Pensioenaris hoor sy lot ná hy by jagklub steel

Dick Hattingh voorheen in die hof. Foto: Lowvelder

Dick Johannes Hattingh (78), ʼn ou bekende in Laeveldse sakekringe, het Woensdag sy lot in die Nelspruit-streekshof aangehoor nadat hy vroeër skuldig bevind is aan duisende rande se diefstal.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, het gesê Hattingh het in 2015 by die Laeveld Jagtersvereniging gewerk, waartydens hy R527 000 gesteel het.

Hattingh is in 2016 skuldig bevind aan 12 aanklagte van diefstal en sy vonnisoplegging is vir Woensdag geskeduleer.

Hattingh se vonnis is met vyf jaar uitgestel op dié voorwaarde dat hy die geld aan die vereniging terugbetaal.

Hy moet vir die volgende vyf jaar elke maand R3 000 aan die vereniging terugbetaal of tronkstraf staar hom in die gesig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Stouteoups ·

R180000 afbetaal na R527000 gesteel
A nee a hy moet n oulike oom wees om so lig af te kom

Hennie ·

Dis onbegryplik dat iemand van sy kaliber soveel geld steel, hy het goed geweet wat hy doen. Indien hy ‘n gemaklike R3 000 per maand terugbetaal gaan dit hom 176 maande neem of 14 en ‘n half jaar (sonder rente!). Hy behoort ten minste R30 000 per maand te betaal of in die tronk gaan sit. As mens op sy ouderdom nog nie geleer het dat diefstal onwettig en oneerlik is nie, moet hy maar gaan kyk hoe lyk die tronk van binne af. Jammer Dick, jy is pateties!!

Johann ·

Ek skaam my morsdood vir jou part ou perd, betaal of sit is my raad aan jou

zoom zoom ·

Kan nie verstaan dat iemand met 800 + klagtes teen hom het nooit aangekla word nieaar amdet wotf sommer tjop tjop aangekla en gevonnis.

CHRISTA ·

Is dit dalk omdat hy die verkeerde ras is dat hy dit moet terugbetaal?

Cherokee ·

60 x 3000 = 180 000.
As dit werklik is wat hy gevonnis is, dan kom hy lig daarvan af.

Nemo ·

Ek weet van baie mense wat steel en ander gebooie van God verbreek. Die loon van die sonde is die dood. Hy het ‘n kans gekry om dinge reg te stel, wees bly daaroor en wys ‘n bietjie genade. Daar is baie mense wat nie die kans kry om reg te maak nie.

Jan Nel ·

Hierdie is ‘n geval van “crime does pay”.

As hy R527 000 by ‘n bank geleen het, sou R3 000,00 nie eens naby die rente per maand gedek het nie. Al wat dus gebeur het, is dat hierdie man ‘n baie goedkoop lening, onder markverwante rente, bekom het.

Piet Pompies ·

Hierdie soort misdaad word as minder ernstig gesien daarom is die straf sag. Dit wil voorkom of die Mercedes vervang gaan word met ‘n Uno….

Matmiet ·

Hy maak 347000 bokke wins. Diefstal wat betaal. How about that…

Deon ·

Dit is ‘n skande dat hy so lig daarvan afkom!! Ek dink hy moes sit soos enige skelm behoort te doen!!

HAT ·

“Pensionaris” (soos hier)=1. Regsgeleerde wat as raadsman vd Nederlandse regering opgetree het. 2. President vd Bataafse Republiek.
“Pensioenaris”=Pensioentrekker.
‘n Algemene fout wat gemaak word deur “Pensionaris” te gebruik.

Janie Monsieur ·

Dagsê HAT,

Dankie vir jou kommentaar. Welgedaan met jou skerp oog! Jammer vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Henk ·

Janee, jammer hy is so oud, mens kon hom forseer het om nog diens in te sit by die organisasie….05:00 opi baan wees, teikens opstel, doppies optel. Dis goed dat die artikel gepubliseer is. Mens betaal baie aan ledegeld, en mens spandeer baie om jou fasiliteite op standaard te hou.

Kobus Hattingh ·

Ai tog my omie, ons vat nie hierdie aardse dinge saam met ons nie en gaan verantwoording doen vir wat ons hier se en aanvang voor die Here.

Henk ·

Hy kan van geluk spreek. Hy het lig daarvan af gekom. Die Wet van Transvaal is steeds geldig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.