Peperduur staatsprojek in Vrystaat bevraagteken

DA-lede David van Vuuren, Berry Hlatshwayo en Roy Jankielsohn tydens die oorsigbesoek aan Wilhelmina. Nagenoeg R48 miljoen is in die projek belê. (Foto: DA)

Net nóg ʼn leë belofte van ʼn beter lewe.

Só het die Vrystaatse DA-leier, Roy Jankielsohn, ʼn staatsplaas van 343 ha in die provinsie beskryf wat in 2009 teen ʼn koste van R5,6 miljoen vir 13 begunstigdes en hul gesinne gekoop is.

Die agri-dorpie by Wilhelmina, naby Ficksburg, is destyds deur die oudpremier Ace Magashule voorgehou as ʼn belangrike deel van die provinsie se diensleweringsprogram, Operasie Hlasela.

Sedert 2009 is ʼn bykomende R26,61 miljoen deur die nasionale regering in die eiendom belê, terwyl die provinsiale regering ʼn bykomende R16,194 miljoen daarin gepomp het. Dit bring die totale koste van die projek op R48,04 miljoen te staan, het Jankielsohn gesê.

Tussen 2010 en verlede jaar het dié peperduur projek ʼn inkomste van net minder as R2,5 miljoen gegenereer.

“Die plaas, wat aan die regering behoort, het 35,8 ha peer‑ en 8,5 ha kersieboorde. Later is 25 suiwelbeeste, ʼn appelboord en groenteproduksie ook bygevoeg,” het Jankielsohn gesê.

“Die plaas het ʼn vrugteverwerkingsaanleg wat die verkoop van gedroogte en gebottelde vrugte moet fasiliteer. Die kersie- en perskeproduksie verseker ʼn inkomste van R5 000 per maand per begunstigde vir vyf maande van die jaar. Vir die res van die jaar moet hulle spaarsaam leef.”

Jankielsohn, David van Vuuren, ʼn DA-lid van die Vrystaatse wetgewer, en Thabo Mofutsanyana-raadslid Berry Hlatshwayo het die plaas as deel van ʼn oorsigbesoek geïnspekteer.

So lyk Dityatalawa se melkery. Sowat R150 miljoen is in dié projek belê. (Foto: DA)

Die DA het vroeër vanjaar ook die Dityatalawa-agri-dorpie besoek. Dáár is ʼn bouvallige suiwelboerdery aangetref, terwyl die appelboord in puin gelê het. Vir die 50 begunstigdes was daar nie veel om te doen nie. Sowat R150 miljoen is in dié projek belê.

Jankielsohn het gesê by die Wilhelmina-projek is daar minstens gemengde welslae behaal.

“Dit is duidelik dat die groot beleggings wat die regering in Dityatalawa én Wilhelmina gemaak het, nie ʼn volhoubare inkomste, óf die langtermynvooruitsig op ʼn beter lewe vir begunstigdes kon verseker nie.

“Die regering hou aan om grondhervormingsbeleid te volg waar groot bedrae geld op mislukte koöperasies bestee word. Hulle volg ʼn kommunistiese formule wat nie onder Suid-Afrikaanse omstandighede volhoubaar is nie.”

Jankielsohn sê die regering moet ʼn beleid in werking stel wat op die private besit van familieplase gegrond word. Begunstigdes moet reeds boerdery-bestuurservaring hê en goed toegerus word met behoorlike vaardighede en opleiding.

‘n Leë waterkip in ‘n beeskamp by Dityatalawa. (Foto: DA)

Die DA sê hy gaan voort om soortgelyke projekte in die provinsie te besoek om te wys hoe miljoene rande van belastingbetalers se geld gebruik word om verdere afhanklikheid te kweek, met min hoop op enige volhoubaarheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Boer ·

Ek moes elke sent wat ek kon kry spaar om my na 30 jaar instaat te stel om n stukkie grond te koop en n stoet boerdery te begin. Nie n enkele sent van die regering gekry nie, kon nie eens n lening by die Landbank kry nie. Nou dat die stoet gaan begin n inkomste genereer praat hulle van onteiening ens. Moes ook alles self leer deur middel van selfstudie en “trial and error”, niemand vir kostes ingestaan nie.

Hennie ·

Diz die verskil. Jou boerdery werk, al is dit soms ondraaglik moeilik, masr hulle wat net kry, val plat!

Gert ·

Dink net, as hulle die R150 miljoen belegging in die plaas eerder verdeel het onder die 50 begunstigdes, kon al 50 in weelde aftree, en die oorspronklike boer kon sy grond behou en aanhou om suksesvol kos te produseer.

Marius ·

Boer dit is hoekom jy suksesvol is want jy het hard gewerk vir wat jy vandag het.Dus omdat die ander net kry dat hulle maak soos hulle wil.(Sterkte daar mag die Here jou seen en voorspoed met jou sukses)

Hennie ·

Alle sterkte met die stoetboerdery. Die Here sal jou seen, want jy werk vir jou geld.

