Perlemoen, kreef gevind ná seejaagtog

Foto: SAPD

Foto: SAPD

ʼn Hoëspoed-seejaagtog het gelei tot ’n perlemoenvonds van nagenoeg R1 miljoen sowel as kreef, het die Wes-Kaapse polisie gesê.

Konst. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê beamptes van die Wes-Kaapse see-eenheid, ʼn spesiale taakspan en lede van die departement van landbou, bosbou en visserye het ʼn gesamentlike veldtog van stapel gestuur nadat hulle ʼn wenk ontvang het oor vermeende stropery naby Robbeneiland.

Volgens Rwexana het beamptes gesien hoe ʼn vaartuig Vrydag omstreeks 04:00 die Houtbaai-hawe binnegegaan het sonder die nodige navigasieligte. “Die bemanning van die vaartuig het die beamptes gewaar en die hawe binnegejaag. Die bemanning het die vaartuig verlaat en tussen fabrieke verdwyn.”

Die beamptes het die vaartuig na die Kaapstadse hawe gevat waar dit deursoek is. “Daar is op altesaam 2 858 stuks perlemoen, nege krewe en toerusting beslag gelê,” het Rwexana gesê.

Niemand is in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Buitestaander ·

Ons eie vissermanne kry nie kwetata vir vangste nie,dan kom stropers en vernietig die visbronne.
Daar moet met hulle afgereken word.

Grap ·

In Suid-Afrika is perlemoen ‘n groter prioriteit as dwelms en moord vir die polisie die dwelm eenheid Sanab is ontbind maar die perlemoen eenheid het van die beste tegnologie om perlemoen diewe te vang…lol

Dee ·

Die belangrikheid van ons seelewe is geen grap al dink jy so.

Lance ·

Whoopppiiee iemand is gevang …wat van al die wat weggekom het …dis tog so pateties bote en vliegtuie koop ons maar dit word nie gebruik nie …want daar is ook nie meer geld nie.

Marous ·

Jaagtog? Jaag hulle tog net tot op die land dan jaag ons hulle nie verder nie. … Gaan kry die afset meesters en foeter hulle op , dan sal die stropers stop. Dieselfde beginsels soos vir renoster horing en gesteelde goedere. Solank as wat daar ‘ n mark is , sal dit nie ophou nie.

J ·

See jaagtog???? Wil jy vir my sê daai grote boot is vinniger as n helikopter. En hoe verdwyn sulke groot bote eenvoudig?

Willie ·

Seejaagtog?? wie het wie gejaag?.., die boot was reeds binne die hawe, Dit wil voorkom asof die smokkelaars selde gevang word.

Takkie Takuuza ·

Wat gaan hulle nou doen met daai perlemoen en kreef? Vernietig of verkoop?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.