Perdegedenkbeeld deur vandale beskadig; verdagte vrygelaat

Die  perdegedenkbeeld in Port Elizabeth nadat dit deur vandale geskend is. Foto: Twitter

Die perdegedenkbeeld in Port Elizabeth nadat dit deur vandale geskend is. Foto: Twitter

Die verdagte wat in hegtenis geneem is nadat die perdegedenkbeeld in Port Elizabeth Maandag deur vandale geskend is, is weer vrygelaat.

Brig. Ronald Koll, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die verdagte is in hegtenis geneem nadat ooggetuies beweer het dat hy by die vandalisme betrokke was. Die man is egter later weer vrygelaat nadat die ooggetuies nie bereid was om amptelike verklarings af te lê nie.

“Daar word vermoed hy was die bestuurder van die voertuig wat gebruik is om die betrokkenes na die standbeeld te vervoer,” het Koll gesê. “Die man is steeds ʼn verdagte en ons gaan tans beeldmateriaal na om die oortreders vas te trek.”

Volgens Koll vermoed die polisie in dié stadium dat vier mense by die vandalisme betrokke was, maar hy kon nie bewerings bevestig dat die skuldiges lede van die EFF is nie. Hy het verder gesê dat die plaaslike munisipaliteit maniere ondersoek om veiligheid by die standbeeld op te skerp.

Die perdegedenkbeeld is opgerig ter nagedagtenis aan die diere wat tydens die Anglo-Boereoorlog gesterf het.

Die perdegedenkbeeld voordat dit beskadig is. Foto: Twitter

Die perdegedenkbeeld voordat dit beskadig is. Foto: Twitter

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

boer ·

hy is seker vrygelaat met n beloning omdat hy n goeie werk gedoen het. Die EFF het klaar erken hulle is verantwoordelik vir al hierdie skade wat aangerig is, so kan hulle dan maar betaal om dit weer reg te maak?

Ek sal graag wil weet wat deie regering se reaksie sal wees as iemand die nelson madela beeld omgooi of beskadig od verf? Eers word n volk se geskiedenis verwoes om hulle te verneder, en dan volg n volksmoord. Die van julle wat nog broek op die kniee sit,moet wakker word, die uurglas loop baie vinnig uit

At ·

Boer, het jy nie die berig gelees nie? Die man is vrygelaat omdat die ooggetuies nie verklarings wil afle nie, as daar geen getuienis teen hom is nie hoe kan jy hom dan aankla? Ken jy nie die wet nie of is jy maar net pleinweg haatdraend teenoor die polisie?

Rynhardt ·

Al die beelde is sover deur EFF molesmakers beskadig.Ek glo vas die EFF is n militante groep wat gestig is om chaos in die land te skep! Hul ondersteun die Anc se vryheidsmanifes ook en daar is geen verskil tussen hulle en die Anc kommuniste nie! Bekendes soos Sunette Bridges en Hofmeyer gaan niks reg kry nie.Hierdie twee doen net dinge vir publisiteit! Die vryheidsmanifes spel uit dat die afrikaner se identiteit vernietig moet word.Betogings gaan nie help nie.

Riaan Slabbert ·

En onbekendes soos jy se bekrek hier gaan baie minder help. Pleks jy eerder iets nuttigs doen.

Ian ·

Nou wat gaan help Slimjan? Ten minste probeer Sunette en Steve. Wat doen jy? Jy sien, dit is jou tipe wat verkeerd is met ons nasie. Jy verwag van ander om dinge te verander en jy wil by die KKNK rondrits terwyl jy “veg” vir wat reg is. Word wakker man!

pop ·

Boer jy is heeltemal reg. Maar wat maak ons??? ons is so min dat niemand omgee wat van ons word nie. Kan ook nie almal oor die waters gaan nie, want finansies of ouderdom of baie ander faktore tel. So nou sit ons maar en wag vir die einde wat een of ander tyd gaan kom. Sorry maar dis hoe dit is.

pop ·

As iemand nou vir my kan verduidelik wat die arme perde gedoen het. Wys mens wat se idiote ons mee te doen het.

