ʼn Pensioentrekker wat op die N3 in Pietermaritzburg geryloop het, is met ʼn skerp voorwerp gesteek en beroof.
Nick Dollman, woordvoerder vir Netcare 911, het gesê die voorval het omstreeks 12:00 Sondagmiddag plaasgevind.
“Dit het naby die Kerkstraatbrug plaasgevind. Die 64-jarige man beweer hy wou ʼn saamrygeleentheid kry toe hy deur ʼn onbekende aantal mans oorval is wat geld van hom geëis het. Hy het homself probeer verdedig, maar is oorrompel, gesteek en beroof,” het Dollman gesê.
Volgens Dollman is die man in die bors gesteek en in ʼn bedenklike toestand na ʼn nabygeleë hospitaal geneem waar ʼn chirurg reeds op hom gewag het.
Volgens Dollman was die polisie se honde-eenheid op die toneel.
Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, kon egter nie onmiddellik die voorval bevestig nie.
Suid Afrika het weer topplek in die lande wat die slegste is vir aftrede. Net Afghanistan is slegter vir bejaardes as Suid Afrika.
In Afghanistan kan jy bly wees as jy aftreeouderdom bereik.