Peperduur hoenderplaas, maar nie veel eiers

Die Virginia Mega-pluimveeprojek in die Vrystaat. Daar gaan glo nie veel aan nie. (Foto: DA)

Die Virginia Mega-pluimveeprojek, ʼn bemagtigingsprojek in die Vrystaat wat teen ʼn koste van R52 miljoen opgerig is, bly ʼn reuseteleurstelling vir die 17 jong mense wat veronderstel is om daarby te baat. Altesaam 14 van die begunstigdes is vroue.

“Terwyl die einde van Vrouemaand nader kom, is dit duidelik die bemagtiging van vroue of enige ander begunstigdes was nog nooit die prioriteit met beleggings van staatsgeld in landbouprojekte in die Vrystaat nie,” het Roy Jankielsohn, DA-leier in die Vrystaat gesê.

Bouwerk aan die Virginia Mega-pluimveeprojek is in 2015 begin en moes teen 2017 ten volle operasioneel gewees het. Die regering het in die 2014-’15-boekjaar R30 miljoen in die projek belê, in die 2015-’16-boekjaar R9 miljoen en in die 2016-’17-boekjaar ʼn verdere R13 miljoen. Die vyf hoenderhokke moes eindelik vir 40 000 hoenders voorsiening maak.

In 2018, tydens ʼn oorsigbesoek van die Nasionale Raad van Provinsies (NRP), het die probleme by die bemagtigingsprojek reeds kop uitgesteek. Talle kuikens het bly vrek, daar was nie ʼn gevestigde kliëntebasis nie en ʼn gebrek aan ontsmettingstorte het die waarde van die produk verminder.

Roy Jankielsohn, DA-leier in die Vrystaat, tydens ‘n besoek aan die Virginia Mega-pluimveeprojek. (Foto: DA)

“In hierdie stadium is daar weinig sigbare bedrywigheid by die projek wat veronderstel was om mense van Virginia en Meloding, in die Matjabeng-munisipaliteit, te bevoordeel,” het Jankielsohn gesê. “Die projek is net nóg ʼn voorbeeld van hoe groot bedrae geld op infrastruktuur bestee word wat dan later nie behoorlik gebruik word nie en eindelik heeltemal oorbodig word.”

Hy sê terwyl belastingbetalers aanhou hoes vir die finansiering van dié projekte, is die gebrek aan ondersteuning wat betref bestuursvaardighede, toegang tot markte en kundigheid die waarborg dat die projekte gaan misluk.

Die regering se belegging in hierdie projekte het ook nog nie vir enige sigbare transformasie in die landboubedryf gesorg nie en dit lyk of net ʼn paar maatskappye betrokke by die bou en ontwikkeling van infrastruktuur daarby gebaat het.

Volgens Jankielsohn is dié projek net nóg ʼn voorbeeld van hoe die verkeerde ideologiese formule van staatsbeheer en kollektivisme transformasiepogings in die landbousektor in die wiele ry en die begunstigdes se hoop op ʼn beter lewe verwoes.

(Foto: DA)

“Dit bly te maklik vir ANC-politici en amptenare in ANC-geleide regerings om aan te hou om geld wat nie aan hulle behoort nie weg te smyt op mislukte maatskaplike en ekonomiese ingenieurs-eksperimente ten koste van plaaslike ekonomieë,” het hy gesê.

Hy sê ook die gebrek aan politieke wil om dié mense aanspreeklik te hou of om ouderwetse maniere vir ekonomiese ontwikkeling aan te pas, sluk die geld vir ander inisiatiewe in. Dié projekte benodig vennootskappe met die private sektor om die oordrag van ervaring, bestuursvaardighede en toegang tot markte moontlik te maak. Plaaslike gemeenskappe moet bevoordeel word, werkskepping moet plaasvind en die projekte moet eindelik op die langtermyn onafhanklik en volhoubaar word.

Die regering beskik egter nie oor enige van die vaardighede wat nodig is om ʼn projek van dié omvang te bestuur nie, het Jankielsohn gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Oujongvrou ·

Verkoop dit sonder verwyl aan agriforum en kyk binne n jaar hoe gaan die plek vooruit

Scalla ·

Hoekom nog verkoop ouvrou, gee dit ook verniet aan mense wat wil en kan!!!

marius ·

Die mense kan nie eers ‘n sywurm boerdery in ‘n skoen boks bestuur nie .

JohanR ·

Die ANC hoender het nie ‘n eier gele, maar die ANC hoender is weg met die geld!

Scalla ·

Een van vele mislukkings, hul is geldhonger, nie grondhonger.

Adam Adriaan ·

Die ANC kan nie eers ‘n party in ‘n brouery organiseer nie.

Mariana ·

Hoeveel mislukkings nog voor hulle besef daar is kennis en ‘n groot Wil nodig om so projek aan te pak en te bestuur.

4ntj13 ·

Ek wonder wat is als in daai geboue, of dit dalk net omvorm kan word as tronk vir die betrokke oneerlikes.

Zacahara ·

Die blinde wat die blinde lei (dalk ly?), dan wonder hulle waarom hulle in ‘n put inneuk….!!!! Wat kan mens meer sê?

Alet ·

Nou vra ek…Hoeveel huise kon vir die armes gebou word vir 52 miljoen rand? Hoeveel armes kon gevoed word ….hoeveel armes kon uit hul ellende gehelp word..Die ligte is aan maar niemand is by die huis nie. Skokkend !

Marius ·

Viva my sisters and brothers viva kan nie eers n $$$ up reel in n SAB NIE

Mallie ·

Die blankes / witmense moet seker nou weer in spring en help. Dis so belaglik,

Yvonne ·

Sjo nog n swart kol teen die regering se naam…en daar is nog

agnes ·

Wat hulle ook al doen sal nie slaag nie, Hulle kan nie ook al wil hulle dit nie verstaan nie.

Elize ·

Al wat daar aangaan is dat elke kapokhaantjie op sy eie ashoop staan en kraai

Miskruier ·

Nie almal kry van God die vermoëns om te boer nie! Elke stukkie vleis wat my plaas verlaat is voor gebid. Bid vir reën, bid dat ek die regte besluite maak. Alle voedsel is n geskenk van God en ons net sy voormanne/vroue.

Sêmaarnet ·

Dink nou net wat gaan word van die voorspoedige plase wat afgevat word sonder vergoeding.

Racheltjie Debeer ·

Ek ruik ‘n groot rot. R52,iljoen vir 5 hoenderhokke???

Pappa Beer ·

Watse bohaai nou? Dis mos maklik, jy vat n plaas sonder vergoeding, jaag vir “van riebeeck en sy kolonialistiese blankes” af, en dan gaan die rande mos in stroom van self. Wie het nou al OOIT gedink jy moet WERK op n plaas. Nee wat, werk is vir die hoenders man! Daai hoenders en eiers stap mos self aan na kfc en checkers toe en trek die verpakking sommer ook oppad aan.

Kokerboom ·

Ace ek ruik ‘n rot. Tenderpreneurs/politici/ BMW/ Mercedes Benz 26, belastingbetalers 0

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.