Persaanleg deels verwoes in brand

Foto: Twitter

Foto: Twitter

ʼn Brand wat Maandag by die Epko-persaanleg op Lichtenburg uitgebreek het, het ʼn gedeelte van die aanleg in puin gelê.

Danie Marais, besturende direkteur van die NWK, het gesê die brand het omstreeks 17:00 ontstaan. “Geen lewensverlies of ongevalle is aangemeld nie, waarvoor ons dankbaar is. Die oorsaak van die brand kon nog nie bepaal word nie en ʼn span deskundiges sal onmiddellik met ʼn ondersoek begin.”

Gerugte het intussen op sosiale media die ronde gedoen dat die brand deur betogers gestig is, maar Marais het die bewerings ten sterkste ontken. “Daar was hoegenaamd geen betogings nie en ons is nog besig met die ondersoek om te bepaal hoe die brand ontstaan het.”

Volgens Marais is bedrywighede by die sonneblomsaad-persaanleg, wat in 1997 opgerig is, onmiddellik gestaak en sal die aanleg moontlik tot middel aanstaande jaar gesluit wees. Hy het gesê die aanleg sou binnekort afgeskakel word vir opgraderings en personeel wat by die aanleg werk sal opgelei en elders benut word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.