‘Permanent en drakonies’: Laat vaar gesondheidsregulasies, eis Sakeliga

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Die organisasie Sakeliga vra in sy kommentaar op die nuwe voorgestelde wysigings aan gesondheidsregulasies dat dit in die geheel laat vaar moet word. Sakeliga bestempel die voorgestelde regulasies as skadelik vir openbare gesondheid, regtens ongegrond, en ekonomies en maatskaplik nadelig.

Volgens Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, dring die organisasie daarop aan dat die voorgestelde regulasies nie uitgevaardig word nie. Sakeliga het sy regspan opdrag gegee om vir regstappe voor te berei, of ander instellings daarmee te ondersteun, sou ’n weergawe van die voorgestelde regulasies deurgevoer word.

In sy kommentaar sê Sakeliga dat die voorgestelde regulasies so erg gebrekkig is, dat dit nie reggestel kan word nie en in die geheel laat vaar moet word. Dié siening word gesteun deur verskeie en uiteenlopende openbare gesondheid- en mediese navorsers en wetenskaplikes wie se insette ook in die kommentaar vervat is.

Die voorgestelde nuwe gesondheidsregulasies kry die afgelope maand toenemend die wind van voor. Mense het aanvanklik tot 15 April kans gehad om hul insette daarop te lewer, waarna die spertyd tot 24 April verleng is.

‘Permanente en drakoniese gesondheidsbestuursburokrasie’

Le Roux meen die regulasies is ’n poging om by mense die indruk te skep dat die nasionale ramptoestand ten opsigte van Covid-19 opgehef word, terwyl dit in werklikheid net in ʼn ander gedaante voortgesit gaan word.

“Die regulasies is ’n poging om ’n permanente en drakoniese gesondheidsbestuursburokrasie in te stel. Daarmee word beoog om nog meer rompslomp en nakomingslaste op maatskappye en private instellings te plaas, om sakeondernemings as instrumente aan te wend om staatsbeleid uit te voer en ʼn gemoniteerde samelewing te vestig, en om vereistes vir reguleringsnakoming te gebruik om inbreuk te maak op korporatiewe onafhanklikheid en risiko’s te skep vir bestuursoutonomie en aanpasbaarheid,” sê Le Roux.

Volgens hom maak die knellende en onnodige nuwe gesondheidsregulasies dit nog moeiliker om sake te doen. Dit verhoog boonop administratiewe koste en laste, maak toestande onaantreklik vir personeel en kliënte, en skep ’n magdom lastige reëls en regulasies wat ruimte bied vir korrupsie, wanbestuur en tendermisbruik.

“Sulke beleid plaas meer mag en invloed in die hande van staatsfunksionarisse wat weinig begrip het van wat vereis word om waarde te skep en goedere en dienste van gehalte teen bekostigbare pryse te lewer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Madeleine ·

Dis dalk tyd Dat almal besef Dat hierdie drakoniese lockdowns nie gaan oor enige virus nie….

Sarie ·

Jou eerste sin is korrek. Dit het nog nooit. Maar die orkestreerders het reeds blanko tjeks. En hulle praat te gemaklik van n “reset”.

jlantie ·

Vir sekere mense is ekonomiese ontwikkeling om in die son al om jou huisie te sit en kyk na jou een hoender, een bok en twee beeste. Jou horde kinders ander man se goed belowe….so.wat gee hulle nou om oor die.land se welstand

Sarie ·

Die “lands leiers” is net uitvoerders van opdragte. As hulle nie gehoor gee nie, word hulle ge “trump”

Marianna ·

Al die regulasies word nou wêreldwyd afgeskaf. Tot Munchen se bierfees is maskervry en mandaatvry. Wat makeer ons regering????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.