Pensioentrekker verkrag meisies glo gereeld vir R50

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Pensioentrekker is in Limpopo in hegtenis geneem nadat hy glo twee tienermeisies herhaaldelik verkrag en elke keer R50 aangebied het om stil te bly daaroor.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê die 72-jarige man het na bewering in Julie sy twee slagoffers, onderskeidelik 14 en 15 jaar oud, in die Mokwakwaila-gebied buite Tzaneen begin verkrag.

“Hy het hulle elke keer na die plaaslike sportterrein in die Ga-Ramochinyani-nedersetting ontbied, waar hy hulle een vir een verkrag het. Daarna het hy vir elkeen R50 gegee en gewaarsku om niemand daarvan te vertel nie,” het Ngoepe gesê.

Volgens Ngoepe het die verdagte die meisies weekliks verkrag totdat hy in hegtenis geneem is. “Een van die meisies het haar ma van die langdurige nagmerrie vertel en die ma het die polisie ontbied. Die man is kort daarna in hegtenis geneem.”

Die man moet binnekort in die Bolobedu-landdroshof verskyn op aanklagte van verkragting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Gert ·

Gaan elke keer self terug en nou word “verkragting” geskree!!!! Hy wou sekere nie meer as R50 begin gee nie. SNERT!!!!

Tong innie kies ·

Gaan kyk wat gebeur by die Pensioen uitbetaalpunte.Wat het hulle in die eerste plek daar gesoek,of kry hulle reeds n kindertoelaag,nie vir hulself nie maar vir n kind wat hul reeds het?Hulle het heel waarskynlik n verhoging gevra,wat nie toegestaan is nie,nou is die ou madala in die moeilikheid!

Loeis ·

Is die klag VERKRAGTING of dit dit STATUTERE VERKRAGTING?

Hy het hulle ontbied, wat dit laat klink of hulle vrywillig gegaan het?/

Ruby ·

Ek wou eers sê langdurige nagmerrie se voet, hoekom dan elke keer terug gaan……….en toe sak ek my kop in skaamte.

Hierdie meisies is natuurlik baie arm en ‘n R50 in die hand is vir hulle hemels, dalk vir iets lekker om te eet of ‘n hempie.

Tong innie kies ·

Ruby.Ek praat dit nie goed nie maar nou het hulle hulself mos in die voet geskiet?

Sydney ·

Ek stem saam dat die sogenaamde slagoffes geen slag offers was nie maar medepligtig tot die daad. Hoekom het hulle dan elke keer terug gegaan? Soos een van die persone bo genoem het, wou seker meer geld gehad het vir die ou plesiertjie. Noudat die oubaas nie meer wou betaal nie word hy aan gekla van verkragting. Ek praat nie goed wat die ouman gedoen het nie, in my oe is hy skuldig finish en klaar. Dit bly nog steeds kinders wat minder jaarrig is….

Anoniem ·

As hulle onder 16 is, is dit statutêre verkragting. As hulle oor 16 is klink dit na beweerde prostitusie.

zoom zoom ·

Hierdie land van ons raak elke min net erger en erger. Het self nie raad oor wat gedoen moet word. Saam sal ons nooit kan saam staan

Tong innie kies ·

Die ou man se naam hoort in die Genius Book of Records,te oordeel aan sy ouderdom van 72 jaar? Ek stem.Dit klink meer na Prostitusie!

WW ·

Jammer, maar ek verstaan nie. Ja, desperaatheid dryf baie dinge en dade……en daar is baie redes wat ons kan gaan soek vir die meisies se optrede. En natuurlik vir die ou madala s’n ook. Maar hierdie klink regtig nie vir my soos verkragting nie. Miskien is een van die kommentators hier bo reg, en is die aanklag eerder “statutêre verkragting”. Hoe nou gemaak? Moet hy nou die meisies aankla van prostitusie? Wie se saak kry nou voorkeur?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.