Perlemoenstropery in Kaapstad afgeweer

Foto verskaf deur Stad Kaapstad

Die Stad Kaapstad se mariene wetstoepassers kon perlemoenstroperbedrywighede aan die stad se kuslyn afweer en het tydens die proses beslag gelê op meer as 1 000 gestroopte perlemoen.

Wayne Dyason van Stad Kaapstad het Dinsdag in ʼn verklaring gesê die mariene eenheid by Melkbos aan die Weskus het saam met die plaaslike Melkbos-anti-stroperyeenheid en die SAPD gewerk en ʼn motor opgemerk wat vermoedelik by stropery betrokke is.

“Die bestuurder het geweier om af te trek en ná ʼn kort jaagtog op ʼn donker kuspad het hy stilgehou en te voet tussen die duine ingevlug. Hy het in die nag verdwyn,” het Dyason gesê.

Meer as 1 500 perlemoene is in die motor gevind.

“Die mariene eenheid het later in die dag in Gordonsbaai ʼn wenk ontvang dat ʼn groep stropers van Kleinmond in die gebied tussen Steenbrasriviermond en Kogelbaai sou duik vir perlemoen. Beamptes was op die uitkyk in die gebied en het die stropers se voertuie opgemerk. ʼn Bestuurder is in een van die motors gevind en terwyl hy ondervra is, het tien duikers uit die water gekom waarna hulle oor moeilike terrein moes beweeg. Die beamptes het hulle agternagesit en vyf van die duikers is aangekeer. Ongelukkig is geen perlemoen tydens dié operasie gevind nie. Die vyf persone word deur die SAPD ondervra.”

Beamptes het beslag gelê op duiktoerusting. “Alhoewel geen inhegtenisnemings gedoen is nie, stuur dit ʼn duidelike boodskap dat die Stad en ander agentskappe wat by teenstropery betrokke is, teen stropers sal optree en nie net agteroorsit en kyk hoe hulle ons kuslyn van perlemoen en ander mariene lewe beroof nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Jannie ·

Hulle kan die gestroopte Perlemoen tot vervelens toe konfiskeer, maar hulle sal die stropery nie stopgesit kry nie! Intussen word ons marine-lewe stelselmatig uitgewis deur skepsels met geen deernis, respek of waardering daarvoor nie!!!

Maljan ·

Ek hoop dit word nie vernietif of huis toe geneem nie. Maar wetting verloop en die geld vir marine projekte aangewend.

humor ·

Baie mooi dit is hier waar die stropery gestop moet word. Die miere moet in hul gat dood gemaak word. Ook kan die gemeenskap n reuse aandeel hierin verrig net deur bedagsaam te wees.

Johanvz ·

Let op, geen perlemoen is op hulle gekry nie. Hulle is ou kalante wat goed wysgemaak is deur geslagte heen. Die ‘vangs’ word weggesteek in die water voordat hulle uitkom en kom haal dit later of laat dit oor aan die volgende span om te kom haal. Ek ken die kuslyn van Gordonsbaai tot Gansbaai soos die palm van my hand. Ek hou al die ‘visvang’ aktiwiteite dop vir meer as 60 jaar en die manne is baie slim. Jy sal hulle nie sommer vang nie. Hulle bly oral teen die kuslyn op en sommige kom van ander plekke af. Die net is groot. Moenie die vakansiegangers vergeet nie. Dan is daar van die wetstoepassers wat lekker meedoen. Wens hulle alle sukses toe (nie vir die stropers nie)

Ry aan ·

Inderdaad. Moenie stop by Gansbaai nie, 25km verder aan in Pearly Beach jaag hierdie goed jou sommer openlik van die strand af as hulle daar besig is.
Vroeër jare was daar streng bewaking van daai kuslyn, met die polisie wat met Casper en al permanent in ‘n huis daar gebly het. Vandag is dit ‘n stroper se droom. Gewone polisie te min en te besig om ander misdaad te beveg om nog dit ook by te bring. Nog ‘n plek/ kleinnood/hartspkek in sy peetjie, danksy misdaad. Dis om van te huil.

willem botha ·

Die suksesse van die polisie lê ook net by perlemoen vir” obvious reasons ” natuurlik.

Koos ·

Dis DA gebied. Kan hul nie iets doen nie.
By Pearly beach is daar all n plakkerskamp wat net uit die see leef en word niks aan gedoen. Hul het seker al hul dienste gekry toe hul betoog het.

@Koos ·

Koos, die plakkerskamp is etlike jare terug al ingevoer vir stemme, en hulle leef nie net uit die see uit nie, as jy verstaan wat ek bedoel.
2016 daar ‘n vakansiehuis gehuur en net nog ‘n slagoffer van inbraak en diefstal geword. Die Polisieman van Gansbaai bevestig toe die geweldige afmetings wat diefstal en inbrake daar aangeneem het. Dwelmverslawing is ook genoem. Baie mense wat daar gaan aftree het, word nou absoluut die teiken van misdaad. Eiendomsmark tot niet. Een van die mooiste, ongerepte stukke kuslyn en dit gaan tot niet. Regtig hartseer.

Johan ·

Dit sal nie stop nie. Die regering ondersteun dit dan deur minimum polisiëring en kleinste moontlike strawwe. Ons land word verkrag op n daaglikse tempo.

Helen ·

In Gansbaai en Pearly Beach loop stropers oop en bloot rond en word niks aan hulle gedoen nie, of die Polisie is te bang of self betrokke. My man het hulle nou die dag gebel en laat weet van stropery by Blousloep in Franskraal, maar niemand het opgedaag nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.