Die komitee oor paaie en vervoer in die Gautengse wetgewer stel ondersoek in na klagtes deur motoriste dat die dubbeldekker-gedeelte van die M1-hoofweg in Johannesburg steeds tydens swaar reën oorstroom – ten spyte daarvan dat miljoene rande bestee is aan opgraderingswerk.
Die komitee sê werk is gedoen om die bestaande dreineringstelsel op te gradeer, maar dit lyk nou of dit ʼn mors van staatsgeld was.
Die twee jaar lange opgraderingswerk het nagenoeg R169 miljoen gekos en moes die dreineringstelsel aansienlik verbeter.
Nadat swaar reën verlede Maandag oor die stad uitgesak het, was die pad egter weer onder water.
“Die komitee neem kennis dat dit nie die eerste rehabiliteringswerk is wat gedoen is om dieselfde probleem op te los nie. In Januarie 2016 is R82 miljoen spandeer toe groot opeenhopings op dieselfde gedeelte van die hoofweg weens kitsoorstromings ondervind is.
Die komitee sê Gauteng se reënseisoen lê voor en talle motoriste gebruik die pad elke dag.
Hy gaan nou die Johannesburgse padagentskap vra om ondersoek in te stel na die werk wat gedoen is, het Dumisani Dakile, komiteevoorsitter, gesê.
Die agentskap moet dan ʼn uiteensetting gee van die geld wat aan die projek bestee is, moet ʼn verslag voorlê oor die afhandeling daarvan en ook die weg vorentoe uitstippel. Indien nodig, moet ʼn ondersoek na die werk ook gelas word.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
18 Kommentare
Mooi Khato civils.BBBEE mooi man.
The repair to all concrete works, including structural and maintenance works
Maintenance refurbishment of all bridge bearings
Removal and replacement of Parapet rails with pre-cast concrete elements
The reinstatement and upgrading of the existing storm water drainage system HA HA
Reinstatement and upgrading of the storm water inlet system.
Replacement of the Asphalt works
Replacement of all Bridge joints.
Het Patricia de Lille ietsie daar meer te maak? Klink soos ‘n Patricia de Lille ding.
net nog TENDER BEDROG
mag elke skuldige aan die pen ry!
Weier om wit kundiges aan te stel! Stel liewer hul “buddies” aan wat waarskynlik net graad 8 geslaag het! En die belastingbetaler moet aanhou opdok! So word daar voort geploeter.
Useless. Wat meer is daar te se?