Pensioenplan vir Eskom ‘nie risikovry, maar enigste opsie’

(Argieffoto: pixabay)

Die vakverbond Cosatu sê die voorstel om staatsdienswerkers se pensioengeld te gebruik om Eskom se skuld te help delg is nie sonder risiko nie, maar dat die land nie meer enige ander opsies het om te verhoed dat die sukkelende kragvoorsiener die hele ekonomie in duie laat stort nie.

“Dit dreig nie net om die staat te laat tuimel nie, maar ook die ekonomie,” het Cosatu se parlementêre verteenwoordiger, Matthew Parks, Woensdag aan die parlementêre portefeuljekomitee oor openbare ondernemings gesê.

Hy het gesê die versuim om ʼn geloofwaardige plan te aanvaar om Eskom uit sy verknorsing te red, wat vererger word deur opwekkingsprobleme en skuld van R454 miljard, gaan beteken dat kredietgraderingsagentskappe Suid-Afrika afgradeer – met ernstige gevolge vir alle Suid-Afrikaners.

Parks het ʼn meer ideologiese argument voorgehou om Cosatu se plan te laat aanvaar om op ʼn staatsbeheerde manier – deur die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) – nagenoeg R254 miljard van die staatsdienspensioenfonds te gebruik om Eskom se skuld bykans te halveer.

Volgens hom gaan dié stap werksgeleenthede by die kragvoorsiener beveilig en die staat se voortgesette rol in die elektrisiteitsbedryf en die breër ekonomie waarborg.

“ʼn Versuim om Cosatu se sleuteleise vir ʼn omkeerplan by Eskom in werking te stel, lei tot die gevaar dat Eskom werkers sal moet aflê, asook Eskom se moontlike ten gunste van die private sektor.”

Parks het gesê emosies moenie sleutelfeite in die debat oor die wysheid van die gebruik van ʼn pensioenfonds om Eskom te red, oorskadu nie. Hy voer ook aan pensioenuitbetalings gaan nie weens die gebruik van die geld verminder nie.

“Baie mense, selfs die agbare lede [van die parlement] verstaan in die hitte van die oomblik nie altyd dat die staatsdienspensioenfonds ʼn gedefinieerde bate is nie. Wat jy ontvang is gegrond op jou jare diens en die bedrag wat jy bygedra het,” het hy aan LP’s gesê.

Hy sê die OBK wys deurlopend beduidende wins en ʼn verdere belegging in Eskom gaan sowat 4% van sy totale blootstelling behels.

“Ek het nog nooit gehoor dat 4% die ander 96% bedreig nie. Dit is volhoubaar.”

Parks sê as Eskom nie gered word nie, word bykans alle OBK-beleggings, ook die staatsdienspensioenfonds, aan groot risiko’s blootgestel.

“As Eskom in duie stort, gaan daar geen aandelemark wees nie. Dit is belangrik om te onthou dat die OBK in 1 200 maatskappye belê. 90% van die OBK se beleggings is op die aandelebeurs. As Eskom dus vou, gaan dié aandele nutteloos wees.

“Daar is ʼn risiko, maar as jy nie ingryp nie, is dit nie ʼn risiko wat jou in die gesig staar nie, dit is ʼn waarborg dat pensioenbeleggings of werksgeleenthede verlore sal gaan.”

Die akademikus en infrastruktuurkenner Anton Eberhard, verbonde aan die Universiteit van Kaapstad se sakeskool, het saam met Cosatu gestem dat Eskom se skuld gepak moet word. Hy waarsku dat selfs al ruim Eskom al sy ander probleme uit die weg, die las van sy skuld hom steeds gaan lamlê.

Hy het gesê Eskom is vasgevang in ʼn doodspiraal waar ʼn nypende tekort aan geld lei tot tariefverhogings wat weer verbruik kelder.

Volgens hom sal dit “moreel gevaarlik” wees as die staat Eskom se skuld oorneem en dat Cosatu se voorstel ʼn veel beter plan is.

