Perlemoen: Verdagtes lei polisie na tweede vonds

Van die perlemoen wat gevind is. Foto: SAPD

Van die perlemoen wat gevind is. Foto: SAPD

Vyf mense sal na verwagting Dinsdag in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn nadat sowat 620 kg perlemoen in hul besit gevind is.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder van die Oos-Kaap, het gesê die Kabegapark-polisie het Saterdag omstreeks 20:00 inligting opgevolg oor beweerde onwettige perlemoenbedrywighede.

“ʼn Verdagte Isuzu-bakkie is kort daarna op die N2 opgemerk. Die bestuurder van die bakkie het die polisie probeer ontduik en in die rigting van Gelvandale gevlug waar dit teen ʼn muur gebots het,” het Naidu gesê. Die drie insittendes is in hegtenis geneem en die polisie het beslag gelê op ʼn paar sakke perlemoen.

“Verdere ondersoek het die polisie na ʼn huis in Rowallanpark gelei waar ʼn beweerde huisbraak plaasgevind het. Daar is vyf vrieskaste vol perlemoen in die huis gevind. Twee mense in die huis is in hegtenis geneem.”

Naidu het gesê die perlemoen het ʼn gesamentlike geskatte straatwaarde van R372 000. Die verdagtes, tussen 25 en 35 jaar oud, staan tereg op die besit van onwettige perlemoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Christie ·

Wat help dit Hulle sal maat net oor die vingers geraps word. Ek self het hulle vir veertien jaar gejag. Ek weet waarvan ek praat

tamboti ·

Ja die slim regering het van wettige bedryf ‘n florende misdaad bedryf gemaak en nou word al die geld en mannekrag op die oortreders gemors.
Maak dit wettig dat gewone mense dit kan geniet en wettig inkomste genereer soos vroeer, al is dit skaars sal dit nie soveel skade lei soos nou wat stroper sindikate hulself vet oes.
Helaas, niemand luister tog na goeie eenvoudige raad nie – als moet mos hoogs ingewikkeld en duur wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.