Personeel by Hillsong in Kaapstad beroof

Hillsong-kerkgebou in Century City, Kaapstad (Foto: Google Maps)

Die polisie in Kaapstad het Maandag bevestig ʼn gewapende roof het by die Hillsong-kerk in Century City plaasgevind.

“Dit was nie ʼn gyselaarsituasie nie,” het sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, gesê. Gerugte het die ronde gedoen dat ʼn gyselaarsituasie hom by die kerk afspeel ná ʼn foto op sosiale media gedeel is van ʼn gewapende man op die dak van die gebou.

“Twee persone, van wie een gewapen was, het die gebou betree en die werknemers van hul selfone beroof,” het Rwexana bygevoeg. Die voorval het omstreeks 11:00 plaasgevind.

Niemand is beseer nie en ʼn veiligheidsbeampte kon ontsnap en het hulp ontbied.

Die polisie se ondersoek duur voort. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die rooftog nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Karolis ·

Selfs plekke van aanbidding is nou gevaarlik. Ongelooflik!

HPV ·

Nee vriend dit is nie ongelooflik nie. Dit is Suid Afrika onder die anc regime!

thelsa ·

Dit gaan vorentoe al meer gebeur dat kerke geteiken gaan word. Ons is heeltemal op ons gemak rydens eredienste. Persone stap in en vat die geld sonder weerstand

Estelle ·

Wie was die gewapende persoon op die dak indien die rowers die plek binne gestap het?

Wors ·

Polisie taakmag, hulle doen dit om seker te maak daars nie nog een of twee wat wegkruip nie.

Tobie Klarens ·

In n mate, maar darem nie so afwykend as die drie “susterskerke” in SA nie

Landi ·

Hoop Hillsong laat hulle n Howlsong sing! Dink as selfone nie sulke duur items was nie, sou hierdie soort rowery nie voorkom, of minder voorkom. Dis asof dit al is wat boewe wil he vandag, geld en selfoon.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.