Peperduur tee hiér verbou

Die Magwa- en Majola-teeplantasie. (Foto: DA)

Die Oos-Kaapse regering het die afgelope vyf jaar honderde miljoene rande in die water gegooi om ʼn mislukte teeplaas aan die gang te hou. Tee wat hier verbou word kos amper drie keer meer om te produseer as waarvoor dit verkoop word. Nou wil die provinsiale regering glo hê ander provinsies en munisipaliteite moet dié tee ten duurste aankoop.

Die Magwa- en Majola-teeplantasie dateer van 1958 en is oorspronklik deur die voormalige Transkei-regering op die been gebring om werk vir die plaaslike gemeenskap te skep. Die landgoed is 1 803 ha groot, wat dit een van die grootste teeplantasies in die Suidelike Halfrond maak.

Teen 1976 het dit daagliks 20 ton teeblare gelewer. Volgens die DA in die Oos-Kaap word die plaas egter nou teen ʼn verlies bedryf en tee word vervaardig teen drie keer die prys wat ander, welvarende teeplase dit doen.

Die Oos-Kaapse regering het sedert die 2016-’17-boekjaar R148 miljoen vir dié plaas begroot, insluitend vir sakereddingsinisiatiewe wat die sukkelende plaas moes red.

Volgens Retief Odendaal, die DA se lid in die provinsiale wetgewer, is tee op dié plaas in 2019 teen ongeveer R102 per kilogram verbou, teenoor die internasionale handelsprys van tussen R30 en R42 per kilogram. “Om te sê die plaas is nie winsgewend nie, is om dit baie sag te stel. Die produksiekoste van die tee is só hoog dat die regering dit teen minder verkoop as wat dit kos om te verbou, net om daarvan ontslae te raak.”

Hy sê die tee word tans deur plaaslike koswinkels gekoop, maar die regering wil hê provinsiale regerings en munisipaliteite moet nou die tee aankoop.

Die DA vra dat die plaas geprivatiseer word of dat bekwame mense, wat wéét hoe om tee winsgewend te verbou, hier aangestel word.

Herhaaldelike navrae aan verskeie bestuurslede van die provinsiale departement van landelike ontwikkeling en landbouhervorming het onbeantwoord gebly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Johan ·

Dis mos maklik om te boer. Al wat jy moet doen is die grond in die hande kry.

Kobus ·

Nee, dan ry hulle in die distrik rond en eis hulp by omringende boere. As die versoek beleefd van die hand gewys word, omdat voltydse boere eenvoudig nie die tyd het om ekstra plase te bestuur nie, word ‘n mens beskuldig van rassisme en kleinsieligheid!

Mieke ·

Eerder: ons weet nie hoe nie… maar ons verseg om die kundiges te vra!!

SomeOne ·

nog een van “baie” afgevatte plase wat net niks van kom nie, al wat die plaasboere vra is , gee, gee en nogmaals gee, en die regering is so dof, hulle hou aan gee

JM ·

Die een mislukking na die ander, maar die regering weier om dit te erken! Dit is mos maar weer Jan van Riebeeck se skuld …

Philip ·

Plant eerder WHEAT van die slimword tipe resultate word gewaarborg en geld sal instroom.Kan regtig nie in vandag se tye aan n beter produk dink nie

BARNEY ·

Dit is ekonomie 101 by die ANC universiteit. Werk sonder n begroting! Dit is wat gebeur wanneer onkundige mense iets aanpak. Mense word nie sommer net boere nie. En dit verg belpanning en navorsing om te besluit om n gewas te produseer, en slegs wanneer die verbouer tevrede is dat dit n winsgewende gewas is gaan hy voort met die verbouing daarvan.
Maar nou ja dit is hoe die gewone wereld sit doen, die ANC werk op hulle eie manier. Sterkte

marius ·

Gaan kyk hoe lyk Sapekoe by Tzaneen . Was die enkel grootste tee plantasie in die wereld . Grondeise is toegestaan en daar is niks oor nie . NIKS !

Mariana ·

Dis hoekom boere moet baklei vir hul plase. Want als word vernietig. Wanneer gaan die regering wakker skrik, o ja hulle kan nie minder omgee nie, as een misluk vat net volgende goed werkende plaas. So bly niks oor nie, behalwe hul eie vet beursies.

Casper ·

‘n Sekere bier wat suksesvol op ‘n staatsplaas boer word nou afgesit en die plaas word vir ‘n oorlogs veteraan gegee.Hy gaan nie bydrae tot die ekonomie nie en ‘n las vir die staat word.Zimbabwe hier kom ons.

Kokerboom ·

Hoekam laat Tesourie toe dat die veragtelike regime kosbare swaarverdiende belastingbetalersgeld soo onverantwoordelik verkwis??? Hoekom!!!!Ek dink dat belastingbetalers NOU ernstig moet besin oor ‘n belastingboikot. Waaragtig so kan dinge NIE aangaan!!!!!!!

christo ·

Nog ‘n mislukte sosialistiese kollektiewe plaas. Mooi so, ‘A better life for all’ mors van belastingbetalers se hard verdiende geld.

christo ·

Die ANC ken net van bestaansboerdery maar wil die hele SA daarmee voed!

MakersMark ·

Lees maar weer die storie van die mier en die springkaan.

Kobus ·

Sou interessant wees om getalle te sien van hoeveel plase reeds in “vooraf benadeeldes” se hande is in Suid-Afrika, en hoeveel van daardie plase suksesvol bedryf word deur die aanspraakmakers. Want in baie gevalle word die grond uitverhuur aan boere van die omgewing, en leef die aanspraakmakers van die huurgeld (dít het ek met my eie oë gesien). In verreweg die meerderheid gevalle lê die betrokke plase en vergaan. Genadiglik is daar darem enkele suksesverhale ook. Kan betroubare syfers nie met behulp van boereverenigings verkry word nie – toegegee, dit sal ‘n omvangryke projek wees. Maar, dan kan die ewige aansprake en gekrakeel telkens met betroubare gegewens beantwoord word.

Dup ·

Is hierdie nie miskien die tee wat hulle tydens JZ se teepartytjies drink nie?
Net die beste is goed genoeg vir ons oud president!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.