Dini ·

Ek stem saam met julle. Wel hulle is nie boere nie. Dis te lui om te werk. Wil gedurig bakhand staan. Wil als verniet he en op n silwer skinkbord. Die belasting betaler moet uithaal en wys. Hulle kan niks aanpak en n sukses van dit maak nie. Dis altyd groot gemors.

Jan ·

Vra ANC om net een projek waar hulle betrokke is te wys wat suksesvol is, veral in die landbou, NET EEN, waar nie net geld gemors is nie, daar is geen geld vir droogtehulp nie, maar om te mors is daar onuitputlikke bron

Patch ·

En dis presies wat met al die plase gaan gebeur wat deur die regering aan die sogenaamde “farmers” gegee gaan word. En dit met ons belastingbetalers se geld….. Nog ‘n voorbeeld is die Sapekoe Tea Estate in Magoebaskloof wat eens ‘n spog tee plaas met uitstekende restaurant was tot dit aan die “people of the land” gegee is. Ek het goeie herinneringe van Sapekoe en my hart krimp ineen as ek daar verby ry en sien dat onkruid die tee plante totaal oorgeneem het. Die “goewerment” is stadig maar seker besig om alles so saam die “people of the land” te plunder deur te vernietig, af te brand en weg te gee sonder dat daar kennis van boerdery is. Mnr Ramaphosa, maak jou oë oop en sien wat julle besig is om te doen aan ons Suid-Afrika.

Johan ·

Soos alles is ons geld besig om in n donker put te verdwyn, hoe kan n mens positief wees, hulle kan maar al hulle konferiensies hou, belegers is nie so onnosel nie

Spook op thaba ·

Ek boer op n erfplaas. En ek werk hard. Kon ook nie lenings kry. My vrou moes noodgedwonge weer gaan skoolhou. Maar ons het die wa deur die drif getrek en pluk nou die vrugte van harde werk en opofferings

colleen ·

Hulle wil boer, so laat hulle boer. Boer alles in die grond in soos die res van die kaders.

Philip ·

Ja nee wat sê mens. Tragies dat ons belasting geld so gemors word. Een ding moet hulle besef die mense wil nie werk nie maar alles verniet hê. Dit geld vir die regering ook. Ek onthou soortgelyke voorvalle in Limpopo waar die eens fantastiese plaas binne ‘n paar jaar soos ‘n ashoop gelyk het. Die pragtige plaashuis se deure, venster ramme en sink dak was verwyder en het die begunstiges in hulle shack gebly op die plaas. I rest my case

Hendrik ·

Wel as hulle die geleentheid mis, kry die boere wat hard werk die wins

Johanna ·

Kan iemand nie n plan maak en water vat vir die beeste nie. ? Arme diere!

charmaine ·

Van die geld is seker in ander se bank rekenings “bele” n boer kan boer gee die grond vir die wat kan en wil boer.

Ronel ·

‘n Klompie jare gelede is my ouma oorlede en is die plaas onwettig oorgeneem deur Sebokeng inwoners. Daar was boorde en boorde perskes. My neef het eendag op die plaas gaan rondloop, aangesien hul plaas aangrensend was en iets snaaks gelyk het. So kom hy af op die persone wat besig is om die perskebome af te kap. Hy vra toe wat hulle doen, aangesien dit die plaas se hoof inkomste was. Die man reken toe dat hulle nou vuurmaakhout nodig het. Maak nie saak of daai boom in die somer kos en geld kan inbring nie, hyt NOU vuurmaakhout nodig.

Mm ja nee ·

DA kom nou mosterd na die maal, waarom nie die soort goed gemonitor in die verlede nie. Wat gaan hulle vorentoe doen om dit te keer? Daadwerklike optrede is nodig, blameer en tjol praat gaan nie gedane sake ongedaan maak nie. Ek verstaan nie hoe NIEMAND kon agter kom daar is nou n slang in die gras hier met al die miljoene wat so links en regs na so n klein plasie gaan nie…

Gert ·

Is soos n kar as pa vir jou hom gekoop het voel jy niks vir hom was mos nie jou geld , maar koop jou eie dan pas jy hom op hoekom om gee oor n plaas as jy hom verniet gekry het.

Andre ·

R150 miljoen vir 50 Begunstigdes! dis R3 miljoen per persoon. Vir wat? nou is alles daarmee heen! As hulle daardie R3 miljoen per persoon maar eerder in n bank gesit het teen 6% rente Kon hulle darm n inkomste gehad het van so R15 000 per maand. Ons lewe in n land van gee waar daar geen waarde aan geld geheg word nie !Hulle verstaan nie die konsep van harde werk nie. Parasiet mentaliteit net he he en he en nog demand.

sannie ·

DA kon nie voorheen waarneem nie. Hulle het soos die vorige leier duur motors en huise bekom. Dan nog die duur vakansies. Mostert na die maal DA ek het vir ons plaaslike DA dame bly vrae vra en sy het draaie om my geloop. Wanneer jy jou uitgee vir ‘n toffie verduur dan die kouery.

