Pensioentrekker kritiek ná padwoede-aanval

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 65-jarige man is Vrydag kritiek beseer nadat hy tydens ʼn vermeende padwoede-aanval met ʼn drinkglas aangerand is.

Kyle van Reenen, woordvoerder van Crisis Medical, het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 18:00 in Effingham, noord van Durban, plaasgevind.

“Dit is nie duidelik wat tot die voorval gelei het nie. Met paramedici se aankoms is die bebloede man in sy motor aangetref. Hy het oor die stuurwiel geleun met erge beserings aan sy gesig,” het Van Reenen gesê.

Die man is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling. Sy toestand was ernstig, maar stabiel. Die polisie het ondersoek ingestel by die toneel.

Van Reenen het gesê die man wat glo die pensioentrekker met die glas aangerand het, het na bewering van die toneel probeer vlug. Ooggetuies het egter die voorval gesien en leidrade aan die polisie verskaf. Dit is nog nie duidelik of die man opgespoor is nie.

Maroela Media het navraag by die polisie gedoen en wag vir terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Liewe lulu ·

Dalk moet woede beheer n verpligte vak op skool en universiteite word. Werkgewers moet personeel ook oo woede beheer kursusse stuur

mens ·

In vandag se TYD moet mens weet wat goed vir jou as VERSTANDIGE MENS is. DRINKPLEK AIKONA.

Peet J ·

“Vermeende padwoede” nonsens dit is aanranding met die doel om ernstig te beseer. Ek hoop die skuldige word gou vasgetrek en dat die beseerde persoon hom kan dagvaar vir pyn en lyding.

Pieter.v ·

Die aanrander moet sonder die keuse van n boete ten minste vyftien jaar tronk straf opgele word waar hy nie na drie of vier jaar op parool vry gelaat word nie.

Veritas ·

Die meerderheid gevalle van padwoede is die direkte oorsaak van mense wat nie kan bestuur nie en ook selfsugtig die pad as hulle privaat eiendom beskou. Sulke bestuurders veroorsaak frustrasie by sommige ander padverbruikers en dit is wat lei tot hierdie agressiewe optrede. Ek praat sulke aanvalle geensins goed nie maar ek simpatiseer wel met ‘n wetsgehoorsame padverbruiker wat só opgewerk word, deur ‘n swak bestuurder, dat hy sy emosies nie langer kan beheer nie. Veral onder jongmense kom sulke woedeuitbarstings meer voor en om dan ‘n bejaarde aan te rand, getuig van swak karakter.

Dee ·

Padwoede of gesuipte woede? Padwoede behoort nooit verder te gaan as toet-toet… hey, jy moet rond kyk!

CVS ·

Dee….jou kommentaar laat my Smile 10uit 10 vir vrolikheid….!!! Ditsem

Joann ·

Net gister jong dame gesien ry wat ???weeti of sy al ooit bestuur het nie. Maar toe sy uit kar klim kon ek verstaan wat fout is. Blonde pruik se hare hang in oe,skoene se hakke soos stelte en rok so kort as sy asem intrek sien mens panty.

Pieter.v ·

Ek glo nie dat dit wat sy aan gehad het die oorsaak daarvan is dat sy dalk swak bestuur het nie,jy is n goeie waarnemer van wat om jou aangaan.

lilla ·

Wie slaan n grootmens. Wa is die dae van respek het vir ouer mense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.