Perlemoen: Minister ondersoek eie departement ná inhegtenisnemings

Minister Senzeni Zokwana

Die departement van landbou, bosbou en visserye het Vrydag aangekondig min. Senzeni Zokwana sal alle beamptes verbonde aan visserybestuur onderwerp aan veiligheidsklaring. Dié proses sal onmiddellik van stapel gestuur word.

Die departement het voorts gesê die minister het die polisie se werk geloof ná nege beamptes van visserybestuur op aanklagte van korrupsie in hegtenis geneem is. Dít volg nadat bewerings ondersoek is rakende ʼn voorval wat op 5 Maart by Gansbaai plaasgevind het.

Hulle het onderneem om die polisie in sy ondersoek te steun.

“Gansbaai is een van ons belangrikste perlemoenstroop-omgewings. Die gestroopte perlemoen word gewoonlik deur moontlik hoogs gesofistikeerde misdaadnetwerke uit die land gesmokkel. Aangesien ons daardie sindikate beveg, moet ons verseker dat niemand in ons eie departement daardie sindikate bystaan nie,” het die departement gesê.

Die Valke het Woensdag gesê nege marine-inspekteurs van die departement het saam met verskeie perlemoensindikate in die Hermanus-landdroshof verskyn op aanklagte van rampokkery, korrupsie en dwarsboming van die gereg.

Kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, het gesê die beamptes het glo perlemoen waarop beslag gelê is, herverkoop aan die stropers, asook gehelp om onwettige perlemoenvragte te vergesel.

Die saak is uitgestel tot 14 Maart.

“Nog inhegtenisnemings sal na verwagting volg,” het Nkwalase gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Cherokee ·

Beskrywende Afrikaanse uitdrukking wat praat van wolf skaapwater maak.

snoefie ·

recycling! nes ek gedink het. laat die plaaslike inwoners n groter kwota toe en hulle sal die bewakers van die oes word.

Anja ·

Almal in Gansbaai het basies geweet die polisie en DAFF is kop in een mus. Poachers het helder oordag hulle werk ongesteurd gedoen en ons mense wat die wet moet toepas het gerieflik nooit opgedaag of “te laat” gekom as iemand hulle gebel het. Gansbaaiers het al moedeloos geraak want jy weet nie meer waar om vir hulp aan te klop nie.

Martin ·

Gaan kyk by Pearly Beach. Daar stroop hulle helder oordag van die oggend tot die aand.
Omtrent elke dag.

Johann ·

Sal land en water LEEG dra en stroop en misbruik en verwoes en verbrand vir eie belang! Afrika kultuur van GEEN beplanning of voorsiening nie. En kan jou WED die minister en sy Departement het meer as deel aan die verspreiding van ONS perlemoen aan hulle oosterse markte. SKOKKEND hoe hulle arrogansie geen perke ken nie

Pieter ·

Ek het so gedink die sogenaamde polisie is nogal skerp as dit by perlemoen stroop kom ,ek kan maar net spekuleer hoekom?

Duitser ·

Ek het gedink dit sal beter wees met Ramaposa hoe verkeerd kon ek gewees het”rotten to the core”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.