DI ·

Ja nee hulle moet eerder vir ons blankes ons eie grond gee dat ons op ons eie gaan en ons eie ding doen. Ons betaal meeste belasting wat so gemors word op korrupte transaksies en niks word opgebou, als word net verwoes. Ons sal ons eie regering begin en vir ons eie mense sorg

Rooi Jan ·

Hi DI laat ek vir jou vra sal jy jou beste melkkoei vir die buurman gee? Daar is geen manier wat die ANC sal toelaat dat die blankes wat nog betaal vir elektrisiteit, water, EsAyBC lisensies, belasting en ander voedingsbronne waarmee hulle stemvee koop op ons eie gaan as ons dit nie afdwing nie.

Michael P ·

Dit is maar net so n BOER word gebore Jy kan nie n plaas net vir iemand gee en se nou is jy n boer nie dit is hoekom plase tot niet gaan .Ek weer van n plaas in die Ceres gebied wat n super spog plaas was en die staat het dit gekoop.En vandag (DAAR IS NET MOOI NIKS OOR VAN DAARDIE PLAAS NIE ) en die groot skure is gestrip vir skroot die prag plaashuis is kaal tot op die steen gestrip en so staan daardie spog plaas verlate en die regering dink dit is reg.

toy ·

Dit gaan mos so wanneer jy net als kry en nie werk daarvoor nie en dalk ook onkundig is, waar die boere wat wil boer en kundig is dit van hulle weggevat word..

Diefie ·

En so sal die regering tikkel tokkel doen daaromtrent nie.

hercu ·

“’n Mens kan niks wegsteek wat jy doen nie. Geen woord of daad is so ’n groot geheim dat God nie daarvan weet nie. Alles sal aan die lig kom. Alles wat mense doen, sal uiteindelik bekend wees” ~ Lukas 8:17

Koos ·

In die DA is daar ook maar sekeres wat getrou bly en hul kant bring soos in ons almal se werk. Party bring hul kant en dan kry jy ook die vrot appels. Dis oral so. Dankie tog dat party of die meeste DA lede iewers ingryp. VF+ my stem was by julle en ook julle doen nou niks.
Die berig wys weereens wat in hulle hande beland n gemors is.
Sommer siek vir die gemors.

skurweberg ·

Ek weet AfriFirum hou van al hierdie onthullings baie noukeurig boek!!! Die gelykmaker sal een of ander tyd “na vore tree”

Johann Erwee ·

Maroelamedia, op die foto verwys julle na ‘n voerkrip as ‘n waterkrip. As boer is daar vir ons ‘n groot verskil.

Feite ·

Dit is die grootste probleem met opposisiepartye en burgerregteorganisasies. Almal hou boek van die ANC se skade, maar geeneen beskik oor die vermoe om vroee aanduidings te sien en te verhoed nie. Almal reageer wanneer onherstelbare skade reeds aangerig is. Die enigste wie sover gesien het wat kom en betyds opgetree het was sakeliga by n munisipaliteit in NW. Indien optredes nie verander en skades en moorde nie verhoed word nie, gaan hoop en weerstand teen verandering soos mis voor die son begin kwyn!

Bekommerde ·

Daar is ‘n gesegde skoenmaker hou jou by jou lees
– om te dink mens kan net begin boer is ‘n GROOT FOUT
– Om vir mense net goed te gee is ‘n GROTER FOUT
– Om mense net toe te gooi met geld waarvoor nie gewerk word nie is die GROOTSTE FOUT

Ek wonder wat het nou geword van die mense wat op sulke plase geboer het (persent gekry het) – kry hulle nou ook SASSA?

Bamsie ·

Buiten vir die droogte en die plaas aanvalle gaan ons nie kos he met die grondherverdeling nou nog daarby. Wat gaan van ons word?

ExPat ·

Yebo baby! Daai nuwe BMW’s is darem peperduur.. ons weet almal waar die geld heen is

Francois in NZ ·

Vir julle wat nie weet nie, die buite land sien die dinge. Hulle besef dat daar nie salf aan te smeer is nie, en dis hoekom hulle Niks daaraan gaan doen nie. Insluitend belegings, is uit.

n Baie bekende en wel gerekende radio omroeper se nou die dag hier op radio in New Zealand, hy kan baie goed verstaan hoekom so baie Suid Afrikaaners na New Zealand kom, dis die mense met ambisie, wat nie langer in ‘n ” broken country on a lost continent ” kan by nie.
Hy het ‘ n persoonlike baie goeie verduideliking gegee van al die nuwe SA presidente gegee, met verbasende insig, soos ek nog nooit gehoor het nie. Bottom line: daar is nie hoop nie, dit gaan slegs oor self verryking en geensins oor die land en sy mense nie. Kom daar weg terwyl julle nog Kan, of vat wat kom en dit wat kom is nie kersvader nie.

Basson ·

Dis Baie Geld. R150 000 000. Maar daar is plekke wat sukses behaal is. Die Vlieg telery. Dis nou daai Skuinsdag toilets wat gebou is en hulle op spesiale seremonies oorhandig. Want dis al wat dit voor goed is..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.