Pensioenwet: ‘Wysigings meestal positief’

Argieffoto (Foto: Stevepb, Pixabay)

Argieffoto (Foto: Stevepb, Pixabay)

Francois Smit, uitvoerende hoof van Solidariteit Finansiële Dienste, het gesê die Wysigingswet op Belastingadministrasie, wat onlangs deur pres. Jacob Zuma onderteken is, is meestal positief.

“Die feit dat voorsorgfondse voortaan by aftrede dieselfde as pensioenfondse en uittreeannuïteite hanteer gaan word, is ʼn baie goeie verandering,” het Smit aan Maroela Media gesê.

Maroela Media het vroeër berig die vakbondfederasie Cosatu het Woensdag in ʼn verklaring teen president Jacob Zuma uitgevaar nadat hy die wysigingswet onderteken het.

“Vir Cosatu om bekommerd te wees oor ʼn meer omvattende maatskaplike stelsel is nie ʼn oplossing nie,” het Smit bygevoeg. “Suid-Afrikaners sukkel oor die algemeen om hul geld doeltreffend te bestuur, en eerder as om in opstand te kom teen positiewe veranderinge in die hantering van aftreegeld, behoort Cosatu seminare aan te bied wat hul lede skool hoe om met geld te werk.”

Smit het verduidelik die rondgaande syfer wat te doen het met hoeveel huishoudings spaar, is minder as 0.5% van die bruto binnelandse produk per jaar, wat een van die laagste spaarkoerse ter wêreld is. “Dit kan veroorsaak dat die mense wat in die ry kom staan vir staatstoelae ná aftrede, al hoe langer gaan word.”

Smit het dit benadruk dat daar nog geen definitiewe besluite van die tesourie rondom die bewaring van voordele geneem is wanneer ʼn persoon bedank en van werkgewer verander nie. “Dit is grootliks oor hierdie tweede been van die hervorming waaroor die meeste gerugte die ronde doen en waaroor onnodige spoke opgejaag word,” het hy verduidelik. “Só verandering in die wet, wat mense sal verplig om te bewaar, sal ook ʼn positiewe verwikkeling wees, op voorwaarde dat elke individu die keuse mag uitoefen waar hy/sy die fondse wil bewaar binne die goedgekeurde omgewing wat reeds daarvoor bestaan.”

Volgens Smit word mense wat op 1 Maart 2016 reeds 55 is, glad nie deur die veranderinge geraak wat op 1 Maart in werking tree nie, en is alle fondse wat tot en met 1 Maart 2016 in voorsorg fondse was, ook vir lede wat jonger as 55 jaar is, uitgesluit van die veranderinge wat in werking tree. “Daar is geen rede vir mense om hoegenaamd op hol te gaan en te dink dat hulle enige voordele gaan verloor met die wysigings nie.”

Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient Group, het aan Maroela Media gesê as hy noodgedwonge sy mening oor die nuwe wetsontwerp moes uitspreek, sal hy sê dit is ʼn goeie ding, omdat dit onverantwoordelike mense sal help om te spaar. Lees meer.

Lees gerus ook hierdie inligtingstuk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Johann ·

Kan een van die ekonome my asseblief help: hoe word annüiteite geraak? Hoeveel spaargeld mag jy hê vir jou annüiteit om ten volle uit te betaal? Ek verwelkom ook die wetgewing en is nie van die staat afhanklik nie. Ek wil egter my annüiteit se fondse by my belegging plaas vir meer sekuriteit. Ek is nog altyd baie gedissiplineerd met alles en wil graag verder spaar en my maandelikse inkomste aanpas.

Francois Smit ·

Johann, annuïteite word geraak in die sin dat die belasting aftrekbaarheid van annuïteite nou gekombineer gaan word met pensioen en voorsorg fondse. Waar die aftrekbaarheid voorheen 15% van jou nie-pensioendraende salaris was, gaan jy nou 27.5% kan aftrek van die hoogste van jou salaris of totale inkomste indien jy alternatiewe inkomste verdien wat jy kan bewys. Die 27.5% is egter geskoei op jou totale bydrae tot pensioen-, voorsorg- en uittree annuïteit fondse. Die 27.5% het egter ‘n plafon van R350 000 wat jy kan aftrek. By aftrede verander niks, jy kan soos voorheen jou annuïteit eers op ouderdom 55 kry en dan net 1/3 van die waarde in kontant kry, terwyl die oorblywende 2/3 vir jou ‘n maandelikse inkomste betaal.

