Perdesiekte breek uit in Suid-Afrika

Argieffoto (Foto: AlessandroSquassoni, Pixabay)

ʼn Uitbreking van die Afrika-perdesiekte (AHS) in Gauteng en Mpumalanga is amptelik in Februarie en Maart 2019 aangemeld by die departement van landbou, bosbou en visserye.

AHS is endemies in die grootste deel van Suid-Afrika, buiten die Wes-Kaap en die gebied staan bekend as ʼn AHS-sone, het die departement Saterdag gesê.

Uitbrekings van AHS vind na verwagting gewoonlik tussen November tot Mei plaas, en bereik ʼn hoogtepunt tussen Februarie en April, afhangend van klimaatsfaktore soos reën en temperatuur. Sekere dele van die Wes-Kaap is ook as AHS-gebiede geregistreer kragtens die Wet op Dieresiektes, maar dié gebiede is gewoonlik vry van AHS.

Uitbrekings van AHS in Gauteng en Mpumalanga is amptelik in Februarie en Maart aangemeld. Daar is egter nie enige aanduiding dat die getal voorvalle ongewoon hoog is vir dié tyd van die jaar nie. Geen uitbreking is in die AHS-gebied in die Wes-Kaap aangemeld nie.

“Beperkings op die bewegings van perde binne die AHS-sone word nie op ʼn roetine-basis geïmplementeer deur staatsveeartsenydienste nie, omdat dit byna onmoontlik sou wees om te beheer en sou beskou word as onnodige beperkings deur die meerderheid van perde-eienaars wat hierdeur geraak word. Die feit dat die siekte deur vlieënde insekte versprei word, maak die beperking van perdebewegings ook minder doeltreffend om die siekte te beheer,” het die departement gesê.

Die departement werk saam met die perdebedryf aan beskermingsmaatreëls vir perde in die AHS-sone om die erns van die AHS-uitbrekings te verlaag.

“Perde-eienaars word aangeraai om hul plaaslike staatsveeartse te kontak om te bepaal of plaaslike beperkings vir ʼn spesifieke gebied geïmplementeer is. Hou asseblief in gedagte dat dit noodsaaklik is om AHS-gevalle by jou plaaslike staatsveearts aan te meld sodat hulle bewus kan wees van die gevalle en dit hulle sal help om ingeligte besluite te neem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

Ag nee….en net toe ek ‘n perdekar wou koop omdat ek nie meer die regering se heffings en belastings op die petrolprys kan bekostig nie….???

Perdeliefhebber ·

Ek wens joernaliste wil meer navorsing doen oor AHS. Al so moeg om dieselfde generiese artkikels te lees. Die Weskaap bestaan uit 3 sones
AHS:
The AHS controlled area is considered low risk for AHS and is made up of three zones: the AHS protection zone, the AHS surveillance zone and theAHS free zone. The rest of South Africa, outside the AHS controlled area, is considered endemic for AHSand is known as the AHS infected zone. Op die AHS Equine Challenge blad is daar al 165 sterftes aangemeld. Praat met perde eienaars oor die invloed van AHS en die inenting wat nie effektief is. ‘n baba vulletjie wat langs sy ma lê vir die laaste paar minute voor die leeupark haar kom haal. As julle regtig oor AHS wil berig doen moeite. Moenie spasie mors op dit wat ons reeds weet nie

humor ·

Ag wees maar n bietjie vriendeliker met die joernaliste. Onthou hulle is stadsmense en het miskien nog nooit eers aan n perd geraak nie. Hulle is heel moontlik onbewus van bestaande bronne en weet nie waar om te gaan delwe nie. U kan u uitnemende kennis op n meer positiewe wyse oordra. En u bekommernis oor die spasie….ek weet regtig nie of daarmee eerlik is nie.

EINA ·

Ek het 4 dae en 4 nagte langs my perd gelewe en geslaap toe is hy in elk geval dood. Hy het een week nadat ek Onderstepoort se entstof toegedien het siek geword. Mense praat maklik van perdesiekte sonder om hulle feite agtermekaar te kry.

Sinies ·

Probleem is, Onderstepoort se entstof is sub standaard maar jy is wetlik verplig om dit te gebruik.
Daar is wel private entstof wat op datum is, maar nie deur die staat erken word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.