Perlemoen van R1,3 miljoen by Cookhouse gevind

(Foto: SAPD Oos-Kaap)

Beamptes van die hoofwegpatrollie het Maandagaand naby Cookhouse in die Oos-Kaap twee mans in hegtenis geneem en beslag gelê op perlemoen ter waarde van R1,3 miljoen.

Ao. Majola Nkohli, woordvoerder van die polisie, sê beamptes was omstreeks 21:00 besig met roetine-patrollie op die N10 toe hulle ʼn verdagte Audi A4-stasiewa opgemerk het. Die motor het baie vinnig gery.

“ʼn Tweede patrollievoertuig is ontplooi as rugsteun. Die motor is sowat 20 km verder voorgekeer.”

Beamptes het op 14 plastieksakke perlemoen afgekom toe die motor deursoek is. Altesaam 7 615 stukke perlemoen is gevind. Die motor is geskut vir verdere ondersoek.

“Die twee insittendes is in hegtenis geneem en staan tereg op aanklag van die oortreding van die Wet op Mariene Hulpbronne.”

Die twee mans, onderskeidelik 32 en 36 jaar oud, sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

SjN ·

Hoe lank het dit gevat om dit te tel en die waarde berekening te doen, waarheen word dit gevat en waar word dit geberg?

christo ·

Die staat lê beslag daarop en herverkoop dit op veilings. ‘n Ideale skuiwergat of dit dan ‘wettig’ te kan verkry. Die vernietiging daarvan maak meer sin.

christo ·

Die Suid-Afrikaanse kus word nie gepatrolleer nie en Perlemoenstropers word eers gevang nadat dit gestroop is. Dus is die aksie reaktief. Danksy die ANC se korrupte regering is daar nie vaartuie om mariene patrollies uit te voer nie.

Manie ·

Kusweg in Sandbaai is ‘n miernes van stroper bedrywighede en die Polisie weet dit. Ek het hulle al hoevele kere gebel sodra die stropers met die sakke perlemoen uit die water klim, maar hulle skitter in hulle afwesigheid, heel moontlik deel hulle in die buit. Dieselfde op Paternoster waar die skuite met ondermaat kreef reg voor seevisserye se beamptes op die strand uitry en die onwettige kreefverkopers binne minute met ondermaat krefies in die hoofstraat staan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.