Maddox ·

Ek sien ‘n heel ander prentjie met hierdie wetgewing nl. 1- Bring hierdie wette in, nou kan mense nie meer hulle geld onttrek nie. 2. Die volgende stap van die regering gaan wees om pensioene te nasionaliseer, m.a.w. hulle gaan jou geld gebruik na hartelus, en omdat die wet daar is wat keer dat jy jou geld kan onttrek is jy gesnoeker, en bye-bye vir jou pensioen geld. Hoekom sien niemand dit nie?

Dee ·

Omdat die ander weet waarvoor om te kyk en meer finansiële kennis het.

Tommie ·

Teen die tyd weet ons dat die ANC slinks is en nie vertrou kan word nie. Wetgewing word goedgekeur om te sien na die belange van die ANC!

Paul ·

Ai tog – gaan lees tog net wat het verander met hierdie wette. Mense kan steeds hul geld voor aftrede onttrek. Dit het nie verander nie. Hoeveel keer moet mens dit sê?

Ek sê nie jy moet die ANC vertrou nie (mens moet dit definitief nie doen nie!), maar dit help ook nie om feitelik verkeerd te wees oor wat hierdie spesifieke wetsverandering behels nie.

John ·

Jy is so reg,. Finansiele instellings gaan nie kla nie want nou is daar die moontlikheid dat daar baie meer geld gaan wees om mee rond te speel op die aandele markte en die toekomstige eienaars se hande is afgekap. As ‘n werker voor 55 sy werk verloor en sy salaris was klein gaan hy nou maandeliks ‘n nog kleiner inkomste he. ‘n Geldjie om ‘n eie onderneming op die been te bring, gaan taboe wees. Die feit dat die wet onderteken is voordat daar besluit is oor hoe en waar die geld bele gaan word, laat mense bekommerd en as van die regering se beste vennote self ook angstig is, en hulle ken hul vriende beter as ons ander, dan moet ons dalk ook onrustig wees. Mense spaar nie of min nie net omdat hulle vreeslik dommer as ekonome is nie, maar dikwels ook omdat hulle eenvoudig net maand na maand sukkel om kop bo water te hou. Lees maar net die opskrifte oor voedseltekorte en prysstygings, die wankelende rand ens. Ons het ‘n groot en groeiende bevolking. Die regeringsraadgewers flous hulself en hul base as hulle se die tou mense wat hulp nodig het gaan korter word. Ons buurlande klop ook al aan ons deur.

Mariaan ·

Tot laasweek is gepraat van Nuwe belastingwet op pensioene, en dis nou presies wat dit is. Tweede Pensioen, ekstra persoonlike belasting., groter las op die pensioenaris. Slim skuif om meer in die staatskas te he.

Gessie ·

Ooooo ja en daar gaan die mense se pensioen geld waarvoor hule so hard gewerk het in die ander se sakke sodat hule leker lewe en jy kripper , presies soos wat ons Spoorweg pensioenarisse vadag kripper met n 1000r n maand omdat ander ons hard gewerkte geld ook in hul sakke gesteek het e vadag moet baklei vir lee beloftes .

Johann ·

Baie dankie aan Francois Smit vir die omvattende verduideliking. Ek waardeer dit opreg.

Anet ·

Francois verstaan ek reg, die fondse van persone jonger as 55 sal dus nie geraak word nie maar wel persone wat van 1 maart 2016 aanstelling sou kry met n pensioen as voordeel? Dankie

