‘n Vrou is in ‘n ernstige toestand nadat ‘n perd haar op ‘n plaas in KwaZulu-Natal in die gesig geskop het.
“Die voorval het omstreeks 12:00 op ‘n plaas sowat 25 km buite Tongaat plaasgevind,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ‘n verklaring gesê. “Dit is nog die duidelik wat presies gebeur het nie.”
Die vrou het ernstige kopbeserings opgedoen. Sy is op die toneel gestabiliseer voordat sy na ‘n hospitaal geneem is.