Peperduur horlosies in pandjieswinkel glo gesteel

Die polisie het na ‘n wenk op die pandjieswinkel toegeslaan. (Foto ter illustrasie: Unsplash)

Die polisie in die Wes-Kaap het beslag gelê op vermoedelik gesteelde luukse items van miljoene rande nadat hulle Maandag ʼn wenk daaroor ontvang het.

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, sê beamptes verbonde aan die Maitland-blitspatrollie het gister aanvanklik inligting oor ʼn vermoedelik gesteelde horlosie by die pandjieswinkel opgevolg.

“Die beamptes het die horlosie in die winkel geïdentifiseer en ʼn deursoeking van die perseel het nog 51 duur horlosies opgelewer. ʼn Verdere soektog het tot die ontdekking van wat vermoedelik ongeslypte diamante is gelei, asook verskillende kleure edelstene,” sê Van Wyk.

Daar is eindelik op 544 edelstene beslag gelê.

“Die waarde van die items waarop beslag gelê is, is na raming sowat R8 miljoen.

“ʼn 45-jarige verdagte is op aanklag van die besit van gesteelde eiendom in hegtenis geneem en word by die Kaapstad-polisiestasie aangehou,” sê Van Wyk.

Hy sal na verwagting Woensdag in die landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Gert ·

En so leer die skelm pandjieswinkel eienaars nou hulle lessies die eerlike ouens sal die looters wegwys

Elize ·

En yskaste, matrasse, TV’s, banke , klere en wat nog alles. Hulle kook sop van dit

Antz ·

O ja, en nog ‘n ding… EK is die trotse eienaar van ‘n Pandjieswinkel, wat ek glo van die eerstes was, wat 3 groot advertensies in my winkel het, waarna mense “looted goods & skuldiges” kan aanmeld, sonder om hulself bekend te maak, via die SAPS hulplyn of SAPS app! So Gert, ek hoop jy het ook daai advertensie orals opgeplak! Wees versigtig om “pandjieswinkel eienaars” as skelms uit te maak! Jy het geen idee waarmee ons daagliks moet sit, en dat baie van ons sukkel om dinge aan die kook te hou! Miskien dink jy dis net maanskyn en rose, bloot omdat jy geen idee van die besigheid het nie!

Surfer ·

Stem saam, maar ek besit nie eers n pandtjies winkel nie. Sterkte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.