Persombud tree uit

Argieffoto

Johan Retief, persombudsman, gaan ná meer as nege jaar diens uittree.

Die Persraad van Suid-Afrika het dié nuus Dinsdag bevestig. Retief sal vroeg in 2019 weens “persoonlike redes” uittree.

“Ná nege jaar in die pos is ek dit nou aan myself verskuldig om ʼn breuk te neem, terug te trek na my heimat en tyd saam met my geliefdes deur te bring,” het Retief gesê.

Retief het gesê hy bedank die raad vir die geleentheid om in dié hoedanigheid te kon dien. “Ek is veral dankbaar vir die geloof en vertroue wat [die raad] oor die jare in my geplaas het. Die raad se houding jeens my was nog altyd positief, vol omgee en inagneming.”

Die raad het nie onmiddellik gesê wie Retief sal vervang en wanneer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Homofoon ·

Par 3…..behoort om ‘n “breuk” te neem, nie “breek” te wees nie?

Homofoon ·

@Joe, is ‘breuk’ reg, want ek weet ‘n breuk, dui op ‘n mediese toestand (‘n skeur in die mantelvlies) , of ‘n wiskunde term, maar nog nooit gehoor van ‘n onderbreuking van ‘n loopbaan of om ‘n breuk (pouse) te neem nie. MM?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.