Persone verkool in Limpopo-ongeluk

Die uitgebrande Hyundai i20 op die R33 tussen Groblersdal en Marble Hall (14 April 2017) Foto: SAPD, Limpopo

Verskeie persone is Vrydag in die vroeë oggendure oorlede tydens ʼn ongeluk waar die motor waarin hulle gery het, aan die brand geslaan het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die ongeluk het omstreeks 03:30 op die R33 tussen Groblersdal en Marble Hall plaasgevind. “Die bestuurder van die motor het beheer verloor oor die voertuig en het in ʼn maroelaboom vasgery. Die motor het aan die brand geslaan,” het hy gesê.

Dit is nog nie duidelik hoeveel persone in die motor gery het nie. Hul identiteit is ook nog nie bekend nie.

“Die uitgebrande motor is ʼn Hyundai i20 en enigiemand wat die polisie kan help om die slagoffers uit te ken, word versoek om Groblersdal-polisie te kontak.”

Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.