Perlemoen van R6,5 miljoen op Caledon-plaas gevind

Die perlemoen wat tydens ʼn klopjag op ʼn plaas in Caledon in die Overberg-omgewing gevind is (25 November 2016) Foto: SAPD

Die perlemoen wat tydens ʼn klopjag op ʼn plaas in Caledon in die Overberg-omgewing gevind is (25 November 2016) Foto: SAPD

Die Wes-Kaapse polisie het Vrydag beslag gelê op perlemoen ter waarde van ongeveer R6,5 miljoen tydens ʼn klopjag op ʼn plaas in Caledon in die Overberg-omgewing.

“Beamptes het vanoggend beslag gelê op 35 891 stukke perlemoen met ʼn geraamde straatwaarde van R6,5 miljoen,” lui ʼn verklaring. “Droogtoerusting is ook gekonfiskeer.”

Daar was nie iemand op die plaas teenwoordig nie, maar die polisie sluit nie die moontlikheid van inhegtenisnemings uit tydens verdere ondersoek nie.

“Ons stryd om misdaad te bekamp wat mariene hulpbronne betref, duur voort.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Danie Koch ·

Puik werk. Trots op julle. So word ons bronne uitgeput.

Jakes ·

Bells vir toegewyde beamptes!!!!
Hartseer is dis een fonds, dis oral, dwelms, horings en tot mense. As die land ‘n minister gehad het met ervaring en kennis aangaande die departement hy/ sy beheer kon dit help. Ook as die man in beheer van die land die sy hande uit die kasregister kan hou. Opregte dank aan elke beampte en dienaar wat nie korrup is, mense, almal moet ons onkreukbares ondersteun, hul die verguistes in hul organisasies/ departemente.

Yster ·

Mooi so SAPS . Al wat ek wil weet is wat word van al die perlemoen. Ek vrek oor perlemoen en sal mos graag wil koop of kan ek verniet kry. Nog nooit gehoor van n veiling of tender of so iets nie. Ek hoor. Maar dis net hoor dat dit verbrand word. Nog nie fotos of koerant berig gesien nie … so ek glo nie die storie nie . Kan iemand my sê Asb.

Juffrou ·

Ja YSTER ek wil ook weet. Sal ook wil goedkoop koop of kry! WIE kry?
Hoor NOOIT weer daarvan! Waaaaar is die ondersoek? Lol

Jos ·

Baie Geluk SAPD. Goed gedoen en inligting suksesvol opgevolg. My vraag bly egter waar is die inspektoraat wat hierdie mense moet aankeer tydens hul stroop togte. My opinie wat die bedryf ken is dat hulle tans op sagte teikens soos hengelaars permitte konsentreer. Vat hierdie smokkelaars met mening vas en betrap hom met die perlemoen terwyl hulle besig is om dit onwettig te duik. Beslis ‘n gebrek aan leiding en swak organisasie.

Juffrou ·

Geluk aan SAPD???? En dan, wat word daarvan? WIE kry dit?
Ook SAPD????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.