
Nolan Hoffman en Kim Le Court de Billot (Foto: Volume Photography -Tobias via Cape Town Cycle Tour/Instagram)
Die plaaslike fietsryheld Nolan Hoffman het die tweede mees suksesvolle mansfietsryer in die geskiedenis van die Kaapstad-fietstoer geword toe hy Sondag vir die vierde keer koning gekraai het.
Dit was perfekte fietsryweer in Kaapstad en Hoffman het die 109 km-wedren in ʼn blitsige 2 uur, 37 minute en 12 sekondes kafgedraf. Die fietstoer vind vanjaar in Oktober plaas nadat dit in Maart weens die Covid-19-pandemie uitgestel moes word.
Die 36-jarige Enza-spanlid het ook in 2014, 2015 en 2018 met die louere weggestap. Hy het die bulte by Chapmanspiek en Suikerbossie uitgetrap en sowat ʼn fietslengte voor Christiaan Janse van Rensburg en Craig Boyes oor die wenstreep gejaag.
“Dis beslis die titel wat die meeste beteken. Dit was ʼn rowwe tyd vir my gesin die afgelope 18 maande en ons het familielede aan Covid afgestaan. Ek is net geseënd om gesond te wees en te kan wen,” het Hoffman ná die wedren gesê.
Fietsryer Willie Engelbrecht het die Kaapstad-fietstoer vyf keer gewen.
Kim Le Court de Billot, die 2018-wenner, was die eerste vrou om Sondag die vrouewedren oor 78 km te wen. Dié rit begin in Vishoek. Sy het 2 uur, 13 minute en 37 sekondes gery.
Dit was Sondag die 43ste Kaapstad-fietstoer.
Uitslag:
Mans:
1 Nolan Hoffman (Enza) 02:37:12
2 Christian Janse van Rensburg
3 Craig Boyes
4 Louis Visser
5 Jaco Venter
Vroue:
1 Kim Le Court de Billot (Galileo Infinit SPOT), 02:13:17
2 Hayley Preen
3 Candice Lill
4 Kelsey van Schoor
5 S’annara Grove
And it’s win number four for local hero Nolan Hoffman… incredible sprint from the maestro pic.twitter.com/4NjP8fQFDJ
— Cape Town Cycle Tour (@CTCycleTour) October 10, 2021
Why Nolan Hoffman's fourth win at the #ctcycletour means the most pic.twitter.com/qZ5TS0msOL
— Cape Town Cycle Tour (@CTCycleTour) October 10, 2021
- Foto: Cape Town Cycle Tour/Facebook
- Foto: Cape Town Cycle Tour/Facebook
- Foto: Cape Town Cycle Tour/Facebook
- Foto: Cape Town Cycle Tour/Facebook
- Foto: Cape Town Cycle Tour/Facebook
- Foto: Cape Town Cycle Tour/Facebook