolge verwoestend sal wees as die regering besluit om hierdie roete te volg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Anoniem ·

Hoekom gee ou cyril nie n paar biljoen nie maar hulle moet nou aan osn swaar verdienste geld vat los uit en hou op om ons geld te spend.

Naas ·

Wanneer gaan die ANC besef dat sosialisme nog altyd tot bankrotskap gelei het?

Werner ·

Solank hulle sakke vol geld is gee hulle nie om of ons bankrot is nie

Andreas ·

En met Mboweni en Gordhan ook in plek wat CR se aanslag op die land en ekonomiese dryf gaan ondersteun, wag hier ‘n groot treurmare op die land.

Andreas ·

Volg die beloop, die twee is hand om die blaas met Cyril, ook soos Patel.

Margaret ·

Dit sal glad nie die ekonomie help nie. Dit sal weereens geplunder word. Sê NEE!

Petrus ·

Werkgewers en pensioenfondse moet kreatief wees om lede se geld te beskerm. Indien nie, gaan ons nog krepeer.

Mara Smidt ·

Sal Kabiners lede tevrede wees met die pension wat hulle gaan ontvang. Dieselfde as SSSA lede? Deur aanmekaar gaan te verarm? SASA pensionarisse krepeer met dit wat hulle maandeliks ontvang.
Jare se harde werk vir hierdie land, het geen begrip vir hulle nie.
Ek wil sien hoe ‘n MP hiermee gaan deur kom: Behuising, water en ligte, klrer en dan gebalseerde voeding elke dag op die tafel.
Nie net SASSA lede nie kyk ook na ander pensioen fondse. Lede verwurg om deur te kom met hulle maandelikse pensioen.
Skaf belasting AF. Deur die jare is lede
oorbelas aan betalings van belasings.
Stel dit vas op R30,000 per maand. Hoër pesioene betaal dan ‘n minimale bedrag per maand. Los beleggings soos dit is.
Ons speel nie stokvel of faffie nie ‘n ordentlike jaarlikse bonus sal ‘n absolute lig in die tonnel wees.
Dink net hoeveel lede gaan vir SO ‘n party stem

John ·

Om geplunderde plase se nuwe eienaars met geplunderde eiendom en geplunderde pensioenfondse se swaarverdiende geld te voorsien; geplunderde staatsentiteite met geplunderde geld uit te bail en die plunderaars van die Reserwebank toe te laat om geldnote te druk totdat geen reserwe-ink en papier meer beskikbaar is nie; ook mediese fondse te plunder totdat die medisynekassie leeg staan… gaan groot seèn van Bowe beteken… of is hierdie mense nie bang nie… Ons moet bid mense… En Cyril luister na alles en… hy vat nie sy hoed en loop nie?…

Landie ·

As die regering enige stappe neem om hulle hande op pensioengeld te kry, dan is dit net afdraande van daar. Die vergryping van eiendom en grond sonder vergoeding asook die Nasionalisering van die Reserwe Bank is alles stappe wat die toekoms van die land en alle Suid Afrikaners wat hier bly sal beindig. Ons MOET maar net BID en die Here vra om ons van hierdie ellende te red.

Jacques ·

Die regering krap nou waar dit glad nie jik nie . Die wit mense moet uit die land uit maar ons geld is goed genoeg om die land te red , hoe verstaan ek dit nou ? Die regering wil net he en he en he maak nie saak of dit mense wat hulle HELE LEWE lank gewerk het daarvoor se eiendom is nie . Ek verstaan hoekom mense land uit VLUG , van die klomp korrupte mense af .

Lizma ·

Jaaaa ekt geweet dat Cyril nie die mas gaan opkom nie, hy het nie die agtergrond of vermoee daarvoor nie. Maar ja dit moet seker maar gebeur, dit staan so geskrywe.

Andreas ·

Hierdie plasing net so om ons attent daarop te maak dat die ANC regering maak toenemend hul oë toe vir die waarskuwings wat die graderingsagentskappe deurlopend uitstuur, dit blyk ook hul oë is bottoe vir ‘n berig wat gisteroggend in Beeld verskyn het, en ek haal aan: “Miljarde rande vloei uit SA soos buitelanders ‘vlug’ In die grootste storting van staatseffekte deur buitelanders nóg op een dag, het R9,6 miljard landuit gevloei.”

