‘Persgesig’-ondersoek skop amptelik af

Poekie Briedenhann se pers gesig wat aanvanklik as "blackfacing" aangesien is. Argieffoto

Poekie Briedenhann se pers gesig wat aanvanklik as “blackfacing” aangesien is. Argieffoto

Die raad van die Universiteit Stellenbosch (US) het Donderdag bekend gemaak dat ʼn kommissie van ondersoek aangestel is om die manier waarop die sogenaamde “persgesig”-aangeleentheid hanteer is, te ondersoek.

Dit volg nadat twee studente van die Heemstede-koshuis, Poekie Briedenhann (20) en Jo-Anne Cloete (19), in Februarie geskors is nadat ʼn foto van hulle op sosiale media versprei is waarin dit voorkom asof hulle hul gesigte swart gesmeer het. Die foto’s is aanvanklik wyd as “blackfacing” aangesien. Dit het later aan die lig gekom dat hulle hulself vir ’n studentepartytjie pers geverf en met blinkertjies besprinkel het om soos ruimtewesens te lyk. Die koshuispartytjie het glo ʼn sterreruim-tema gehad.

Adv. Renata Williams SC is as kommissaris aangestel.

Die kommissie van ondersoek het Woensdag ʼn aanvang geneem.

George Steyn, voorsitter van die universiteitsraad, het ʼn beroep op die media en publiek gedoen om Williams die geleentheid te gee om haar ondersoek te finaliseer en ʼn verslag saam te stel wat teen 30 Maart gelewer sal word. “Sy sal nie tydens die ondersoek vir enige medianavrae en/of onderhoude beskikbaar wees nie,” het Steyn gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

m ·

Hoop ma net daar word objektief na alles gekyk en verder hoop ek hierdie kinders se ouers is besig om die unviersiteit te dagvaar vir alles wat hulle kan.

Gerald ·

Absoluut belaglik!! ‘n kommissie van ondersoek word aangestel.om wat te ondersoek? die optrede van ‘n patetiese universiteits bestuur?

Cobus ·

Dankie vir n platform om menings te lig. Hierdie is maar net n bewys dat die bestuur navolgers en nie lyers is nie

Dee ·

Cobus, niemand het gesê dat die bestuur lyers is nie – nie een hulself probeer dit voorgee nie.

wynand ·

Hoog tyd sou ek se, hoog tyd, Wat is daar om te sondersoek wonder ek? Die kinders het niks verkeerd gedoen gedoen nie. Hoop wim kry op sy herrie want die mens beteken niks en kan niks regkry nie – daar is geen waarde wat hy te se het nie. |Hy is net uit en uit teen die blankes en Afrikaans. Niemand het meer respek vir hom nie.
Ek hoop die kinders triomfeer na die “ondersoek” en ook hulle ouers.

yster 74 ·

Dagvaar die US vir genoeg geld. So word ons kinders vertrap en verneder. Poekie en Jo-Anne ek hoop julle sue die hel uit hulle uit.

Rosa ·

Siestog, hulle wou net partytjie hou met ‘n tema en nou is daar ‘n komissie van ondesiek wat in gestel word. Is dit nie belaglik nie! Ons kinders durf nie hulself geniet nie dan word dit uit verband geruk deur mense wat uit is om net moeilik te maak.

Willie ·

Wat van die ware “Aliens” wat als brand, steel en afbreek?

Mielie ·

Dagvaar hulle vir Wat julle kan, vat Wat julle kan, een van die dae sal daar niks wees om te vat nie, daarvoor sal die EFF sorg

Rina Pretorius ·

gaan ondersoek eerder die EFF leier wat se alle blankes moet doodgemaak word asook een van die Stellenbosch se studente wat daarmee saamgestem het dan het julle ‘n baie goeie sterk saak wat mense in die tronk MOET laat beland en daar moet hulle vrot. Dit geld ook vir al die ander wat se blankes moet dood gemaak word, DAAR is nou iets om te ondersoek, toe loop gaan doen julle werk reg en los die pers gesiggies uit

jemma ·

Hierdie storie is darem nou al laaaankal holruggery en ou nuus.Gaap.

