Peperduur breëbandkontrak met Tshwane-metro ter syde gestel

sosiale-media-gebruiker-facebook-internet.jpg

Argieffoto.

Die hooggeregshof in Pretoria het ʼn multimiljoenrand-kontrak tussen die Stad Tshwane en ʼn breëbandverskaffer ter syde gestel.

Tshwane het die hof gevra om die kontrak ongeldig te verklaar en het aangevoer die voormalige ANC-geleide administrasie het dit in 2016 onwettig aangegaan.

Die stad het die hofbeslissing as ʼn “dawerende oorwinning” bestempel.

“Die vraag moet gevra word waarom die kontrak aangegaan is, ten spyte van heelwat kommer wat Gauteng en die nasionale tesourie uitgespreek het oor die foutiewe verkrygingsproses wat die stad (destyds) gevolg het,” het die metroraad Dinsdag in ʼn verklaring gesê.

Die stad moes nadat die kontrak aangegaan is onder meer ʼn jaarlikse aanvangsbedrag van R278 miljoen betaal.

“Die stad bloei uiteindelik nie meer geld vir ʼn gewetenlose ooreenkoms wat Tshwane se inwoners nie bevoordeel het nie.

“Die stad kan voortaan geld regverdig en billik toewys volgens die inwoners se dringendste diensleweringsvereistes,” lui die verklaring.

Die kontrak, wat 18 jaar lank sou duur, sou die stad volgens ʼn berekening van die ouditeur-generaal (OG) uiteindelik nagenoeg R2,7 miljard uit die sak gejaag het.

Dit was dié bevinding van die OG wat die DA-administrasie laat besluit het om die kontrak te laat hersien.

Die ooreenkoms het behels dat die kontrakteur ʼn breëbandnetwerk in die hoofstad sou bou, wat later in ʼn kommersiële entiteit omgesit sou word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

D B ·

Wat ‘n grap. Dis slegs gedoen om die ANC stil te maak.

Snaaks, maar daar’s geld om te mors op 18% salarisverhogings…die stad bloei maar nogsteeds…

Hans ·

Is van mening dat die “diens” nie funksie is wat op munisipale vlak tuishoort nie.

Sarel ·

Kom terug na dat daar nog nooit reen amptenare van Munisipaliteite opgetree was nie. Hoekom nou?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.