Francois Smit ·

Anet, daar word tans onderskeid getref tussen ‘n pensioenfonds en ‘n voorsorg (provident) fonds by aftrede. ‘n Pensioenfonds kon jy by aftrede nog altyd net 1/3 in kontant neem en die oorblywende 2/3 het ‘n annuïteit aangekoop wat vir jou ‘n maandelikse inkomste betaal. Indien jy in ‘n voorsorg fonds was kon jy die hele voordeel in kontant neem. Die nuwe wet belyn nou die twee fondse in die sin dat jy uit die voorsorg fonds by aftrede ook net 1/3 in kontant mag neem. Die wet stipuleer egter dat al die geld in ‘n voorsorgfonds tot en met 1 Maart 2016 uitgesluit is, en by aftrede nog steeds die hele voordeel in kontant geneem mag word. Geld wat na 1 Maart 2016 in ‘n voorsorg fonds belê word is ingesluit in die nuwe reël, weereens met die uitsondering as die totale voordeel by aftrede onder R247 500 is, dan mag die hele voordeel ook geneem word. Indien jy op 1 Maart 2016 reeds 55 jaar oud is of net aan ‘n pensioenfonds behoort, raak die nuwe wetgewing jou by aftrede glad nie.

Francois Smit ·

Anet, daar word tans onderskeid getref tussen ‘n pensioen fonds en ‘n voorsorg(provident) fonds by aftrede. In ‘n pensioendfonds kon ‘n persoon nog altyd net 1/3 in kontant neem terwyl die oorblywende 2/3 ‘n annuiteit aankoop wat ‘n maandelikse inkomste betaal. In ‘n voorsorg fonds kan die hele voordeel in kontant geneem word.

Die nuwe wet belyn nou die twee fondse in die sin dat daar in ‘n voorsorg fonds nou ook net 1/3 in kontant geneem kan word by aftrede. Daar is egter uitsonderings. Die eerste is dat alle geld in ‘n voorsorg fonds tot en met 1 Maart 2016 nie geraak word nie, en nog steeds die hele voordeel in kontant kan neem by aftrede. Indien jy op 1 Maart 2016 reeds 55 jaar oud is, raak die veranderinge jou ook glad nie, en kan jy ook die hele voordeel in ‘n voorsorg fonds in kontant neem by aftrede. Indien jy op 1 Maart nog nie 55 jaar oud is nie, en in ‘n voorsorg fonds belê is, raak die veranderinge jou, weereens met die uitsondering dat die bedrag wat in die voorsorg fonds belê word na 1 Maart 2016, by aftrede meer moet wees as R247 500. Indien dit minder is kan daardie gedeelte van die voordeel ook nog steeds in kontant geneem word.

Indien jy net in ‘n pensioen fonds belê is, raak die veranderinge by aftrede jou glad nie, en is presies soos dit was voor die veranderinge in die wet.

Paul ·

As jy voor 1 Maart 1961 gebore is, word jy nie geraak nie.
As jy ná 1 Maart 1961 gebore is, en jy is ‘n lid van ‘n voorsorgfonds, word jou huidige spaargeld in die voorsorgfonds nie geraak nie. Dit wat jy in ‘n voorsorgfonds sit ná 29 Februarie 2016, word wel geraak, behalwe as jy teen aftrede minder as R247 500 ná 29 Februarie 2016 in die fond belê het (groei op die belegging ingesluit).

Die ander verandering wat vir almal geldend is, is dat jy waarskynlik meer van dit wat jy in aftreefondse belê, van jou belasbare inkomste gaan kan aftrek. Met ander woorde, meer geld in jou sak en minder wat die staat vat in belasting. So ‘n positiewe verandering. (Dis buiten as jy meer as sowat R1,27 miljoen belasbare inkomste per jaar het.)

Johan ·

Wat word van die 2/3 as ek afsterf? Wie kry dit, die staat of my kinders?

Paul ·

Johan, dit werk presies soos annuiteite nog altyd gewerk het. Daar is verskillende soorte annuiteite.
As jou annuiteit gespesifiseer is dat dit slegs tydens jou leeftyd uitbetaal, en jy kom byvoorbeeld ná een jaar tot sterwe, dan kry die finansiële instelling waar die annuiteit is, die geld. Nie die staat nie.
As jou annuiteit vir ‘n gespesifiseerde tydperk uitbetaal en jy gaan voor dit dood, dan kry wie ook al jy in jou testament spesifiseer, die res van die geld.

Dis nog nes voorheen – niks het verander daaraan nie.

carina ·

Goeie more
Ja nee hierdie nuus het almal op hete kole, maar goed ons het mense wat verduidelik.
So my vraag, as ek aan Provident fund behoort en ek bedank 1ste Maart gaan dit my afekteer op my gelde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.