Pep-klant takel rower

(Argieffoto: pixabay)

ʼn Rower is Woensdagmiddag in die Pep Stores-winkel in Machadodorp, Mpumalanga, doodgeskiet toe een van die klante ʼn vuurwapen uitgepluk en op die rowers losgebrand het.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, sê drie verdagtes het net voor toemaaktyd – omstreeks 16:50 – dié gewilde kettingwinkel betree.

“Een het oorstokkies gekoop terwyl die ander twee die winkel verlaat het. Die een wat die oorstokkies gekoop het, het ook daarna die winkel verlaat,” vertel Hlathi.

“ʼn Kort rukkie later het al drie vermeende rowers weer die winkel binnegekom. Een van hulle het ’n vuurwapen uitgepluk en die personeel beveel om in die stoorkamer in te gaan. Daar het hulle die personeel beveel om op die grond te lê en gevra om met die bestuurder te praat.”

Die rowers het die bestuurder gevra waar die selfone gebêre word en hom beveel om hulle na sy kantoor te vergesel. Daar moes hy die selfoonkluis oopsluit en die rowers het sowat 10 selfone en ʼn onbekende bedrag kontant uit die kassies gevat. Daarna het hulle die bestuurder na die stoorkamer teruggeneem.

“Net toe die rowers die winkel wou verlaat, het ’n klant die winkel binnegekom. Een van die verdagtes het – sonder om ʼn woord te sê – op dié klant geskiet. Die klant het egter ’n vuurwapen uitgepluk en teruggeskiet en het in die proses die rower doodgeskiet.”

Die ander twee verdagtes het so vinnig as moontlik spore gemaak.

Die oorlede verdagte kon nog nie geïdentifiseer word nie omdat hy geen identifikasiedokument by hom gehad het nie.

“’Dit is vasgestel dat die vuurwapen waarmee hy geskiet het, Maandag digby Mbombela [Nelspruit] gesteel is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Adri ·

Ons moet meer sulke berigte hoor en dit wyd versprei. Vrees is al wat die misdadigers gaan ontmoedig.

LD ·

Laat dit nou vir die rower ñ les wees! En die twee wat weggekom het asook die wat in die toekoms beplan om te roof! Hoop hulle het so groot geskrik dat hulle dit nooit weer oorweeg om te roof nie! 10/10 vir die kliënt! Baie bly hyt dit oorleef! Hoop net nie hy word nou aangekla van moord nie….!!

Hennie J ·

Terwyl hoedman se onderdane na hulle seevakansie ontspan en brandstofkaarte gebruik ter aanvulling van hulle stipend moet ons landsburgers wat, glo dit as U wil, betaal vir hulle beskerming, op ons eie aanploeter. Tot tyd en wyl daar nie van die korrupte, lui,onbevoegde,ongemotiveerde polisie beamptes daadwerklik ontslae geraak word nie en die wat oorbly n behoorlke salaris betaal word nie, is hierdie Pep voorval ons voorland.

Jakes ·

Is daar enige statistiek bekend oor hoeveel Pep Store winkels in n maand beroof word? My vrou was al 2 keer in n Pep Stores winkel toe rowers presies dieselfde modis operandi gebruik het.

LD ·

Ag nee! Ek hoop sy het ongedeerd van elkeen van hulle af weg gestap! Ek is mal oor Pep stores, en gaan graag na hulle toe, (ons het seker 7 Pep stores in ons klein dorpie) maar ek raak al banger om na een toe te gaan as dit so aangaan!

LD ·

Hulle het baie oulike goedjies vir bekostigbare pryse….. Net soos dit in Pep kan gebeur kan dit seker by Pick en Pay of Checkers ook gebeur. Mens is maar net nêrens meer veilig nie!

Charl ·

LD, as daardie persoon aangekla word vir moord sal dit net nóg ‘n bewys wees van hoe die “regstelsel” die onskuldige wat sy eie lewe verdedig, faal. Volgens die vuurwapenwet mág jy die vorm van geweld gemik op jou óf die persone om of by jou met dieselfde beantwoord. Jy mag nou net nie ‘n ou wat jou ‘n klap gee wil skiet nie ????

LD ·

Hang ook seker af WIE die kliënt is wat homself verdedig het….. Reëls en sekere wette tel mos net vir sommiges!

pompies ·

Ek stel voor van julle gaan lees die wet oor wat moet gebeur as iemand geskiet word maak nie saal of dit n rower of nie is nie. Die saak moet ondersoek word en die verslag moet ingedien word, die vervolgings raad sal dan besluit of daar vervolg moet word of nie. As die verslag dan bewys dat dit self beskerming was vervolg hulle nie. Lees asb van die goed voor julle gal braak op sosiale media.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.