Geen wonder hulle sit in ‘n geldelike verknorsing nie.

JP ·

Besef die regering nie dat alle bate van pensioenfondse behoort aan die pensioenarisse nie

Miems albrecht ·

Dis so jammer om te dink vir Al die jare wat jy hard gewerk het en bydra gelewer het aan pensioen kan die staat somer net in stap en vat. My pensioen GEPF is sekerlik die heel sterkste in die land, so ons gaan eerste getyken word. Was al klaar swak beleging in die suiker Industrie.
So hartseer

C VL ·

Benoude hase…volgende moet CR óf by die Wêreldbank gaan smeek en dan by ‘n rits streng voorwaardes hou óf maak soos Bob die buurman noord van ons en die glybaan na die boden vat.

Gert van Wierdapark ·

Die pensioenfondse is onder aanval van plundelaars. Sommige van die OBK se sogenaamde beleggings in twyfelagtige skemas is die v oorlopers. Die OBK het tans so wat ‘n Triljoen Rand se bates onder hom!!! Dis skrikwekkend om te dink wat nog daar KAN gebeur. Atel se opmerking in die berig van R4,2 Biljoen = trillion – VSA terme) kan nie korrek wees nie. Dit moet seker lees R4, 2 Triljoen (= 18 nulle, teenoor ‘n Biljoen, 12 nulle). Mini-ster Pa-tel se somme klop nie!

Dirk ·

Staatskaping fase 2 in wording! Selfs al staan die opposisiepartye saam, kan staatskaping fase 2 net soos staatskaping fase 1, nie gestop word nie. Moet ons bly of moet ons gly gaan weer ter sprake kom wanneer manifestos en verkiesingsbeloftes van “slaan terug” weer op niks uitloop nie!

Pieter ·

Die grootste gevaar is die passiewe-fatalisme onder die lydende partye.

Vlakvark ·

Stem 100% saam met dr. Frans Cronje en Pieter hierbo.

Ek het geen respek vir en vertroue in die ANC-leierskap nie.

Suid-Afrikaners word toenemend slawe van die ANC-leierskap se sosialisties-egalatories-kommunistiese ideologie en ongeregtighede.

Bielie ·

Die #Guptas het weer geld nodig vir ‘n troue. Belasting betalers, help asb.

Suid-Afrikaner ·

Slegs twee oorsake: Die regering begryp nie die basiese ekonomiese beginsels nie. Omdat integriteit totaal ontbreek, is daar geen verbintenis tot hierdie land en sy kinders se toekoms nie. Hoeveel amptenare in Zimbabwe is werklik spyt oor gebeure in hulle land oor die afgelope 35 jaar?

Andreas ·

Husse met lang ore, of hase met lang ore? Cyril en die ANC regering het nie een van die twee se kwaliteite nie, hulle is nie nuuskierig om kennis op te doen en dit tot die beswil van die mense aan te wend nie, dus word hulle vertel, as hulle nader staan, dis husse met lang ore, want mens kan hulle nie vertrou nie, en hulle luister ook nie na advies nie, al sou van hulle lang ore hê.
https://maroelamedia.co.za/afrikaans/idiome-en-uitdrukkings/uitdrukking-husse-met-lang-ore/

Sê maar net een ·

Kommunisme… net ‘n mooi woord om te vat waarvoor jy nie gewerk het en jou nie toekom nie

Smirre ·

‘n lekker diep trog vir die varke om leeg te vreet. Gelukkig is myne in US$ oorsee……..

Sommer net ek ·

Maak my sommer die hel in jy spaar jou lewe lank aan geld. Hulle trek elke maand belasting op jou pensioen wat beslastiing op brandstof elektrisiteit ag noem ñ ding en hulle vat geld van elke R100 wat jy kry, kry jy maar R30 tyd dat hulle begin werk vir wat hulle verdien ( wat ook eintlik niks moet wees ) sny sommer hul salarisse met 70% .

Loeis ·

Sjoe, waar is FW se wigte en teenwigte nou?
Dalk kan Theuns Elof dit vir ons antwoord.

Johan ·

How much do you still want to milk from the system Patel????? How much does the ordinary citizen still have to contribute for government failures????????

Tommie ·

Ja Loeis, ek wonder ook.

