Pensionaris dood in huis aangetref

polisie-huisroof-crime

(Argieffoto: SA Polisie)

Niemand is nog in hegtenis geneem vir die moord op ’n bejaarde man (79) wat vroeër vandeesweek dood in sy huis in Jeffreysbaai in die Oos-Kaap aangetref is nie.

Sers. Majola Nkohli, woordvoerder van die polisie, vertel ’n private sekerheidsmaatskappy het Dinsdagaand omstreeks 21:00 die polisie na ’n huis in Wavecrest ontbied waar die man se liggaam in ’n slaapkamer aangetref is. Volgens Nkohli was die man aan ’n stoel in die slaapkamer vasgebind. Die oorsaak van die man se dood is nie in die stadium bekend nie.

Die man het alleen gewoon.

’n Voorlopige ondersoek toon dat ’n familielid wat elders woon nie die man in die hande kon kry nie, waarna die familielid die sekerheidsmaatskappy gekontak het om ondersoek by die huis in te stel.

Met die sekerheidsbeamptes se aankoms was al die deure van die huis gesluit. Beamptes het toestemming verkry om die deure oop te breek, waarna hulle op die man se liggaam afgekom het.

Nkohli wou teen Donderdagoggend nie die man se identiteit bekend maak nie.

Die polisie ondersoek ’n saak van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
ella

kan net dink wie die mense aangehits het tot die sineloose daad… kom mos weg met alles.

Feite

RIV. Mense, sekuriteit wat nie misdaad ontmoedig en verhoed nie en net soos die SAPD reageer op misdaad, is nie sekuriteit nie. Dit is beter om geen sekuriteit te he en paraat en misdaadbewus te wees as om staat te maak op reaktiewe sekuriteit. Die misdaadsituasie in SA verg proaktiewe sekuriteit net soos wat die ANC kader korrupsie situasie, proaktiewe optredes van opposisiepartye vereis. Reaktiewe optredes in beide gevalle in SA is te min en te laat!

Veronica

My hart gaan uit na elke pensionaris wat in vandag se lewe alleen woon en alleen moet woon!

Michael P

Wanneer gaan die nonsens stop ek kry die idee dat die regering van hierdie land moord goed keur. Hoekom doen hulle dan niks daar aan nie. Is dit die tipe saamelewing wat hulle wil he.

Baardman

Hierdie regering van nou weet en doen niks vir SA.