Johan Retief, persombudsman, gaan ná meer as nege jaar diens uittree.
Die Persraad van Suid-Afrika het dié nuus Dinsdag bevestig. Retief sal vroeg in 2019 weens “persoonlike redes” uittree.
“Ná nege jaar in die pos is ek dit nou aan myself verskuldig om ʼn breuk te neem, terug te trek na my heimat en tyd saam met my geliefdes deur te bring,” het Retief gesê.
Retief het gesê hy bedank die raad vir die geleentheid om in dié hoedanigheid te kon dien. “Ek is veral dankbaar vir die geloof en vertroue wat [die raad] oor die jare in my geplaas het. Die raad se houding jeens my was nog altyd positief, vol omgee en inagneming.”
Die raad het nie onmiddellik gesê wie Retief sal vervang en wanneer nie.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
3 Kommentare
Par 3…..behoort om ‘n “breuk” te neem, nie “breek” te wees nie?