Perlemoen-sindikaat: Vyf gevonnis

Morne Blignault in die hooggeregshof in Port Elizabeth. Foto: Raahil Sain/ANA

Die medebeskuldigdes van die leier van ʼn perlemoen-sindikaat is tot tronkstraf gevonnis.

Marshelle Blignault (42), Jacobus Naumann (57), Petrus Smith (34), Frederick Nance (22) en William Nance (55) is Vrydag in die hooggeregshof in Port Elizabeth op aanklagte van rampokkery en die oortreding van die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne gevonnis, het kapt. Anelisa Feni, woordvoerder van die Valke, gesê.

Blignault is tot 12 jaar tronkstraf gevonnis. Naumann is effektief ook tot 12 jaar gevonnis terwyl Smith en Frederick Nance effektief tot vyf jaar elk gevonnis is. William Nance is tot 18 maande tronkstraf of ʼn boete van R20 000 gevonnis.

Morné Blignault, die baasbrein agter die perlemoen-sindikaat, is reeds in September tot 20 jaar tronkstraf gevonnis.

Marshelle Blignault, Naumann, Smith, Frederick Nance en William Nance het in Augustus skuldig gepleit op die aanklagte teen hulle waarna hul saak van Morné Blignault se saak geskei is. Marshelle Blignault is Morné Blignault se eksvrou.

Die ses is in Junie 2016 deur die Valke in Port Elizabeth in hegtenis geneem. Die Valke se ondersoek het vasgestel dat die sindikaat tussen Julie 2013 en Augustus 2014 meer as R67 miljoen uit hul kriminele aktiwiteite verdien het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Robert ·

Ja, en die kriminele in die regering lag al die pad bank toe……

Smokey ·

Ek’t ‘n ou geken wat perlemoen gesmokkel het. Hy is vermoor, want die chinese hou nie van kompetisie nie. Ek se nie die ouens is onskuldig nie, maar ek het ‘n vermoede die stropery gaan voort. Net te veel mense en geld hierby betrokke.

marous ·

Dan kan kaders en kie vir biljoene se belasting geld 500 jaar elk kry …..

LADY ·

En moordenaars en bedrog in parlement loop skotvry rond. Dis om van siek te word. Sou n opgeskorte vonnis nie meer effektief gewees het nie? Ons regstelsel fail ons elke dag.

Hendrik ·

Lekker sit. Geen genade vir misdadigers wat die natuur stroop.

Hennie ·

Ek weet darem nie. Waar trek mens die lyn, party lande jag walvisse, party olifante, party gorrilas, party vang papegaaie, party haaie, party bere
Party eet beeste en skape
Maar perlemoen is n skulp dier, die laagste op die voedselketting, dra bitter min by tot die groter ecosysteem.
Wat maak een dier beter as n ander. Hoekom mag die chinese tonne vis uit die see vat?? Hoekom mag hulle walvisse jag??
Hoekom mag mense in alaska bere en robbe jag? Hoekom mag mens n kameelperd skiet

Groen ·

Perlemoen is n slak! Omdat dit geldwaarde het, is almal nou perlemoenoppassers! Die meeste mense het dit nog nooit gesien of geeet nie, maar almal huil oordie stropery. Perlemoen sal nooit uitgeroei kan word nie, want jy kan nie duik as die see rof is nie en jy kan nie oral onder die see bykom met jou hande nie. Bekommer jou eerder oor staatskapers wat meer skade aanrig aan al die mense in die land! Mense is meer werd as slakke !

Eunice ·

Jaa…kyk verkeerd is verkeerd, ek praat dit nié goednie!
Maar REGTIG,dis buitensporige SWAAR strawwe in vergeleke met wat staatskapers,plaasmoordenaars,pedofiele,verkragters en ander misdadigers kry in Sa

aj ·

As die perlemoen diewe se vanne Sithole, Mogorosi, Malapa ens was?

ne ·

SA sal nooit beter word met die huidige stelsel nie. Goed die mense het geld gemaak. Maar wat van ons anc regering wat met miljarde wegkom? Is hie werklik ‘n regstelsel vir ALLE Suid Afrikaners?

? leser ·

die stropers se ware kleure is die verkeerde kleure, hul vanne is te maklik uitspreekbaar

Michael P ·

Ai waneer gaan die misdadigers leer gee die landros n stukkie van jou pie dan sal jy mos nie n straf kry nie of hoe.

Abe ·

Michael P,
Wat jy se is bloot onwaar. Landroste in SA word nie omgekoop nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.