Peperduur opgraderingswerk aan dubbeldekker-hoofweg misluk

(Foto: Sihle Zulu/Twitter)

Die komitee oor paaie en vervoer in die Gautengse wetgewer stel ondersoek in na klagtes deur motoriste dat die dubbeldekker-gedeelte van die M1-hoofweg in Johannesburg steeds tydens swaar reën oorstroom – ten spyte daarvan dat miljoene rande bestee is aan opgraderingswerk.

Die komitee sê werk is gedoen om die bestaande dreineringstelsel op te gradeer, maar dit lyk nou of dit ʼn mors van staatsgeld was.

Die twee jaar lange opgraderingswerk het nagenoeg R169 miljoen gekos en moes die dreineringstelsel aansienlik verbeter.

Nadat swaar reën verlede Maandag oor die stad uitgesak het, was die pad egter weer onder water.

“Die komitee neem kennis dat dit nie die eerste rehabiliteringswerk is wat gedoen is om dieselfde probleem op te los nie. In Januarie 2016 is R82 miljoen spandeer toe groot opeenhopings op dieselfde gedeelte van die hoofweg weens kitsoorstromings ondervind is.

Die komitee sê Gauteng se reënseisoen lê voor en talle motoriste gebruik die pad elke dag.

Hy gaan nou die Johannesburgse padagentskap vra om ondersoek in te stel na die werk wat gedoen is, het Dumisani Dakile, komiteevoorsitter, gesê.

Die agentskap moet dan ʼn uiteensetting gee van die geld wat aan die projek bestee is, moet ʼn verslag voorlê oor die afhandeling daarvan en ook die weg vorentoe uitstippel. Indien nodig, moet ʼn ondersoek na die werk ook gelas word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Aai ·

Mooi Khato civils.BBBEE mooi man.

The repair to all concrete works, including structural and maintenance works
Maintenance refurbishment of all bridge bearings
Removal and replacement of Parapet rails with pre-cast concrete elements
The reinstatement and upgrading of the existing storm water drainage system HA HA
Reinstatement and upgrading of the storm water inlet system.
Replacement of the Asphalt works
Replacement of all Bridge joints.

JohanR ·

Het Patricia de Lille ietsie daar meer te maak? Klink soos ‘n Patricia de Lille ding.

Aai ·

Jy sal nie glo wie was burgermeester daai tyd.Herman Mashaba weet nie hoe kon dit so verkeerd gegaan het onder sy toesig.

JM ·

Weier om wit kundiges aan te stel! Stel liewer hul “buddies” aan wat waarskynlik net graad 8 geslaag het! En die belastingbetaler moet aanhou opdok! So word daar voort geploeter.

Kokerboom ·

Dit hou net nie op!!!!ELKE projek wat die anc aan raak is deurspek met bedrog. Dit kan mos nie so aangaan?!!!

Snowball ·

Bring 30%ers, korrupsie en tendreperneurs bymekaar en siedaar, ‘n kataklismiese katastrofe; so sneuwel alles in hierdie land.

Danny ·

Staatsgeld? ONS geld. En natuurlik was dit letterlik in die drein afgespoel – hier is geen kwaliteit of waardes meer in SA onder die tenders wat regering aanstel nie – so wat ‘n ‘skok’.

PieterP ·

Dit was dan kastig eers oor pilare wat verswak het en ryoppervlak wat gesak het. Toe kom die dreinering by. Well done comrades you are seriously good for nothing and nothing good comes from your attempts. En dit is hoekom ek nie belasting wil betaal nie

johanf ·

Wonder wie was die Raadgewende Ingenieurs en Stadsbeplanners…….

Wakkerslaper ·

BEE en transformasie op sy beste… ek is net mooi SIEK EN SAT vir sub-standaard Afrika….

Jakes ·

Kon geraai het dat dit sou gebeur. Maar BBBEE is mos hier om te bly. Sirkus se moses.

Scalla ·

Moes die dreineringstelsel nie net skoon gemaak word nie, dit het dan jare tevore nog altyd gewerk, mens noem dit onderhoud en instandhouding.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.