Wanneer skop die sogenaamde “checks and balances” dan nou in. Diegene wat destyds gewaarsku het dat FW de Klerk en sy meelopers se beleid tot `n totale magsoorname en uiteindelike chaos, vernietiging en wanorde sal lei, is uitgemaak as díe verkramptes, hulle wat nie die groter prentjie kan raak sien nie. Die wonderlike nuwe Suid-Afrika.

Nou ja, dit wat ons nou al sedert ’94 sien gebeur is darem nie `n mooi prentjie nie. Dit het `n afskuwelike onomkeerbare “oil painting” geword. New South Africa nightmare.

JAN ·

Die mees toksiese bates kan maar genasionaliseer word? Ergste tabak volgens WGO. sianied besoedelde myngrond?
Lekke chaos.

Wouter. ·

Betaal die pensioene uit dan kan jy met jou geld doen wat jy wil.

JohanL ·

Is daar EEN net EEN persoon met intelligensie in die ANC of sy vriende? Ek het altyd gedink (was my opinie) dat die ANC net uit oningeligte mense bestaan wat nie WIL leer nie en nie bereid is om kennis op te doen nie. Nou WEET ek dit is so – Patel se uitsprake bevestig dit.

Feite ·

Wat die meeste mense nie besef nie is dat die GRANTS” n onversadigbare monster geword het.

Dit word elke jaar net meer honger en as daar n tekort is met die voorsiening dan word daardie geld uit ander areas verhaal – soos die budgets vir die Hospitale, Skole, Infrastruktuur, etc, etc

Die regering hou Miljoene gyselaar met die grants, instede van werk en geleenthede vir almal skep, gooi hulle elke maand n aalmoesie in die hok!

Sakkie ·

Wie gaan hulle keer om te doen wat hulle wil. Hulle kom al vyf en twintig jaar weg met dit.

Clem ·

Dit is hoe innoverend ons regering is, hulle gaan kyk “af” by ander regerings en wat hulle doen en dan wil hulle dit hier ook kom instel. Die probleem is egter die lande en regerings waar hierdie tipe van ding suksesvol toegepas word is kapitaal kragtig en met ‘n lae werkloosheidsyfer. Nee, dit word nie SA in aggeneem nie want ons agbare minister en sy gespuis is geldwolwe wat nie kan sien dit is nie lewensvatbaar in SA nie. Enoch Godongwana het gesorg dat hierdie gemors in die ANC se Manifes ingeskryf word – Dit was al vantevore, maar in die apartheidsjare, in SA toegepas maar die geld was hoofsaaklik vir industriele ontwikkeling gebruik wat vooruitgang beteken het, wat nou gaan gebeur is maar net om die reeds oorgewig bestedingsbalans te finansier en dit hou niks goed in vir SA, sy ekonomie of inwoners in nie.

HOBBO ·

My kommer hier is…………..hierdie geld word aangewend om sake geleenthede te stimuleer. Wie is die eienaars/begunstigdes van hierdie ondernemings? Slegs swart sakemanne. Pryse word betaal op onrealistiese waardasies. Wanneer hierdie onderneming misluk word die fonds benadeel soos met die OBK . Ter wille van Nasionale ontwikkeling???
Hierdie is nie sosiaalisme of kommunisme nie…………Africanism. Dankie ABSA.

gatiep ·

Klink na n baie goeie belegging om pension vonds te gebruik vir Eskom.
Geld gaan net verdwyn.

Cherokee ·

gatiep, die woord ‘vonds’ verwys na iets wat gevind is. Nie na geld wat verdwyn het nie.

ChrisE ·

Almal kla en kerm oor die Guptas. Weet/ken die mense Patel se agtergrond bona fides. Word wakker. Hulle sit in strategiese plekke in die regeringsmasjien. Kommunisme is dood, lank leef kommunisme.

Trojaanse Donkie ·

Hoekom gaan luister geleerde mense na enige verteenwoordiger van enige staatsdepartement? Boikot hulle net totdat hulle die boodskap kry.

Dirk ·

“Slaan terug” beteken tog dat VF/Solidariteit/Afriforum dit mos nou nie sal toelaat nie, net soos hulle plaasmoorde nie sal toelaat nie. So julle kan maar ophou om so tekere te gaan, julle hou dan aan se julle word nie vir n “ride” deur die regses gevat nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.