Die omstredenheid, volgens hom, handel grootliks oor hoe en waar die geld vandaan gaan kom.

Hy stel ook voor dat klimaatverwante finansiering saam met ontwikkelingsfinansiering gebruik word om die opwekkingskrisis om te keer. Dit sal beteken dat Suid-Afrika minder begin staatmaak op steenkool en meer op hernieubare energiebronne.

Parks sê hy stem saam met Eberhard se idee dat ʼn mengsel van finansiering gebruik word.

Pres. Cyril Ramaphosa het al sy steun vir Cosatu se voorstel gegee, mits private pensioengeld ook gebruik word.

Dié plan het reeds heftige teenkanting ontlok.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Grens ·

Hoop die werkers by daai pensioenfonds het ander voorsienning getref , hulle kan maar daai geldjies nou totsiens se.

Michael ·

Ek is bly my pensioen fonds word nie deur die anc beheer nie

Sophia ·

Moet nie té gerus wees nie, hulle wil al klaar van die privaat pensioene ook hê… Hulle wil ALLES NET Hê!!!

Johan Venter ·

Ek het die hierdie kommentaar onderaan Flip Buys se artikel van gister geplaas: Die volgende behoort deur die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies as ‘n misdaad teen die mensdom geklassifiseer te word:

Regerings wat deur die dryf na hul sosialistiese kommunistiese ideologie, of andersins, die bewoners van daardie land van enige van die volgende stroop/plunder:
1. Grond/Vaste eiendom
2. Pensioene
3. Private Gesondheidsorg
4. Geld, eiendom of enige verhandelbare dokumente in die bewaring of onder die beheer van ‘n Handelsbank, onder die beheer van Fondsbestuurders
5. Deur die Nasionalisering van die land se Reserwebank
6. Insgelyks behoort Breëbasis Swart/Wit Ekonomiese Bemagtiging of Swart/Wit Ekonomiese Bemagtiging en Regstellende Aksie as bykomende misdaad hieronder gelys te word

Johan Venter ·

Ja, en die eerste 5 hiervoor herinner my aan die Groot 5 in die wild wat vir hul liggaamsdele gestroop word, insgelyks het ons mense se finansiële bates nou al nét so die teiken in die ANC se visier geraak.

Jacobus ·

Dit is snaaks dat staatsbeheer van die meeste van die items wat genoem word vorm die ruggraat van die sg. Alinsky Leer as voorvereistes vir ‘n ‘goeie’ sosialistiese staat.
Ironies dat Obama, Clinton en haar dogter groot aanhangers van die beginsels is. Die belangrikke punt is dat jy jou eers in die top finansieĕle escelon moet vestig (oneerlik indien nodig) en dan word jy ‘n Sosialis wat kan afkyk na die massas. Sinies – glo nie!.

Asgat ·

Ek bedank dan eerder en laat my pension uitbetaal. Geen verhogings by my werk is gegee nie weens die regering … my huur, kos,my elektrisiteit , water en alles gaan op. Nou wil hulle my pension waarvoor ek my lewe lank al werk ook gebruik. Ek wil nie eens meer opstaan en werk toe gaan nie, want wat werk ek voor? Om alles vir die onbevoegde regering en Eskom te gee.

koos10 ·

Mnr. Parks, jy bly duidelik nie is SA nie. In hierdie land bedreig 7% steeds 93% van die mense nogsteeds na 30 jaar van apartheid.

Maar ek dink mos nou gister aand daaraan dat ons regering niks doen sonder ‘n agenda nie. Daar is met seksvoorligting begin op skole om die aandag van diegemors met die registrasie van graad 1 en 8 leerders af te trek.

