Perlemoenstropers gevonnis

(Argieffoto)

Twee mans is tronkstraf opgelê nadat hulle miljoene rande se perlemoen gestroop het.

Wei Hua Li (29) en Martin Ngale (35) het Vrydag in die Wynberg-landdroshof in die Wes-Kaap verskyn en is skuldig bevind aan die oortreding van die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne van 1998.

Die twee is op 25 September in hegtenis geneem nadat die Valke se eenheid vir ernstige misdaad ʼn ondersoek na die stroop van perlemoen gelei het. Dié ondersoek is gedoen in samewerking met die polisie se K9-eenheid, misdaadintelligensie en beamptes van die departement van landbou, bosbou en visserye.

Die polisie het beslag gelê op perlemoen ter waarde van R1,8 miljoen by ʼn perseel in Columbineweg in Rondebosch, Kaapstad. Hier het die polisie ook toerusting waarmee die perlemoen uitgedroog is, aangetref.

Gedurende die vonnisoplegging het dit ook aan die lig gekom dat albei mans hangende sake vir die onwettige besit van perlemoen teen hulle het. Die een was op parool vrygelaat.

Wei Hua Li is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis, waarvan twee opgeskort is vir vyf jaar, met streng voorwaardes. Hy is ʼn verdere een jaar opgelê vir ʼn ander saak wat verband hou met perlemoenstropery.

Ngale het vyf jaar direkte tronkstraf gekry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

DewaldS ·

Strawwe is heeltemal te lig. Ons moet seker wag tot die lasste perlemoen in die see gestroop is?

George ·

Sal hulle nou werklik die volle vonnis uitdien, of weer vrygelaat word na ‘n paar maande?

Sean ·

5 jaar???????:( hulle smokkel perlemoen en nie peanuts nie Gee wonder wei hua kom van die ooste af om hier te kom smokkel soos baie uitlanders Misdaad hier word net oor die vingers getik Wys op die incompetency van die howe

marous ·

In die Oos Kaap word daar elke dag mense gearresteer en bote en toerusting
gekonfiskeer . Daar is regslui wat op permanente betaal rol is vir die chinese . Die volgende dag is daar nuwe bote en toerusting , en gaan hulle weer aan . Die regstelsel is deurtrek van korrupte amptenare en daar sal geen effek wees nie . Land van leuens . Dis die waarheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.