Peet Schabort ·

Pop, indien ek dit reg het het hulle voetgeslaan daar van die Noorde tot in die Kaap. ‘n Perd was ‘n onbekende ding. ‘n Sekere nasie het met skippies geland hier aan die Kaap. Dis toe wat die perd ook sy verskyning gemaak het. Die luuksheid van ‘n perd is raakgesien en tesame met ‘n karretjie is dit vir ‘n tydperk gebruik deur die sekere nasie. Innoverend van aard het die voetslaners die perd met kar as taxi begin gebruik. Toe het die DDM’e (duur Duitse motors) hul verskyning gemaak en dadelik byval gevind tesame met die japannese bussie.
Op plase (ek het dit self gesien naby Trichardt) is die perd vervang met die ‘Quad bike’ en daarmee word die perd se werk gedoen. Terloops, die afrikaans vir ‘Quad bike’ is ‘Kwaad baaik’ want dis daardie ding wat jou kwaad maak in dorpe.
A.g.v. die fenomenale vooruitgang sedert 1994 is die vleisdisse van so ‘n aard dat net leeus perdevleis sal eet. Die perd word net gebruik vir perdewedrenne en die ‘poorest of the poor’ is daarby uitgesluit. So niemand voel vere vir ‘n perd. Inteendeel kan daardie perd en ruiter ‘n paar randjies inbring by die skrootwerf. Voorgaande kom ook so uit die perd se bek . . .

Kitsie (Johan Kitshoff) ·

Stem saam Pop en die soldaat wat beskadig is ‘n Engelse soldaat

Dave ·

Johan, ek het geen belang by beelde van die Engelse nie. My lojaliteit is by standbeelde wat opgerig is ter ere van Boere en ondersteuners van die boere se saak tydens die oorloë wat geveg is om Suid Afrika ons s’n te maak.

Manna Pieters ·

Deel van strategie om land onregeerbaar te maak sodat kommuniste land kan oor vat. Sien strategie dokument genaamd ” the path to power” wat SAKP in 1989 aanvaar het tydens hulle kongres

Theresa ·

Hulle is almal onopgevoede gemors. Al waarin hul goed is, is om so op te tree deur alles af te breek en te verniel. Wonder as die bordjies verhang was, wat sou hulle dan gedoen het. Miskien moet iemand die ou voor die Stadsaal in Pretoria gaan verf en Nelson Mandela bietjie gaan “skuif”. Wonder wat sal hulle dan sê……………………

Poemelman ·

Ja nee wat jong dit verbaas mens nie. Dit is net altyd snaaks dat wanneer ons iets plunder is dit rasisties nou wat is hierdie dan nou?

Gert ·

EFFis maar net die ondergrondse militante groep vir die ANC. EFF is maar deur die ANC daar gestel om aandag van Zuma af te trek. Die Nkandla storie word nou onderdruk deur die beelde storie. Kyk net toe die DA aansoek doen om die honderde bedrog klagtes teen Zuma weer oop te maak toe begin die beelde. Maar kla die EFF oor daai berog klagtes? Nee. Kla hulle oor die 7 merchdesse wat die koning gaan kry? Nee. Kla hulle oor die vliegtuig vloot wat Zuma gaan kry? Nee
Kla hulle oor al die on nodige spandeering van die parlement en provinsies? Nee want hulle spandeer saam. Maar beelde wat niks kos en nie eers onderhoud nodig het nie pla hulle. So wees gewaarsku vir die rookskerm in die parlement van die EFF hulle is onderdane van ANC. almal goeie toneel speles en mislei ons

Gert ·

Maroela hoekom word my vryheid van spraak nie geplaas nie. Wie ondersteun julle????

Rynhardt ·

n Spesiale boodskap vir Riaan Slabbert en Ian wat so hul monde rek oor my! Vir jare staan ek op vir die Here en die Afrikaner/Boervolk op waar ek hul gewaarsku het teen die gevaar van kommunisme, voordat jul geliefde Sunette Bridges en Steve Hofmeyer op die toneel verskyn het!Ek het 1830 keer in koerante en oor die radio verskyn vir ons mense en nog steeds kan sekere mense nie sien wat aangaan in SA nie! Riaan Slabbert en Ian dit is wat ek nuttig doen, as wat ek my mond rek oor ander! Ek veg nog steeds vir ons mense en hang beslis nie uit by die KKNK nie! As julle twee my rekord kan klop, dan kan julle jul mond rek oor my! Ek is n super Afrikaner en sit nie op die kantlyn en aanbid Sunette Bridges en Hofmeyer nie! Hierdie twee weet nie eens dat SA vernietig word volgens die Vryheidsmanifes nie! Ek het meer ervaring van kommunisme as enige persoon in SA! Net vir die rekord, Hofmeyer het in 2014 bekend gemaak dat hy n liberaal is! Ek, Rynhardt is nie n liberaal nie! Riaan Slabbert en Ian as julle jul monde wil rek, rek hom oor FW de Klerk wat al die mag gegee het vir die Anc! Dan doen julle twee iets nuttig!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.