Hoekom sal die regering, met COSATU se hulp nie die geleendheid gebruik om te hoop dat staatsdiens werkers in strepe gaan bedank, om hulle pensioen te beskerm, en dan so die getalle van die staatsdiens salaris rekening te verklein? Dis mos ‘n briljante plan, want dan gaan geen unie kwaad wees vir die regering dat mense afgelê gaan word nie.

gatgogga ·

Maar dan is daar weer meer werkloses!
Regering het seker nog nie vooruit gedink nie.

daniel ·

Al die mooipraatjies is nie oortuigend nie veral as die president se voorstel bedink word dat private pensioene ook gebruik moet word, wat vir my bietjie oordadig klink bv “vandag volop more als op “.
En hoe lank gaan dit duur voor die LANG vingers weer begin jeuk?.

Snowball ·

Waar, waar waar is die logika? Eskom is oorbeman. Hoekom word poste nie verminder om die ding optimaal te laat werk nie? Pensioene gaan net in dieselfde gat van wanbestuur verdwyn. So goed jy plak pleisters op ‘n skietwond.

Dries ·

Eskom sal aan die brand gesteek word indien hulle durf waag om mense se poste te skrap. Dis mos hoe dit werk hier.

Pieter ·

Hoekom gebruik hulle nie die Eskom werkers se pensioengeld nie, asook die kapitaal van Cyril Ramaphosa, Patrice Motsepe, Nicky Oppenheimer en Desmond Sacco? Hulle is seker die rykste mense in Suid Afrika. Die ANC kan nie eers ‘n rioolplaas bestuur nie.

Werner ·

Die hele land stort nou in duie en dit is nie die werkers by daai pensioenfonds nie dis almal se pensioen Grens dink jy hulle wit verniet art 25 oor die onteigeningswet verander

Jan ·

Hierdie ouens wil nie logika verstaan nie.
Die unies wil ten alle koste hul lidmaatskapgeld beskerm ten koste van pensioenarisse. Hulle is net bekommerd oor mense wat tot unies bydra. As jy op pensioen is is jy nie meer hulle worry nie.
Die feit dat die GEPF n gedefinieerde fonds is help net mooi niks as die geld verkwansel is nie. Dit bly n “besigheid” wat moet wins maak om sy lede (aandeelhouers) n dividend te kan lewer. Pensioenarisse kry vanjaar al reeds slegs n 3,6% verhoging agv swak beleggingsopbrengs. As die beleggingsportefule verklein word, word die opbrengs kleiner en die opbrengs vir die lede.
Transnet, Zimbabwe hier kom ons.

Ivan ·

Hoekom is Eskom in die eerste plek in die moeilikheid, wanbestuur, te veel personeel, skuld word nie ingevorder nie, diefstal, salarisse te hoog, en so kan die lys aan gaan ens.

Piet parys ·

Die probleem is die regering het reels en regulasies wat die pensioen fondse dwing om ten minste 70 % van jou pensioen in Rsa te bele . So hulle verander maar net die regulasie van die fondse en dwing dit af om geld in staats ondernemings te bele . SO EINDLIK HET HULLE DIE HEF IN DIE HAND

Dries ·

Die enigste ding wat ‘n mens nou so klein bietjie beter sal kan laat slaap, is as die ANC vir ‘n slag verantwoordelikheid vat vir die gemors waarin hulle die land gedompel het, en se hulle is JAMMER. Ek dink daar is nou al genoeg jammer gese oor apartheid, nou wil ons bietjie hoor die volgende regime is jammer vir hulle korrupsie en geldgierigheid en onbevoegtheid!

gatgogga ·

Netso.
En ek dink, net soos wat die ou Nasionale Party regering as die Apartheidsregering bekend staan, wat korrek is, moet ons die ANC regering die Korrupte regering noem by elke geteentheid. Wat korrek is.

Sophia ·

Die land het nog FLIPPEN BAIE ander opsies voordat hulle aan die pensioenfonds hoef te raak. Kry al die mense wat hulleself so verryk het, en begin sommer by Eskom self, om dit terug te betaal of die gevolge daarvan te dra! Verkoop alles wat hulle het, daar sal dan genoeg geld wees!!

