Personeel by Chinese, Thaise ambassades beweer aanranding

Plaaslike diplomatieke personeel betoog buite Volksrepubliek China en Thailand se ambassades in Pretoria (Foto: Jonisayi Maromo/ANA)

Lede van die plaaslike diplomatiekepersoneelvakbond Ulemasa het Vrydag buite die ambassades van Volksrepubliek China en Thailand betoog oor bewerings van werkermishandeling, insluitend aanrandings, in die ambassades.

“Personeellede word mishandel. Hulle word geslaan – spesifiek by die Chinese ambassade,” het Ayanda Molefe, woordvoerder van Ulemasa, gesê. “Die werkers word met kombuistoerusting geslaan. Hulle word gevloek. Ons het ʼn saak van Constance Maredi wat al langer as 13 jaar by die Chinese ambassade werk, maar sy het nog steeds nie ʼn kontrak nie.”

Molefe het gesê Maredi is afgedank omdat sy geweier het om ʼn kontrak te onderteken wat nie aan die Arbeidswet van Suid-Afrika voldoen nie. “Hierdie ambassades moet voldoen aan wetgewing in Suid-Afrika en die Wet op Arbeidsverhoudinge. Dit is al wat ons wil hê. Ons wil hê [die departement van internasionale betrekkinge en samewerking] moet seker maak dat hierdie ambassades aan Suid-Afrikaanse wetgewing voldoen.”

Molefe het bygevoeg betogende werkers het gruwelike stories van voortgesette mishandeling deur werkgewers in die ambassades.

Lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens het ʼn ogie gehou oor die betogers by albei ambassades. Privaat veiligheidswagte het ook ʼn swaar teenwoordigheid gehad. Swaar gewapende wagte van ʼn privaat veiligheidsmaatskappy was op die perseel van die Thaise ambassade.

By die Chinese ambassade het personeellede kontak gemaak met die betogers. Hulle het egter geweier om die werkers se memorandum te onderteken en die Ulemasa-lede het gevolglik geweier om ʼn afskrif van hul griewe te oorhandig.

Plaaslike diplomatieke personeel betoog buite Volksrepubliek China en Thailand se ambassades in Pretoria (Foto: Jonisayi Maromo/ANA)

Die Chinese ambassade het Vrydag ʼn verklaring uitgereik oor hul “plaaslike tydelike werknemer Constance Maredi, ʼn Suid-Afrikaanse burger, wat sedert 2008 ʼn skoonmaker is in die ekonomiese en handelskantoor van die Chinese ambassade in Suid-Afrika”. Volgens die verklaring is Maredi toegelaat om tot dusver “vrywillig te werk gegewe haar familieprobleme”.

“Me. Constance het sedert 1 Oktober gekies om nie langer by die ambassade te werk nie, sonder om die ambassade kennis te gee of enige toestemming te bekom van die ambassade,” lui die verklaring. “Die ambassade is geskok om te hoor dat sy en haar seun, sedert die einde van 2018, leuens versprei oor die ambassade wat betref fisieke mishandeling, emosionele mishandeling, finansiële mishandeling, die installering van kameras in kleedkamers, werknemers wat nie toegelaat word om swanger te word nie, viktimisasie en die onmenslike behandeling van vroue op platforms soos sosiale media, vakbonde, die KVBA [kommissie vir versoening, bemiddeling en arbitrasie], en Dirco [die departement van internasionale betrekkinge en samewerking]. Dit is ongegronde leuens.”

Die ambassade het gesê hy het die saak ondersoek en het bevind dat Maredi jok. “En dit is onmoontlik vir ʼn Chinese diplomaat om dit aan Afrikamense te doen,” lui die verklaring.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Semrnet ·

Hierdie mense vind altyd iets om oor te kla – hoekom gebeur dit nie by die oorseese ambasades nie ?

Bobby ·

Diplomatiekepersoneelfakbond is die langste woord in Afrikaans wat ek seker al gesien het lol

J ·

Dis net weer n aandagsoekery, sien by die lande se ambesades sal jy werk, nie sit en niks doen en geld kry, ander saak is SA werkers glo mos hulle kan die helfte van die jaar se dae wegbly sonder enige rede en dan dink die salaris moet ner betaal word, een van afrika se grootste probleme, of liewers spesifiekRSA, want oor die algemeen is burgers van omliggende lande baie meer bereid om vir hulle geld te werk as ons plaaslike burgers wat glo hy moet betaal word al daag hy nie eers op vir werk nie

Domvraag ·

Deel van die kultuur om altyd te kla en te betoog. Dink aan hoeveel tyd gemors word deur betogings. Pleks dat die tyd produktief aangewend word. Snaaks dat die raskaart ook nie gebruik is om te kla oor hoe sleg sy behandel is nie

Jerry ·

Waar daar valse beskuldigings, leuens en gefabriseerde getuies teenwoordig is, daar sal jy die ANC se eff vind!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.