Peperduur staatsprojek in Vrystaat bevraagteken

DA-lede David van Vuuren, Berry Hlatshwayo en Roy Jankielsohn tydens die oorsigbesoek aan Wilhelmina. Nagenoeg R48 miljoen is in die projek belê. (Foto: DA)

Net nóg ʼn leë belofte van ʼn beter lewe.

Só het die Vrystaatse DA-leier, Roy Jankielsohn, ʼn staatsplaas van 343 ha in die provinsie beskryf wat in 2009 teen ʼn koste van R5,6 miljoen vir 13 begunstigdes en hul gesinne gekoop is.

Die agri-dorpie by Wilhelmina, naby Ficksburg, is destyds deur die oudpremier Ace Magashule voorgehou as ʼn belangrike deel van die provinsie se diensleweringsprogram, Operasie Hlasela.

Sedert 2009 is ʼn bykomende R26,61 miljoen deur die nasionale regering in die eiendom belê, terwyl die provinsiale regering ʼn bykomende R16,194 miljoen daarin gepomp het. Dit bring die totale koste van die projek op R48,04 miljoen te staan, het Jankielsohn gesê.

Tussen 2010 en verlede jaar het dié peperduur projek ʼn inkomste van net minder as R2,5 miljoen gegenereer.

“Die plaas, wat aan die regering behoort, het 35,8 ha peer‑ en 8,5 ha kersieboorde. Later is 25 suiwelbeeste, ʼn appelboord en groenteproduksie ook bygevoeg,” het Jankielsohn gesê.

“Die plaas het ʼn vrugteverwerkingsaanleg wat die verkoop van gedroogte en gebottelde vrugte moet fasiliteer. Die kersie- en perskeproduksie verseker ʼn inkomste van R5 000 per maand per begunstigde vir vyf maande van die jaar. Vir die res van die jaar moet hulle spaarsaam leef.”

Jankielsohn, David van Vuuren, ʼn DA-lid van die Vrystaatse wetgewer, en Thabo Mofutsanyana-raadslid Berry Hlatshwayo het die plaas as deel van ʼn oorsigbesoek geïnspekteer.

So lyk Dityatalawa se melkery. Sowat R150 miljoen is in dié projek belê. (Foto: DA)

Die DA het vroeër vanjaar ook die Dityatalawa-agri-dorpie besoek. Dáár is ʼn bouvallige suiwelboerdery aangetref, terwyl die appelboord in puin gelê het. Vir die 50 begunstigdes was daar nie veel om te doen nie. Sowat R150 miljoen is in dié projek belê.

Jankielsohn het gesê by die Wilhelmina-projek is daar minstens gemengde welslae behaal.

“Dit is duidelik dat die groot beleggings wat die regering in Dityatalawa én Wilhelmina gemaak het, nie ʼn volhoubare inkomste, óf die langtermynvooruitsig op ʼn beter lewe vir begunstigdes kon verseker nie.

“Die regering hou aan om grondhervormingsbeleid te volg waar groot bedrae geld op mislukte koöperasies bestee word. Hulle volg ʼn kommunistiese formule wat nie onder Suid-Afrikaanse omstandighede volhoubaar is nie.”

Jankielsohn sê die regering moet ʼn beleid in werking stel wat op die private besit van familieplase gegrond word. Begunstigdes moet reeds boerdery-bestuurservaring hê en goed toegerus word met behoorlike vaardighede en opleiding.

‘n Leë waterkip in ‘n beeskamp by Dityatalawa. (Foto: DA)

Die DA sê hy gaan voort om soortgelyke projekte in die provinsie te besoek om te wys hoe miljoene rande van belastingbetalers se geld gebruik word om verdere afhanklikheid te kweek, met min hoop op enige volhoubaarheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

39 Kommentare

jongste oudste gewildste
Boer

Ek moes elke sent wat ek kon kry spaar om my na 30 jaar instaat te stel om n stukkie grond te koop en n stoet boerdery te begin. Nie n enkele sent van die regering gekry nie, kon nie eens n lening by die Landbank kry nie. Nou dat die stoet gaan begin n inkomste genereer praat hulle van onteiening ens. Moes ook alles self leer deur middel van selfstudie en “trial and error”, niemand vir kostes ingestaan nie.

Marius

Boer dit is hoekom jy suksesvol is want jy het hard gewerk vir wat jy vandag het.Dus omdat die ander net kry dat hulle maak soos hulle wil.(Sterkte daar mag die Here jou seen en voorspoed met jou sukses)

Patch

En dis presies wat met al die plase gaan gebeur wat deur die regering aan die sogenaamde “farmers” gegee gaan word. En dit met ons belastingbetalers se geld….. Nog ‘n voorbeeld is die Sapekoe Tea Estate in Magoebaskloof wat eens ‘n spog tee plaas met uitstekende restaurant was tot dit aan die “people of the land” gegee is. Ek het goeie herinneringe van Sapekoe en my hart krimp ineen as ek daar verby ry en sien dat onkruid die tee plante totaal oorgeneem het. Die “goewerment” is stadig maar seker besig om alles so saam die “people of the land”… Lees meer »

DR

Dis n lekbak nie n lee waterkrip nie.

Spook op thaba

Ek boer op n erfplaas. En ek werk hard. Kon ook nie lenings kry. My vrou moes noodgedwonge weer gaan skoolhou. Maar ons het die wa deur die drif getrek en pluk nou die vrugte van harde werk en opofferings