Rudi ·

Stop alle konferensies en betaalde bywoning daarvan in die staatsdienste en staatsgesubsideerde instansies. Dit sal biljoene spaar oor drie jaar. Genoeg vir Eskom.
Die inligting van al die konferensies is beskikbaar op die internet.

Cherokee ·

Ek herhaal my vraag van 7 dae gelede. Pravin Gordhan ondersteun ook die misbruik van pensioenfondse. Nou wag ek vir die Pravin Gordhan-aanhangers se reaksie, maar stilte heers. Daar is van ons mede-kommentators wat die stroopsoetste komplimente aan hom uitgedeel het en selfs al baniere geswaai het vir hom as president. Elke keer het ek julle vertel hy is bloot net ‘n lid van die anc uit umkhonto we sizwe se jare. Afrikaanse komplimente vir Gordhan het opgedroog en ek het so skewe glimlag daaroor. Die kritici noem egter nie sy naam nie. Toe julle wat Gordhan op die hande gedra het, opinie asseblief.

SwartBees ·

Raak ontslae van al die top heavy dead weight in eskom en laat die plakkers kampe ook hul deel betaal soos die res van die krag gebruikers.

Anoniem ·

Asgat ek voel vanoggend soos jy om net te bedank sodat my pensioengeld kan uitbetaal.

Mieke ·

Hoekom moet ons die gelag betaal vir ‘n korrupte Eskom? Eskom skuld die samelewing’n verskoning en moet eers daadwerklik sy oortollige werkers afdank, sy korrupsie uitroei en uitstaande rekeninge laat vereffen, voordat dat hulle hulself aan ons pensioenfondse vergryp!

Wondermaarnet ·

Eskom hoef nie vir my jammer te sê nie. Dade spreek meer as woorde. Hulle moet eers bewys hulle kan korrupsie uitroei en van oortollige werkers ontslae raak. Begin sommer by Eskom Koeberg. Daar slaap dit ure aaneen of sit en eet ure aaneen of speel computer games en dan is hulle moeg gewerk.

Alet ·

Hoekom maak Eskom nie ook bietjie hulle huis aan die kant nie? Elke keer moet almal anders hulle uit die verknorsing help. Ek ken ‘n persoon wat by Lethabo kragstasie werk en daai man kry sakke vol geld elke maand salaris gewys. Eskom moet kyk na goed soos salaris strukture, produktiwiteit en dies meer en bietjie daar ook begin skoonmaak. Dis ‘n lekker bakhand mentaliteit wat hulle het.

Manie ·

Hoekom die Staatsdiens se pensioen lam lê!! Gebruik Eskom se pensioenfonds om kostes te delg!!!

Anel ·

Hoekom vat hulle nie die Lotto se geld nie? Ek is seker daar is baie geld. En dit is baie geld wat baie mense deponeer. Ek dibbel nie maar as ek kyk hoeveel mense weekliks daar betaal om te speel kan ek.my net indink hoeveel geld daar beskikbaar is. Net ‘n gedagte!

Leon ·

Die artikel he sopas vertel wat sal gebeur in Suid Afrika. Hulle SAL die pensioen vat. Hulle SAL nie ESKOM red nie. Die aandele beurs gaan platval en ons het ‘n burgeroorloog. Die burgeroorlog is voorspel. Dit gaan lelik wees.

magriet ·

So..wat maak ons mense nou..moet ons bedank en ons pensioene nou vat..of net aan ploeter tot daar dalk…niks oorbly nie..watter kant toe nou

Anoniem ·

Magriet, jy gaan na God toe en vra Hom vir duidelikheid en dat hierdie gruwel idee van die Regering nie sal plaasvind nie.

magriet ·

Danki Irma..maar my 6de sintuig se v my bedank en vat jou geld terwyl jy kan..als staan in hul doument van 1993..dat hul als gaan vat van ons mense..ons grond..ons taal en die goue pot nl ons pensioene vd soe’s. Hoeveel van ons mense sit nie al in wit plakkerskampe nie..daai mense het ook op n tyd n werk,n huis en medies gehad. Nou hoe nou?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.