Koos ·

Ek wie betaal vir die ondersoek? Dit sal die uitslag bepaal. ‘n Prokoreur of Advokaat tree mos altyd in die beste belang vir sy klient op.

Petro ·

belaglik !!!!! sê ek ook begin liewer die vervolging vir die talle moorde wat daagliks plaasvind hou op speel en die howe se tyd mors met speletjies Rassime geniet meer aandag as MOORDE in SA.

Wat-ek-lees ·

Netso Koos, en wie is die kliënt? Natuurlik ook vir die advokaat se eie beursie.

Consultus ·

Koos, ‘n Prokureur of Advokaat tree altyd in die beste belang van die kinders op. Sy eie kinders!

JB ·

Al wat ondersoek moet word is Steyn en sy “raad”. Die wyse waarop hul reageer het skree teen hemele en al die vingers wys in hul rigting.

F ·

Ai mense. Kan julle nie die berig reg lees nie. Die kommissie is nie ingestel om die optrede van die studente te ondersoek nie, maar wel om die optrede van diegene wat hulle aangekla, geskors en verguis het te ondersoek.

Hoenner ·

Die kommissie is aangestel om die “manier waarop die aangeleentheid hanteer is” te ondersoek. Dit beteken om te bevind dat Wimpie en sy maats “alles reg gedoen het in moeilike omstandighede”.

Zumie ·

Liewe “Universiteit van Stellenbosch”. Ek verstaan dat julle nou met pers (jammer rooi) gesigte sit – ek sou ook. In plaas van nou verder geld mors met komissies en komitees en slimklinkende omies en tannies met knypbrilletjies wat pers gesigte ontleed het ek beter en goedkoper raad (en sal ek nie eers ‘n rekening stuur nie..) Erken julle fout en die rede dat julle soos blindevinke outomaties probeer het polities korrek lyk sonder om te dink. En skik dan met die persgesiggies (en kry tog ‘n sin vir humor asseblief!!!!) Net dalk kan ons effens ‘n bietjie respek oorhou vir ‘n eens indrukwekkende reus (en nou ‘n persgesig politieke dwergie).

Trolle ·

Genade nou eers moes julle eers toesteming erns kry om dit te mag doen?

R Lubbe ·

Dat ‘n kommissie aangestel moet word (dit kos geld) om te bepaal hoe die aangeleentheid verkeerd hanteer is gaan my verstand te bowe. Dis tog ooglopend dat daar teen die dames opgetree is sonder enige besinning. Die universiteit het ‘n storie gehoor en sonder enige ondersoek aanvaar dat die rassistiese bewerings waar is en dadelik op die dames getrap so hard as wat hulle kon.

As dit swart studente was wat hulself geverf het (die verfkleur maak nie saak nie) sou geen haan gekraai het nie.

Iewers het ek gelees dat die ouers nie vir skadevergoeding gaan dagvaar nie. Dit is jammer, die ouers moet dagvaar vir elke moontlike sent van enigeen wat bygedra het tot die behandeling van die dames.

wynand ·

Moenie die berig lees indien julle moeg is daarvoor nie.Niemand dwing julle nie. Vir ons ander is dit egter belangrik dat ons kommentaar gelees word.Dit is belangrik sodat die Afrikaanse studente en ouers weet ons staan by hulle.Hulle het solidariteit nodig en holrugry is nie op hulle van toepassing nie.Hulle is nog nie omverskoning gevra nie.Hou dan maar eerder julle kommentaar vir julself.Mens gooi nie so gou tou op nie.En as dit julle kinders was?

Johannes Meintjes ·

Altyd half pateties om te sien hoe amptenary verantwoordelikheid ontduik. Instansies en regering in SA maak droog, en staan dan kamtig onskuldig terug “sodat ondersoek kan plaasvind” as iemand met groot moeite, blootstellinge en risiko aandring op geregtigheid. Werklik bly om te sien hierdie ondersoek vind plaas sodat die algemene agter-die-skerms politieke boewery, – soos ook in die grondkwessies, – in SA ontmasker kan word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.